Front Nasionaal – “Ghoema” – onttrekkings

BOIKOT DIE GHOEMA !!!  – altans dit wil voorkom of daar steeds onttrekkings is – selfs borge wys hul staal teenoor Afrikaans.   Moenie met AFRIKAANS mors nie en nog minder dink ons volks is julle voetvelle om rondgeskop te word.    Sangers en kunstenaars is nog minder daar om mee gespeel te word, soos kat en muis in die parlement.   Sangers en kunstenaars kan en het nog altyd vir hulself besluit – hoop ook dat hulle leer dat in ‘n multi-kultuur opset, word die “minderheid” van volke as minderwaardigheid beskou.    Om blankes te probeer afdreig om ‘n liberale standpunt te probeer bewys gaan en sal nie werk nie.   Ons menseregte word vir jare uitgewis – 25 jaar is ‘n baie lang tyd.  Genoeg is genoeg.

Related image


***

Neem gerus deel op Front Nasionaal aan die gesprekke wat gevoer word –
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***

ALLES OOR DIE VOLGENDE NOMMER

BOIKOT DIE GHOEMAS
 

HOEDE AF
Front Nasionaal SA

Front Nasionaal gee hiermee erkenning aan die Afrikaanse kunstenaars wat standpunt ingeneem het en besluit het om weg te bly by die Ghoema Toekenningseremonie vanaand ter ondersteuning van Afrikaans en die reg tot Vryheid van spraak.

 

Multichoice het besluit om hulle borgskap van die Ghoema Toekennings te onttrek tensy ‘n lied “Die Land” waarin Steve Hofmeyr ook sing, onttrek word. Die beheerliggaam van die Ghoema Toekennings het, met meerderheidstem, besluit om bes te gee en die lied te onttrek.

Dit is gevolg deur ‘n koor van protes teen die besluit en ‘n aantal Afrikaanse kunstenaars en prominente rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf wat hulle in die openbaar van die Ghoema Seremonie en Multichoice distansieer en protes aangeteken het.

Front Nasionaal wil hiermee ons dank en erkenning uitspreek aan die volgende kunstenaars en rolspelers wat onbeskaamd standpunt inneem vir ons taal, kultuur en reg tot Vryheid van spraak:

Hier is van die name wat onttrek het

Jay du Plessis
Nicholis Louw
Bobby van jaarsveld
Bok van Blerk
Dewald Wasserfall
Arno Jordaan
Adam Tas
Corlea Botha
Arnold Coleske
Lianie May
Manie Jackson
Touch of Class
Pierre Rossouw
Heidi
Desmond Wells
Stefan Visagie
Immunadue
Bosveld Stereo
Overvaal Stereo
Bok Radio

Front Nasionaal ondersteun julle voluit.

Groetewense

Daniël Lötter

Nasionale Leier: FN

***

WILLEM PETZER

Een gedagte oor “Front Nasionaal – “Ghoema” – onttrekkings”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s