Wie en wat was Krotoa (Eva) (2)

VERDER OOR EVA/KROTOA
Daniel Lotter
Front Nasionaal Suid-Afrika
Na aanleiding van die lewendige debat hier oor die kwessie van die Khoi-vrou, Krotoa (of Eva), is dit dalk goed om te kyk na wat ons verder van haar weet. Anders as wat sy in die nuwe Afrikaanse rolprent KROTOA uitgebeeld word as ‘n 10 jarige Khoi prinses wat deur Van Riebeeck verslaaf en verkrag is, weet ons nou reeds dat sy hoegeenaamd nie ‘n prinses was nie, maar ‘n lid van ‘n afsplintergoep van die Goringhaicona, bekend as die Strandlopers. Sy is gedoop met die naam Eva, getroud met Pieter van Meerhoff, en het 3 kinders van hom gehad. Na sy dood word sy ‘n dronklap en wend haar tot prostitusie. Sy skenk geboorte aan nog twee kinders en word uiteindelik na Robbeneiland verban waar sy sterf.

Image may contain: one or more people

Wat nou verder?

Dit is interessant dat mense soos die liberale aktivis, Carina Papenfus, by geleentehid haarself bestempel as afstammeling van Krotoa, terwyl van die werklike afstammelinge van Krotoa dit weer heftig ontken. Wat maar net opnuut die ontsettende sensitiewe kwessie van rassevermenging vir die Afrikaner beklemtoon. Ons is nog steeds nie gemaklik daarmee nie.

PIETER VAN MEERHOFF

Die gerekende genealoog, Mansell Upham, reken dat Van Meerhoff se regte naam eintlik Peder Havgard was. Die Meerhoffs was ‘n ou, gesiene en welvarende familie uit die laer Deense adelstand en het ‘n kasteel in Jutland besit. Waarom ‘n seun van hierdie familie derhalwe as lag besoldigde deeltydse soldaat en skeepchirurgyn in diens van die VOC sou tree, weet ons nie. Behalwe as Van Meerhoff die naam sonder hulle medewete gebruik het. Soos Van Riebeeck was hy ook ‘n skeepsdokter, maar teen die konteks van die tyd was dit bloot ‘n man wat wonde gewas, verbind en bloed gelaat het. Hy was nie ‘n werklike dokter nie.

Aan die Kaap is hy getroud met Eva/Krotoa en het die poshouer op Robbeneiland geword. Daar is drie kinders gebore uit die huwelik:

Jacobus, Pieternella en Salomon.

Tydens ‘n ekspedisie na Madagaskar om slawe te koop, verneuk Van Meerhoof die slaweverkopers en word summier op die strand doodgeslaan. Hierna gee Eva/Krotoa haar oor aan drank en prostitusie en skenk die lewe aan nog twee kinders. Die twee word in die kerk se boeke aangedui as Hieronymus Evas en Antonij Evas – wat beteken dat hull vaders onbekend was.

Hieronymus is minder as ‘n maand na sy geboorte dood en Anthonij was verstandelik en fisies gesteremd sodat hy onder die sorg van die weesheer geplaas is. Ons lees dat hy op die ouderdom van 7 nog nie kon loop of praat nie en steeds doeke gedra het.

Na Eva/Krotoa se dood is die oudste seun, Jacobus, as vakleerling geplaas by die skoenmaker aan die Kaap. Daar was feitlik niks in Van Meerhoof se boedel oor nie behalwe die slaaf, Janvos, wat vir die Kompanjie moes werk in ruil vir Jacobus se vakleerlingskap. Jacobus was, volgens die optekening in die Kerkraadsnotules, van jongs af ‘n totale niksnut en het ook aan epilepsie gely.

Die twee jonger kinders, Pieternella en Salomon, is in die sorg van die vryburger Bartolomeus Borms geplaas (teen betaling) en is saam met Borms en sy vrou na Mauritius. Piternella was toe 14 en Salomon 12.

DIE VAN MEERHOFF SEUNS

Salomon het as kneg gewerk by Borms op Mauritius, maar nadat Borms hom mishandel het, is hy weggeneem en onder toesig van die Opperhoof, Isak Lamotius, geplaas. Salomon sterf 3 jaar later aan buikloop op Mauritius. Hy was toe pas 16.

Jacobus het in die Kaap as vakleerling agterbly. Hy het homself egter skuldig gemaak aan huisbraak, dronkenskap, diefstal en verskeie ander oortredings en is uiteindelik ook na Mauritius verban waar hy in die sorg van sy suster en haar man geplaas is. Daar was sy gedrag van so ‘n slegte aard dat die opperhoof versoek het dat hy teruggestuur word na die Kaap en dat hy daar in kettings geslaan word en lewenslank na Robbeneiland gestuur word. Dit het nie gebeur nie, want op die reis na die Kaap is Jacobus aan boord van die skip dood. Daar het vir lank gerugte die rondte gedoen dat hy oorboord gegooi is.

PIETERNELLA

Pieternella is op die ouderdom van 15 op Mauritius getroud met Daniel Zaaijman, die Kompanjie se Kuiper op Mauritius. Hy was 13 jaar ouer as sy en het gekom van Vlissingen in die Nederlande

Uit hulle huwelik is 7 kinders gebore.

