Van Riebeeck dag

Van Riebeeck dag – wie kan dit nog onthou?
Stigtingsdag … wie kan dit nog onthou?

Image may contain: 1 person, outdoor

STIGTINGSDAG
Front Nasionaal SA

Dit was vir my nog altyd ‘n eienaardige toeval dat die skeepschirurgyn, Jan Antonijzoon van Riebeeck van Culemborg juis op die oggend van 16 Desember 1651 in die hawe van Texel sou inskeep op sy weg na die Kaap. 16 Desember, wat later saam met 10 Oktober (Krugerdag) en 6 April (Van Riebeeckdag/Stigtingsdag) drie van die belangrikste feesdae in die volksgeskiedenis van die Afrikanervolk sou word. Saam met hom aan boord die Drommedaris was daar sy vrou Maria en die seuntje Lambertus. Rondom hulle het 4 ander skepe gereed gelê – volgelaai met voorrade uit die pakskure van die Kompanjie waarmee ‘n nedersetting aan die Kaap begin moes word.

Twee van die skepe, die Walvis en die Olifant, was te swaar gelaai en kon nie saam met die ander drie vertrek nie. Derhalwe vaar die Reijger, die Drommedaris en die Goede Hoope op Oukersdag 1651 uit onderweg na die Kaap.

Daar is drie opdragte:

Vestig ‘n verversingspos aan die Kaap om die handelsvlote van die Kompanjie onderweg na die Ooste en op pad terug na die Patria van water en vars voedsel te voorsien.
Vestig handelsbetrekkinge met die inboorlinge ten einde ‘n boerdery van vee en landbou op die been te bring

Bring die lig van die Heilige Evangelie na die heidennasies en bekeer hulle tot die Chistendom.

Teen die laatmiddag van Saterdag 6 April 1652 verskyn die buitelyn van ou Tafelberg uit die dynsigheid. Van Riebeeck teken aan dat daar ‘n sagte bries gewaai het en dat die baai oop en skoon was. Maria van Riebeeck sou later in Batavië vertel dat die sagte, koel bries haar laat dink het aan die Bybelse beskrywing van hoe God teen die skemeraand aan Elia verskyn het onder die braambos, ook in ‘n sagte koel bries. Die teken van seën en voorspoed.

Die Goede Hoop en die Drommedaris gooi anker in Tafelbaai skuins voor sononder daardie middag van 6 April. Die Rijger arriveer net na sonop die volgende dag en op 7 Mei kom die Walvis en die Olifant aan. Daar word aan boord van die drie skepe ‘n dankdiens gehou op 7 April, omdat dit Sondag is.

En op Maandagoggend 8 April 1652 begin die werk in alle erns…

Die werk wat jou en my se wortels in hierdie land geplant het, die werk wat ons op hierdie dag herdenk.

En die werk wat ons nou moet voorsit.

Daarvoor vra ons jou stem op 8 Mei

***

JAN EN MARIA

Image may contain: one or more people and outdoor  Image may contain: 1 person, text

***

Dit het oor onafhanklikheid vir elke volk gegaan … “die sogenaamde aparte gebiede” het na 1994 bly voorbestaan in Trustgebiede of Grondeise – vir volke om hul eie leiers te mag kies.

Die lewe en werk van Dr HF Verwoerd

**

Ons as volk (Afrikaners, Boere en blankes wat dieselfde voel)  soek ook ons eie land en gebied – ‘n volk het ‘n reg om hulself te regeer – luister wat die HF Verwoerd self te se het.
Verwoerd se toesprake is opgeneem sodat ons dit self moet hoor – nie die nonsens glo wat aan ons opgedis word oor wie en wat hy volgens liberale blankes was nie

Daar was stemreg in elke Tuisland – elkeen het hul eie leiers gekies
Daar was ‘n volkslied en vlag in elke Tuisland
Daar was grensnywerhede geskep om werksgeleenthede vir almal te kon bied
Daar was opleiding gebied, aan elkeen, swart en wit, om te kon werk
Heelwat tuislande het hul eie weermag en polisie gehad
Ons eie weermag in SA was daar heelwat swart en ander volkslede
Daar was nie uitgegaan om mense te vermoor soos wat daar vandag tekenne gegee word nie

Swartes het mekaar uitgewis, nes Mfecane en die res van Afrika

Dis die leuens waarmee sommige “apartheid” as ‘n misdaad gemaak het – om ons blankes te verguis om leuens te verkondig

Ons soek vooruitgang vir elkeen – in hul eie gebiede, maar ook vir onsself

***

NA 1994

Swart en khoi san het na 1994 heelwat dinge gedoen waarvan baie min mense wil weet want hulle lees net wat hulle pas – dis in Hansards vervat.

Tuislande is in 1994 oorgedra omdat daar ooreenkomste was, dat hul hul gebiede sal behou –  in Witskrif hulle is nie deel van die “reenboognasie” nie.  30+ miljoen…

Ingonyama Trust is slegs vir die Zoeloe volk – vir niemand anders nie

Richtersveld en ander 5 gebiede is na 1994 geskep vir Khoi san en ook bruin / Griekwas

Elke volk het trustgebiede of grondeise onder CPA wetgewing om hul eie leiers te kies – duisende grondeise het reeds plaasgevind.

Daar is en was in 2018 reeds 8840 tradisionele leiers, wat niks met ons te doen het nie – hoekom moet ons hulle onderhou met ons belastings as hulle swart bemagtiging instel teen ons, en van al ons eiendomme beroof.   Ons soek ons eie onafhanklike gebied en eie regering

Daar is wetgewing ingestel vir Trustgebiede asook Grondeise en dit is dienooreenkomstig in die grondwet van 1996

ONS is daarby uitgesluit maar daar was ‘n akkoord in 1994 – selfbeskikking – ons het ‘n reg om onsself te regeer.   Die Indiërs word ook hierby uitgesluit en het geen land vir hul eie nie.

Moenie wegbly in 2019 nie – ons by Front Nasionaal soek ‘n mandaat om Selfbeskikking vorentoe te neem…. vir ons as volk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s