*
Afrikaans is ‘n “erkende” moedertaal in die huidige en sogenaamde “demokratiese” (kommunistiese) grondwet van Suid-Afrika, maar beloftes van erkenning is reeds voor 1990 in Dakar vergete en begrawe. Alles het na 1994 hand-om-keer verander. Dit is al by meer as een geleentheid uitgespreek dat Afrikaans vernietig moet word, veral op opvoedingsvlak. Dit is wat owerhede, die ANC regering sowel liberale Afrikaners, op die Boere volk afdwing.
*
Die oorgrote meerderheid praat en bedryf hul besighede of organisasies na 1994 meerendeels in Engels. Ironies was dit juis Engels wat, sedert 1800 al ons bevolkings se moedertale onderdruk en manipuleer het, asook die Boere volk. Afrikaans word nie net vernietig en uitgehaal op alle vlakke van die samelewing nie, maar veral omdat dit deel van die Boere volk is word die reg aan nageslag ontneem. Die Afrikaanse taal is deel van die Boere volk se identiteit, kultuur, geskiedenis, tradisies en waardes. Niemand ontken egter dat ander volke of nasies die Afrikaanse taal deel nie, dit gebeur met baie tale ter wêreld wat gedeel word.
Daar is niks verkeerd om twee of meertalig te wees nie en is dit uitstekend om met ander te kan kommunikeer. Dit moet egter nie so uitgeoefen word om eie (of ander) moedertale se verdere ontwikkelings te onderdruk nie, maar gelyke geleenthede daar te stel. In die huidige opset van demokrasie is dit eenvoudig onmoontlik om te verwag en uit te voer, want alles word verEngels. Engels is nie enige volk se inheemse taal nie, behalwe die Britte en ander wat hiernatoe ge-emigreer het.
Die een moedertaal moet nie ten koste van ‘n ander moedertaal te ly of vernietig word nie, inteendeel moet elke taal deur volkslede self bevorder word. Indien die sogenaamde demokratiese regering regtig demokraties is, moet hulle nie die een taal teen die ander afspeel of probeer vernietig nie.
Kaart
https://mapsontheweb.zoom-maps.com/post/143106698226/south-africas-11-official-languages-zulu-is-most
*
INLIGTING OOR AFRIKAANS
VERGEWE EN VERGEET – DIE VERTALING VAN DIE BYBEL IN AFRIKAANS
Onthou gerus die volgende gedig: As volk het ons altyd anderkant uitgekom en sterker geword.
TOTIUS

*
Wie ken nie die gedig van “Vergewe en Vergeet” van Totius, wat handel oor die sukkelende doringboompie wat altyd weer opstaan en groei? Wie was Totius? Volgens inligting was hy ‘n rebel tydens die Anglo Boere oorlog en ‘n stryder vir die Afrikaanse taal. Hy was ook betrokke by die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Totius (J.D. du Toit), who left a rich heritage of texts, was a theologian and poet responsible for the first translation of the Bible into Afrikaans and the first rhymed version of the Psalms in Afrikaans. He was a man of the church, a pastor, but also a Cape rebel, an activist for the Afrikaans language and a cultural leader.

Du Toit began his education at the Huguenot Memorial School at Daljosafat in the Cape (1883–1885). He then moved to a German mission school named Morgensonne near Rustenburg from 1888 to 1890 before returning, between 1890 and 1894, to his original school at Daljosafat. Later he attended a theological college at Burgersdorp before becoming a military chaplain with the Boer Commandos during the Second Boer War. After the war, he studied at the Free University in Amsterdam and was admitted to the degree of Doctor of Theology.
*
Vergewe en vergeet
TOTIUS (J.D. DU TOIT) (1877-1953)
“Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben – DEUT. 4:9”
Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
“Jy het mos, doringstruikie,
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”
Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly ‘n teken
wat onuitwisbaar is.
,
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
*
Vergewe en Vergeet is ook getoonset:

