Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark waar ‘n loopbrug vanoggend onder ‘n groep kinders ineen gestort het het heelwat hartseer in die gemeenskap, dorp, skool sowel die land meegebring. Oral is daar net hartseer wat uitstraal oor geliefdes wat of ernstig beseer is of oorlede. Dink aan elkeen, selfs die wat nog nie bekendgemaak is nie.
Cheverne Duvenhage, wat erg beseer is in vanoggend se tragedie by die Hoërskool Driehoek. Versoek word gevra om haar in gebede op te dra, asook ander beseerdes.

Cheverné Duvenhage, een van die erg beseerde leerlinge van die Hoërskool Driehoek wat vanoggend in ‘n kritieke toestand na die Unie-hospitaal in Alberton gevlieg is, is geopereer en sowat 45 minute gelede uit die teater uit.
Vaalweekblad verneem haar een heup is gekraak. Haar lewer en maagwand is geskeur en sy het kopbeserings opgedoen. Die inwendige bloeding is genadiglik gestop. Haar lewe hang steeds aan ‘n draadjie. Haar familie en vriende doen ‘n beroep op die publiek om asseblief vir haar te bid. Die volgende 48 uur gaan deurslaggewend wees.
https://vaalweekblad.com/41205/bid-vir-cheverne-duvehage/
* Vaalweekblad se wense vir spoedige beterskap aan Debbie. Ons is dankbaar om te verneem dat haar dogter, Ruzaan, nie in die voorval by Driehoek beseer is nie.
***
STERKTE EN VOLLE HERSTEL WORD U TOEGEBID – OOK AAN DIE OUERS VAN ELKEEN
***
Vanderbijlpark Driehoek Hoërskool
Hartseer drama op Vanderbijlpark
Paramedics/med help Vanderbijl park
[…] Beseer Driehoek Hoërskool Vanderbijlpark […]
LikeLike
[…] Beseer Driehoek Hoërskool Vanderbijlpark […]
LikeLike