Kaapstad lughawe: Corne Mulder (VF+)

Wat is “sinvol” aan Krotoa  of selfs geloofwaardig? Nog minder beteken dit iets vir ons volk se vryheid – daarom moet daar vir selfbeskikking gestem word in 2019 – stem Front Nasionaal sodat ons ‘n mandaat kan verkry om dit verder te neem.

Wie en wat is die Krotoa / Eva sage nou eintlik?

“Die gebruik van name om plekke soos ʼn lughawe te benoem is ʼn kontensieuse onderwerp wat weens meningsverskille altyd gemoedere gaande sal maak en die VF Plus verkies daarom dat geografiese name gebruik word.”   So het dr Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep Dinsdag tydens ‘n parlementêre debat oor die naamsverandering van die Kaapstad-lughawe gesê.      “In die Wes-Kaap se geval moet die inheemse, of Eerste Mense van die provinsie se gevoelens gerespekteer word. Dit is mense wat in hierdie geval ook ʼn minderheid in Suid-Afrika is.   “In só ʼn geval maak dit sin dat die naam Krotoa oorweeg word. Sy is ʼn histories Kaapse figuur wat beskou word as die moeder van Suid-Afrika se Khoi-stamme. Sodoende sou ook erkenning gegee word aan die land se Eerste Mense.   “Dit is nogtans verkieslik dat geografiese name behou word. Daar is ander maniere om erkenning te gee aan geskiedkundige figure,” het Mulder gesê.

 


Front Nasionaal op Facebook:
https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***

Image may contain: 6 people

https://www.vfplus.org.za/nuutste-nuus/vf-plus-gekant-teen-eff-voorstel-om-kaapstad-lughawe-se-naam-te-verander

***

FRONT NASIONAAL

Front Nasionaal se vraag bly nog steeds: Waarom is dit hoegenaamd nodig om die lughawe se naam te verander? Die enorme koste daarvan om dit letterlik wêreldwyd te laat verander is nie regverdigbaar nie.

Kaapstad Internasionaal het geen konnotasie met enige politieke of historiese figuur nie en kan derhalwe geen groep of persoon marginaliseer of uitsluit nie.

Dit is egter ooglopend dat die VF+ nou enigiets sal doen om Bruin stemme te probeer lok. Dr Mulder moet net onthou: As hy vandag ‘n mosie wil indien om Kaapstad Internasionaal se naam te verander na Krotoa Internasionaal, dan kan hy nie môre beswaar wil aanteken as Bloemfontein of Port Elizabeth of Kaapstad self se naam skielik verander moet word om die een of ander terroris, halssnoermoordenaar of veedief te vereer nie!

‘n Mens moet konsekwent wees as jy geloofwaardig wil bly.

***

Video

***

WIE EN WAT IS KROTOA OF EVA?

Die argiewe spreek vanself

Wie was Eva / Krotoa (1)

Wie en wat was Krotoa (Eva) (2)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s