*
AFRIKAANS: TAALBEWEGING – BYBELVERTALING
Die agt lywige dele van sy versamelde werke getuig van sy verbasende werkkrag. Dit bevat ook die biografie van sy vader, S.J. du Toit in weg en werk (Paarl, 1917) – ‘n deurwrogte, ryk gedokumenteerde kultuurhistoriese studie – en sy Bybelkunde deurreis (1943). Die meeste ruimte word bestee aan preke, breë studies in Verklaring van die Bybel, waardevolle artikels oor die Afrikaanse Bybelvertaling Die Bybel is die Woord van God, lesings en artikels oor Christelike onderwys en wetenskap, en die reek-se Kerkblad-bydraes Staatkundig (Binnelands) en Staatkundig (Buitelands), waaruit blyk met watter intense, kritiese belangstelling hy die tydgebeure gevolg het. Deel agt bevat sy versamelde gedigte.
Reeds tydens die Eerste Taalbeweging dig en vertaal hy in Patriot-styl onder die skuilnaam “Jaduto”. Ná die oorlog tree hy as ware digter te voorskyn onder die deursigtige skuilnaam Totius. In sy besielde Akademierede van 1911, De dichter als ziener, waarin hy sterk standpunt inneem teen die Nederlandse Tagtigers, gee hy sy siening van die wese en taak van die digter. Sy eie kuns beantwoord grotendeels aan die opvatting dat die digter ‘n “wereldaanschouwer” moet wees. “De panacea van het pessimisme is de realiteit van de wereld, het zien in het hart van de levensdingen om ons heen; levensdingen, want te midden van verwarring en verwording glanst daaruit op de nabloei van het Paradys. leder scheppingsding draagt een idee, een aangezicht, een beeld waaraan wij het herkennen en waardoor het rapporteert met ons binnenste. De dichter ziet dat aangezicht . . . die idee, en verkrijgt alzo zijn dichtstof.” Dit is sy taak ‘om ook anderen de schellen van de oogen te doen vallen, opdat ook zij aanschouwen wat hij aanschouwt.” Die digter kan dié doel bereik deur middel van die beeld wat deur die woord opgeroep word. Veelseggend is die slot : “Wat de dichter doet is geen genot volgens Spencer ‘pursued merely for its own sake’, maar een voornaam stuk der dankbaarheid jegens Hom, Die alles zo schoon heeft gemaakt.”
In Bij die monument (Potchefstroom, 1908), die eerste digbundel van die Tweede Taalbeweging, besing hy in veelal nog onbeholpe verse die oorlogsbeeld van die kind, die vrou en die man. Verse van Potgieter’s trek (Potchefstroom, 1909) is ‘n reeks sange oor die Groot Trek, met Hendrik Potgieter gesien as die Trekker by uitnemendheid.
*
Die eindvertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans: dr. J.D. du Toit (Totius), prof. E.E. van Rooyen, dr. J.D. Kestell, proff. H.C.M. Fourie en B.B. Keet.
![]()
https://af.wikipedia.org/wiki/Totius
*
Statebybel
https://af.wikipedia.org/wiki/Statebybel![]()
Die Statebybel (of Statevertaling) is die eerste amptelike Nederlandse Bybelvertalingwat regstreeks uit die oorspronklike Hebreeus, Aramees en Grieks vertaal is. Die opdrag vir die vertaling is in 1618 gegee deur die Sinode van Dordrecht, wat die State-Generaal gevra het om vir die vertaling te betaal.
Buiten op die godsdienstige gebied, het die Statebybel ook op taalkundige en politieke terrein ’n groot invloed. Die taal van die Statebybel vorm die grondslag van Standaardnederlands, wat in die 17de eeu ontwikkel het en wat as belangrike instrument in die kulturele eenwording van Nederland opgetree het. Standaardnederlands van die 17de eeu vorm ook die grondslag van hedendaagse Afrikaans en daarom het die Statebybel ook ’n groot invloed op Standaardafrikaans gehad.
In Suid-Afrika was dit die Bybel waarmee Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het, die Bybel wat die Voortrekkers met hulle saam die binneland ingeneem het en die Bybel wat al die Afrikaanse kerke tot met die aanvaarding van die Afrikaanse Bybelvertaling in 1933 gebruik het. By gebrek aan formele onderwys in veral die binneland, was dit ook dikwels al boek wat kinders onder oë gekry het en by uitstek die boek waaruit hulle leer lees het.
*
Die Totius museum in Noordwes provinsie.
North West, Potchefstroom. Totius lived there with his wife Mrs. Du Toit, and six children, Stephans, Dirk, Elizabeth, Jacob Wilhemina and Francios, and his sister Marie.
https://www.boerenbrit.com/archives/7963

POTCHEFSTROOM
Ouer foto van Potchefstroom
Woning van proff Jan Lion Cachet en JD du Toit (Totius), is in 1905 voltooi. Dit was eens ‘n teologiese skool.
The house was completed in 1905 and was occupied by a professor named Jan Lion Cachet until Totius succeeded him in 1911
![]()
Nadat hy vir 26 jaar as professor aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool gedien het, het prof. Jan Lion Cachet (gebore op 29 November 1838) se kragte weens ouderdom en siekte afgeneem. Uit die notules van die kuratorevergaderings is dit duidelik dat hy hom nie uit eie beweging kon losbreek van die werk en die skool wat vir hom dierbaar was nie.*
*
Let op na die omgewing hoe dit destyds gelyk het

https://morneweb.wordpress.com/2018/09/22/21-september-1912-prof-j-l-cachet-oorlede/
*
Dikwels het hy van die Teologiese Skool gespreek as sy kind. Soos ’n vader het hy dit bemin en oor die belange daarvan gewaak. Sy heengaan is ook ’n verlies vir land en volk. Sy stryd vir die Afrikanervolk, Afrikaanse taal en vir Christelik-nasionale onderwys gee hom ’n eervolle en blywende plek in die vestiging en groei van die Afrikaanse gedagte in Suid-Afrika.
History / geskiedenis van Gereformeerde Kerke
*
The Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) has been training ministers of the Word at the Theological School (TSP) since the latter’s founding in 1869, making it an institution of the churches for the churches. The TSP functions in accordance to the Word of God and the Three Formularies of Unity, viz. The Belgic Confession, the Heidelberg Catechism and the Canons of Dordt. The mission of the TSP is to train students, the churches send to the TSP, on this basis into well-equipped shepherds and teachers to fulfil their calling in the churches. This training includes instruction in theological science and research of God’s revelatory truth that knowledge, insight and principles may be formulated and applied to the challenges of the time and in fulfillment of the needs of the church and society. The training is predominantly intended to serve the Christian community, but also society as a whole in South Africa by means of reformed principles, a reformational mind-set and Calvinistic tenets.
Rev. Postma and Rev. Jan Lion-Cachet took charge of the training of students during the early years, in conjunction with their ministry in the Burgersdorp congregation.
https://www.gksa.org.za/eteologieseskool.htm
*
PRAAT – EET – DRINK – DROOM IN AFRIKAANS
SELFBESKIKKING (ONAFHANKLIKE GEBIEDE) – ons waarborge en toekoms vir ons volk, taal en kultuur
*
[…] AFRIKAANS AS MOEDERTAAL […]
LikeLike
[…] AFRIKAANS AS MOEDERTAAL […]
LikeLike
[…] AFRIKAANS AS MOEDERTAAL […]
LikeLike