Front Nasionaal – beleidsdokument – selfbeskikking

Wat is Front Nasionaal se siening en begrip oor selfbeskikking , veral hoe dit ons as Afrikaner en Boere (blankes van Europese afkoms) volk raak?

‘n Persoon kyk partykeer verby die feit dat die term “selfbeskikking” ‘n onbekende begrip is vir mense na die politieke debatte van 1992. Veral die jongeres weet nie wat selfbeskikking beteken nie.

Image may contain: sky and text


Lees ook meer oor die beleidsake:
Wie is Front Nasionaal? – Beleid

  • Eerstens is ons van 1994 in ‘n politieke stelsel van “elke mens het ‘n stem” binne ‘n eenheidstaat. Dit beteken dat die meerderheid (Afrikane) altyd in die meerderheid sal wees en hulle sal besluit oor die land se taal, ekonomie, onderwys, godsdiens en gebruike. Dit word genoem ‘n “multikulturele eenheidstaat”.
  • Front Nasionaal glo dat elke volk (in ons geval Afrikaners en wittes van Europese afkoms) ‘n eie taal, godsdiens, kultuur en lewensbeskouing het. Dit maak dat ons verwag dat ons onderwys, dienste, ontwikkeling en geleenthede moet rus op die westerse, Europese, model soos alle ander wit volke in Europa, Amerika, Australie en Kanada. In kort, ons wil ‘n Eerstewêreldland wees soos ons wel was voor 1994 en nie ‘n Afrikaland nie.
  • Selfbeskikking beteken dat ons oor ons eie dinge wil besluit. Ons wil vra dat ons onderwys, taal, geleenthede en ons ekonomie op dieselfde standaard moet wees as byvoorbeeld Duitsland of Frankryk s’n. Om dit reg te kry sal beteken dat ons onsself moet regeer.
  • Om selfbeskikking te kry sal beteken dat die Grondwet van Suid Afrika verander moet word sodat ons onsself kan regeer. Die SA Grondwet maak voorsiening vir so-iets in Artikel 235. Die Verenigde Nasies beskou selfbeskikking as die onvervreembare reg van enige volk in die wêreld om oor homself te besluit. Hierdie reg wat die VN vir volke gee is “jus cogens”, met ander woorde dit is ‘n reg wat ‘n volk het bo die Grondwet van sy eie land. Suid Afrika se regering het hierdie besluit van die Verenigde Nasies geteken.
  • In ons geval is Orania dus nie selfbeskikking nie, want Orania is steeds ‘n privaatdorp binne die eenheidstaat, onderworpe aan ‘n groter swart munisipaliteit. Dit is egter ‘n goeie begin. Maar op hierdie stadium is Orania nie veel meer as wat ‘n sekuriteitskompleks binne ‘n groot stad soos Pretoria of Johannesburg nie, want jou belastings, taal en dienste word nog steeds deur die swart munisipaliteit bepaal.
  • Die Verenigde Nasies bepaal dat jy wel selfbeskikking kan kry al het jy nie grondgebied nie – iets soos ‘n “staat binne ‘n staat”. Ons wil egter volledige selfbeskikking nastreef wat sal lei tot ‘n onafhanklike staat waar wittes self besluit oor hulle taal, onderwys en ander belangrike westerse standaarde.
  • Waar presies hierdie grondgebied, of “volkstaat”, sal wees moet onderhandel word. Daar is verskeie modelle op die tafel van verskeie organisasies. By Front Nasionaal het ons die groot gebiede van Ohrigstad tot by die Krugerwildtuin en Stellaland geidentifiseer.   Ohrigstad se oordragdokumente na die “Hollandse Suid Afrikaanse Nasie”, m.a.w. die Afrikaners, is in die Staatsargiewe bewaar en bepaal dat die gebied deur hierdie volk geadministreer moet word.    Stellaland was ‘n onafhanklike republiek wat nie deel was van die Vryheidsoorlog nie en was nie ingesluit by die Uniewording nie.   So het elke groep sy eie gedeelte grond waaroor navorsing gedoen is. Een of ander tyd sal wittes bymekaar moet kom en besluit presies watter gedeeltes ons aanspraak op het.
  • Die grondgebied sal eerstens as administratiewe setel dien. Dit sal die onderwysleerplanne bepaal, die taal van keuse, belastings vorder, ontwikkeling doen en werk skep. Almal gaan nie sommer oornag sak en pak daarheen trek nie. Turkye, Finland, die Suidsee-eilande en andere is in dieselfde bootjie – jy werk en woon buite die gebied, maar die gebied is jou “tuiste” waar dit wat belangrik vir jou is bewaar en uitgebou word. Die gebied is jou eerste keuse vir skole, universiteite om gebou te word; dit is waar jou projekte aangepak word.
  • Om by die VN die beginsel van selfbeskikking vir Afrikaners goedgekeur te kry moet Front Nasionaal as ‘n geregistreerde party ondersteuning (‘n mandaat) kan bewys. Dit hoef nie ‘n meerderheid te wees nie; dit moet net “genoegsame steun” van Afrikaners bewys. Hierdie steun en eis moet dan deur ‘n lidland van die VN voorgele word aan die Verenigde Nasies. Dit is waarom ons vriendskapsbande met 72 ander konserwatiewe partye regoor die wereld aangeknoop het en aanvaar is as deel van hulle organisasie.

https://www.frontnasionaalsa.co.za/wie-is-front-nasionaal/verkiesings-manifes/

Advertisements

3 gedagtes oor “Front Nasionaal – beleidsdokument – selfbeskikking”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s