Hoërskool Driehoek ongeluk
Foto links: Mev. Debbie Coetzee en haar man Kruger. (Foto: Facebook). Debbie het ‘n kopbesering opgedoen toe sy vanoggend onderweg na Hoërskool Driehoek in ‘n motorbotsing betrokke was. Foto regs: Stanley Coetsee

Mev. Debbie Coetzee, wat vanoggend beseer is toe sy op pad na Hoërskool Driehoek in ‘n botsing betrokke was, het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en word tans in die Sebokeng-hospitaal behandel.
Gerugte het vroeër vandag die ronde gedoen dat Debbie beswyk het, maar gelukkig kan Vaalweekblad berig dat dit nie die geval is nie. Sy leef.
Haar kollega en vriendin, Adri Vorster, sê Debbie is onder baie sterk verdowing en dokters is nog besig met toetse om die erns van haar besering vas te stel.
Debbie was vanoggend op pad na Hoërskool Driehoek om seker te maak dat haar dogter, Ruzaan, veilig was nadat ‘n betonblad by die skool ineengestort het, toe Debbie in Rossini-boulevard langs Vaal Mall in ‘n botsing met ‘n ander voertuig betrokke was. Debbie se voertuig het gerol.