DIE KINDERS VAN PIETERNELLA (Die enigste nasate van Eva/Krotoa)

1) Catharina is op Mauritius getroud met Rudolph Diodati. Hy het gekom uit ‘n gerekende Noord Italiaanse familie en was boekhouer aan die Kaap voordat hy na Mauritius gestuur is om Lamotius te vervang as Opperhoof. Catharina en Diodati het drie dogters gehad. Toe die VOC besluit om die nedersetting op Mauritius te sluit in 1708, is Diodati en sy gesin na Batavia waar hy sekunde geword het. Catharina is daar oorlede aan geelkoors voordat Diodati oorgeplaas is na die handelspos op Deshima in Japan as opperhoof. Ons het geen rekord wat verder van die dogters geword het nie

2) Eva, die tweede dogter, is op Mauritius getroud met die vryburger Hans van Schoonhoven. Ons weet van 2 dogters en een seun uit die huwelik, hoewel sommige bronne praat van nog twee seuns. Hulle was egter waarskynlik uit Schoonhoven se tweede huwelik en dus nie nasate van Eva/Krotoa nie. Na die sluiting van Mauritius in 1708 het Schoonhoven en Eva teruggekeer na die Kaap waar sy uiteindelik oorlede is op hulle plasie in die Drakenstein.

3) Magdalena is op Mauritius getroud met die sjirurgyn, Jan Bockelenberg. Uit die huwelik is 4 dogters gebore. Magdalena is dood met die geboorte van die 4e kind en is op Mauritius begrawe langs haar oom Salomon (die seun van Eva/Krotoa). Na die sluiting van die handelspos is Bockelenberg met die dogters na Batavia om by sy swaer, Diodati en Catharina, aan te sluit. Hy was daar nie tevrede nie en het met sy dogters na die Kaap terug gekeer waar hulle naby Stellenbosch gaan woon het. Die dogters is met vryburgers getroud.

4) Maria, die vierde dogter, is op Mauritius getroud met die timmerman, Abraham de Vries, van Amsterdam. Ook hulle het na die Kaap terug gekeer. Volgens die omskrywinge van Lamotius en Elsevier, was Maria die ewebeeld van haar ouma, Eva/Krotoa. Van hulle nasate weet ons min.

DIE SEUNS VAN PIETERNELLA EN DANIEL ZAAIJMAN

Na die 4 dogters is drie seuns gebore – Pieter was die oudste, gevolg deur Daniel junior en die laatlam, Johannes, toe Pieternella reeds 42 was en Daniel 55. Al die seuns is op Mauritius gebore. Na die sluiting van die handelspos het Daniel Zaaijman en Pieternella met die seuns terug gekeer na die Kaap en die plasie “Patrijssen Valleij” naby Stellenbosch gekoop. Die koop is geregistreer op 26 Januarie 1709.

Uit Pieter en Daniel jnr spruit die Saaiman, Zaaiman en Saayman families van Suid-Afrika.

Tydens die pokke-epidemie van 1713 (wat die oorblywende Khoi –stamme feitlik uitgewis het) is ook Pieternella en Johannes dood. Daniel snr sterf in 1714 op Stellenbosch.

Dit behoort dus nou nie moeilik te wees vir enige Suid-Afrikaner om sy/haar herkoms van Eva/Krotoa na te vors met ou doopregisters, sterfteregisters ens nie. Enige afstammeling moet sy/haar bloedlyn kan terugspoor na Magdalena Bockelenberg, Pieter of Daniel Zaaijman, Eva Schoonhoven of Maria de Vries.

BRONNE:
Die Buiteposte, D Sleigh, HAUM, Pretoria, 1993
Naauwkeerige en uitvoerige beschrijvinge van de Kaap de Goede Hoop, Kolben, Amsterdam, 1731
The present state of the Cape of Good Hope, or a particular account of the several nations of Hottentots, Kolben, Londen, 1731
Beschrijvingen van de Kaap de Goede Hoop met de zaken daartoe behoorende, Valentijn,Van Riebeeckvereniging, 1971
The Khoisan peoples of SA, Shapera, London, 1960
Kroroa called “Eva” – a woman in between, Malherbe, Universiteit van Kaapstad, 1990
Briewe van Johanna Maria van Riebeeck, Bosman, Amsterdam, 1952
Geslagsregisters van die ou Kaapse Families, de Villiers, Kaapstad, 1966
Daghregister en briewe van Zacharias Wagenaer 1662-1666, Boeseken, Pretoria, 1973
Daghregister, Van Riebeeck, Kaapstad, 1952
Amsterdamse Scheepvaartmuseum Rekords en argief
Rijksmuseum, Amsterdam
Dagregister, Mauritius, Deel 1, 1685 (Kaapse Argief)
Inkomende en Uitgaande Brieven Mauritius 1679-1690 (Kaapse Argief)

***

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***
(1) Krotoa
Wie was Eva / Krotoa (1)

 

Advertisements

2 gedagtes oor “Wie en wat was Krotoa (Eva) (2)”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s