AFRIKAANS AS MOEDERTAAL

Afrikaans is ‘n “erkende” moedertaal in die sogenaamde “demokratiese” (lees kommunistiese) grondwet van Suid-Afrika maar beloftes van erkenning is reeds voor 1990 in Dakar vergete en begrawe.  Afrikaans word nie net vernietig en uitgehaal op alle vlakke van die samelewing nie, maar veral omdat dit deel van ons volk is word die reg aan nagelsag ontneem.  Redes wat aangevoer word is die sogenaamde “apartheid” (aparte gebiede) – tog het elke ander volk na 1994 die geleentheid om voort te gaan met hul eie aparte gebiede, wat gedoop is van Tuislande na Trustgebiede of Grondeise het afsonderlike CPA’s geword, spesifiek vir daardie volk (wat elkeen hul eie moedertale en kulture verder kon praat, ontwikkel en beoefen).  Trustgebiede is “wettig” daarvan het F W de Klerk seker gemaak, maar ons as volk is ingedwing in ‘n “reënboognasie” met Engels as medium, sodat almal uit ander lande ingetrek kan word in die mengsels van Engels.  Daarom word Afrikaans oral uitgeskryf.  Wanneer  ‘n tradisionele leier soos koning Zwelithini (vir Zoeloes) opstaan, praat hy in Zoeloe met sy volk – Ingonyama Trust as voorbeeld is slegs Zoeloe gebiede! Gun en respekteer dit – maar respekteer ook dit wat ons as volk wil verkry.  Dit is elke volk se reg om oor hulself te regeer.  Selfbeskikking is ons waarborge vir die toekoms en nageslag.  Wees trots op wie en wat jy is.  Moet nooit Afrikaans verwaarloos nie.  Praat, lees en skryf dit. Ken jou geskiedenis wie en waarvandaan en waarnatoe op pad.

Related image

INLIGTING OOR AFRIKAANS

VERGEWE EN VERGEET – DIE VERTALING VAN DIE BYBEL IN AFRIKAANS

Onthou gerus die volgende gedig:  As volk het ons altyd anderkant uitgekom en sterker geword.

TOTIUS

vergewe en vergeet.PNG

*

Wie ken nie die gedig van “Vergewe en Vergeet” van Totius, wat handel oor die sukkelende doringboompie wat altyd weer opstaan en groei?   Wie was Totius?  Volgens inligting was hy ‘n rebel tydens die Anglo Boere oorlog en ‘n stryder vir die Afrikaanse taal.  Hy was ook betrokke by die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Totius (J.D. du Toit), who left a rich heritage of texts, was a theologian and poet responsible for the first translation of the Bible into Afrikaans and the first rhymed version of the Psalms in Afrikaans. He was a man of the church, a pastor, but also a Cape rebel, an activist for the Afrikaans language and a cultural leader.

Image result for Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben

Du Toit began his education at the Huguenot Memorial School at Daljosafat in the Cape (1883–1885). He then moved to a German mission school named Morgensonne near Rustenburg from 1888 to 1890 before returning, between 1890 and 1894, to his original school at Daljosafat.   Later he attended a theological college at Burgersdorp before becoming a military chaplain with the Boer Commandos during the Second Boer War. After the war, he studied at the Free University in Amsterdam and was admitted to the degree of Doctor of Theology.

*

Vergewe en vergeet

 TOTIUS (J.D. DU TOIT) (1877-1953)

“Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben – DEUT. 4:9”

Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos, doringstruikie,
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop, 
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom, 
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis – 
net een plek bly ‘n teken 
wat onuitwisbaar is.
,
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan, 
maar daardie merk word groter 
en groei maar aldeur aan.

*

Vergewe en Vergeet is ook getoonset:

*

AFRIKAANS:  TAALBEWEGING – BYBELVERTALING

Die agt lywige dele van sy versamelde werke getuig van sy verbasende werkkrag. Dit bevat ook die biografie van sy vader, S.J. du Toit in weg en werk (Paarl, 1917) – ‘n deurwrogte, ryk gedokumenteerde kultuurhistoriese studie – en sy Bybelkunde deurreis (1943). Die meeste ruimte word bestee aan preke, breë studies in Verklaring van die Bybel, waardevolle artikels oor die Afrikaanse Bybelvertaling Die Bybel is die Woord van God, lesings en artikels oor Christelike onderwys en wetenskap, en die reek-se Kerkblad-bydraes Staatkundig (Binnelands) en Staatkundig (Buitelands), waaruit blyk met watter intense, kritiese belangstelling hy die tydgebeure gevolg het. Deel agt bevat sy versamelde gedigte.

Reeds tydens die Eerste Taalbeweging dig en vertaal hy in Patriot-styl onder die skuilnaam “Jaduto”. Ná die oorlog tree hy as ware digter te voorskyn onder die deursigtige skuilnaam Totius. In sy besielde Akademierede van 1911, De dichter als ziener, waarin hy sterk standpunt inneem teen die Nederlandse Tagtigers, gee hy sy siening van die wese en taak van die digter. Sy eie kuns beantwoord grotendeels aan die opvatting dat die digter ‘n “wereldaanschouwer” moet wees. “De panacea van het pessimisme is de realiteit van de wereld, het zien in het hart van de levensdingen om ons heen; levensdingen, want te midden van verwarring en verwording glanst daaruit op de nabloei van het Paradys. leder scheppingsding draagt een idee, een aangezicht, een beeld waaraan wij het herkennen en waardoor het rapporteert met ons binnenste. De dichter ziet dat aangezicht . . . die idee, en verkrijgt alzo zijn dichtstof.” Dit is sy taak ‘om ook anderen de schellen van de oogen te doen vallen, opdat ook zij aanschouwen wat hij aanschouwt.” Die digter kan dié doel bereik deur middel van die beeld wat deur die woord opgeroep word. Veelseggend is die slot : “Wat de dichter doet is geen genot volgens Spencer ‘pursued merely for its own sake’, maar een voornaam stuk der dankbaarheid jegens Hom, Die alles zo schoon heeft gemaakt.”

