Wie is Front Nasionaal (politieke party)

Hoeveel volkspartye is daar as meeste politieke partye wat reeds in parlement sit, multi-kultuur is en al van Kodesa af aan ‘n “reënboognasie” behoort?   Vir watter volk staan enige van die multi-kulturele partye?  Vir niemand nie.   Al hierdie gemengde partye het wel lede en kan slegs namens hul lede praat.  Front Nasionaal is vir ‘n volk juis om selfbeskikking te verkry.  Daar is ook geen geskiedenis of identiteit by ‘n multi-kulturele politieke party nie.  Hulle is ‘n Volksparty wat VRYHEID en SELFBESKIKKING vir ons as volk nastreef.  Daarom word Mandaat benodig, op nasionale en provinsiale vlak vir die nodige inligting.

VATDOEKE EN SERVETTE
Front Nasionaal SA

Twee vrae wat die afgelope week of twee gereeld opduik is: “Vir wie moet ons nou stem?” en “Waarom smelt julle nie saam met …. nie?”

Kom ek verduidelik die posisie gou-gou:

Front Nasionaal is ‘n politieke party wat reeds so lank terug as 2013 geregistreer is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika. Ons IS nie ‘n Facebookblad nie, ons HET ‘n Facebookblad.

Dit beteken dat die OVK die beleid en standpunte van FN analiseer het en besluit het dat dit grondwetlik en korrek en aanvaarbaar is. En op grond daarvan mag FN in enige verkiesing deelneem en mense aanspoor om vir ons te stem. FN is net so ‘n politieke party soos die DA, VF+, Cope, EFF, ANC, ACDP en ander….met een enorme verskil:

Waar elke ander politieke party sê dat ons die huidige multikulturele Nuwe Suid-Afrika eenheidstaat moet behou en net so ‘n bietjie verander, sê FN : Nee! Die staat wat in 1994 op ons afgedwing is deur misleiding het misluk. ‘n Klein minderheid van 4 miljoen mense kan nie ons kultuur en volkwees behou as ons voortdurend moet toegee aan die belange van ‘n meerderheid van 40 miljoen + nie. En nie net toegee aan belange nie, nou moet ons al ons grond ook gee!

Ons moet gaan kyk na wat die internasionale reg, die Verenigde Nasies, die Statuut van Rome en die Suid-Afrikaanse grondwet sê – en hulle sê deur die bank: Elke groep (insluitend die Suid-Afrikaners van Europese herkoms met ‘n Westerse waardestelsel – insluitend Afrikaner, Boer en anderstalige) het die reg om oor homself te regeer. Daardie reg moet ons opeis. En dit is waarom FN aan die nasionale verkiesing gaan deelneem en u stem daarvoor vra.

U stem nie vir ‘n behoud, of selfs ‘n verandering, van die huidige FW de Klerk/Mandela Suid-Afrika nie. U stem vir u eie kultuur, voortbestaan en beskerming van u herkoms. En u reg tot die besit van u eiendom. Dit is waarom u stem vir ons van enorme belang is. Ek kan dit eenvoudig nie genoeg benadruk nie.

Vir wie stem ons in 2019? Vir Front Nasionaal Suid-Afrika.

Dit lei tot die antwoord op die tweede vraag: Daar is nou links en regs eenheidsberade en aksieplanne. Gaan kyk ‘n mens egter wie al die organisasies is, dan kom jy by die onderskeid wat die Franse in ‘n bekende spreekwoord uitdruk as die verskil tussen “torchons et serviettes”. Watter van hierdie “groepe” is geregistreerde politieke partye, of gevestigde organisasies met ‘n bewese ledetal, takke en verkose besture op grond van ‘n grondwet en beleid? Watter van hierdie organisasies word sommer van persoonlike bankrekenings af bedryf? Watter van hierdie organisasies is niks anders as Facebookgroepies nie? Ons moet regtig die gewoonte aankweek om te kyk na die substansie van die organisasie waarmee en waarvan ons praat. FN kan mos nie sit en tyd mors in gesprekvoering met ‘n Facebookgroepie wat uit drie admins bestaan, net omdat die paar duisend lede op die groep tien teen een in elk geval ook FN ondersteuners is nie.

Daarby is samesmelting met enige van die ander partye ‘n proses waarin FN sal moet toegee op ons beleid om mekaar halfpad te kry. En ons kan mos nie gaan kompromieë maak op die beleid oor selfbeskikking nie – ons is dan die een party wat dit aktief propageer. Samesmelting ter wille van ‘n paar duisend stemme meer, maar dan toegee op die einddoel is mos nou nie ‘n slim plan nie.

As u meer wil weet van FN en waarvoor u stem in 2019 gaan, laat asb u eposadres en ons stuur vir u ons beleidsdokument en manifes aan.

admin@frontnasionaalsa.co.za

Wie is Front Nasionaal

Front Nasionaal – lees meer oor wie bestuur is, asook ander artikels soos beleidsake, selfbeskikking, internasionale reg, geskiedenis, kultuur en volksteun.

Advertisements

Een gedagte oor “Wie is Front Nasionaal (politieke party)”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s