Vanderbijlpark Driehoek Hoërskool

Van die beseerdes nadat ‘n Oorhoofse struktuur – loopbrug –  vanoggend by die Hoërskool Driehoek ineengestort het.   Die voorval het omstreeks 08:30 gebeur.

Nooddienste is tans op die toneel.

 

 
****

Nicole Nel, ‘n graad 8-leerling aan Hoërskool Driehoek, is een van die beseerdes wat vanoggend se tragiese gebeure by die skool oorleef het.
Sy is tans in die waakeenheid van Mediclinic Vereeniging.
Volgens Mariska Pfahl, wat eerstehandse kennis oor Nicole se toestand het, is twee beentjies in haar nek gebreek, haar kakebeen is gebreek, haar bo-arm is op twee plekke gebreek, haar bekkenbeen is op drie plekke gebreek en haar linkerbeen is bokant die knie gebreek.
“Mag die Here jou styf vashou vanaand en by jou wees. Jy sal hierdeur kom, ons bid vir jou!” is Mariska se boodskap.

Nicole Nel het verskeie beenbreuke en word in die waakeenheid van Mediclinic Vereeniging behandel.

https://vaalweekblad.com/41210/hoerskool-driehoek-tragedie-nicole-nel-sterk-aan-waakeenheid/

 

3 gedagtes oor “Vanderbijlpark Driehoek Hoërskool”

Lewer kommentaar