In Bij die monument (Potchefstroom, 1908), die eerste digbundel van die Tweede Taalbeweging, besing hy in veelal nog onbeholpe verse die oorlogsbeeld van die kind, die vrou en die man. Verse van Potgieter’s trek (Potchefstroom, 1909) is ‘n reeks sange oor die Groot Trek, met Hendrik Potgieter gesien as die Trekker by uitnemendheid.

*

Die eindvertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans: dr. J.D. du Toit (Totius), prof. E.E. van Rooyen, dr. J.D. Kestell, proff. H.C.M. Fourie en B.B. Keet.


https://af.wikipedia.org/wiki/Totius

*

Statebybel

https://af.wikipedia.org/wiki/Statebybel

Die Statebybel (of Statevertaling) is die eerste amptelike Nederlandse Bybelvertalingwat regstreeks uit die oorspronklike Hebreeus, Aramees en Grieks vertaal is. Die opdrag vir die vertaling is in 1618 gegee deur die Sinode van Dordrecht, wat die State-Generaal gevra het om vir die vertaling te betaal.

Buiten op die godsdienstige gebied, het die Statebybel ook op taalkundige en politieke terrein ’n groot invloed. Die taal van die Statebybel vorm die grondslag van Standaardnederlands, wat in die 17de eeu ontwikkel het en wat as belangrike instrument in die kulturele eenwording van Nederland opgetree het. Standaardnederlands van die 17de eeu vorm ook die grondslag van hedendaagse Afrikaans en daarom het die Statebybel ook ’n groot invloed op Standaardafrikaans gehad.

In Suid-Afrika was dit die Bybel waarmee Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het, die Bybel wat die Voortrekkers met hulle saam die binneland ingeneem het en die Bybel wat al die Afrikaanse kerke tot met die aanvaarding van die Afrikaanse Bybelvertaling in 1933 gebruik het. By gebrek aan formele onderwys in veral die binneland, was dit ook dikwels al boek wat kinders onder oë gekry het en by uitstek die boek waaruit hulle leer lees het.

*

Die Totius museum in Noordwes provinsie.

North West, Potchefstroom. Totius lived there with his wife Mrs. Du Toit, and six children, Stephans, Dirk, Elizabeth, Jacob Wilhemina and Francios, and his sister Marie.

https://www.boerenbrit.com/archives/7963

Image result for totius

POTCHEFSTROOM

Ouer foto van Potchefstroom

Woning van proff Jan Lion Cachet en JD du Toit (Totius), is in 1905 voltooi.  Dit was eens ‘n teologiese skool.
The house was completed in 1905 and was occupied by a professor named Jan Lion Cachet until Totius succeeded him in 1911

Lêer:Woning van proff Jan Lion Cachet en JD du Toit (Totius), Teologiese Skool Potchefstroom, tans die GKSA se kerkmuseum.jpg


Nadat hy vir 26 jaar as professor aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool gedien het, het prof. Jan Lion Cachet (gebore op 29 November 1838) se kragte weens ouderdom en siekte afgeneem.   Uit die notules van die kuratorevergaderings is dit duidelik dat hy hom nie uit eie beweging kon losbreek van die werk en die skool wat vir hom dierbaar was nie.*Lion Cachet.JPG

*

Let op na die omgewing hoe dit destyds gelyk het

Image result for Jan Lion Cachet potchefstroom

https://morneweb.wordpress.com/2018/09/22/21-september-1912-prof-j-l-cachet-oorlede/
*

Dikwels het hy van die Teologiese Skool gespreek as sy kind. Soos ’n vader het hy dit bemin en oor die belange daarvan gewaak. Sy heengaan is ook ’n verlies vir land en volk. Sy stryd vir die Afrikanervolk, Afrikaanse taal en vir Christelik-nasionale onderwys gee hom ’n eervolle en blywende plek in die vestiging en groei van die Afrikaanse gedagte in Suid-Afrika.

History / geskiedenis van Gereformeerde Kerke

*

The Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) has been training ministers of the Word at the Theological School (TSP) since the latter’s founding in 1869, making it an institution of the churches for the churches.  The TSP functions in accordance to the Word of God and the Three Formularies of Unity, viz. The Belgic Confession, the Heidelberg Catechism and the Canons of Dordt.  The mission of the TSP is to train students, the churches send to the TSP, on this basis into well-equipped shepherds and teachers to fulfil their calling in the churches. This training includes instruction in theological science and research of God’s revelatory truth that knowledge, insight and principles may be formulated and applied to the challenges of the time and in fulfillment of the needs of the church and society. The training is predominantly intended to serve the Christian community, but also society as a whole in South Africa by means of reformed principles, a reformational mind-set and Calvinistic tenets.

Rev. Postma and Rev. Jan Lion-Cachet took charge of the training of students during the early years, in conjunction with their ministry in the Burgersdorp congregation.

https://www.gksa.org.za/eteologieseskool.htm

 

*

PRAAT – EET – DRINK – DROOM  IN AFRIKAANS

SELFBESKIKKING (ONAFHANKLIKE GEBIEDE) – ons waarborge en toekoms vir ons volk, taal en kultuur

*

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s