Dood vir R7.99 – Suid-Afrika

Image result for south africa chocolate  2008  photo
Hy moes nooit eers in die tronk gewees het nie, maar om te dink dit is iemand se pa en oupa wat die dag daarna in die selle dood aangetref word en dit vir slegs R7.99.  Nou na 10 jaar skrik owerhede wakker om iemand te vervolg wat vermoor is.  Suid-Afrika het baie onopgeloste moorde of wat hangend is.

Freddie Brown (69), wat aan alzheimersiekte gelei het, is vir winkeldiefstal in hegtenis geneem na hy vergeet het om vir sjokolade van R7.99 te betaal. Hy is later die dag dood in die polisiesel gevind en nou, 10 jaar later, word ‘n voormalige polisie reservis vir sy dood aangekla.  Sam Msana Masango, wat by die Kriel-polisiekantoor in Mpumalanga gewerk het, waar Brown dood is, verskyn Maandag in die hof.

Volgens Willem Steyn, Brown se skoonseun, was sy korttermyngeheue aangetas, maar hy kon nog goed funksioneer en het gereeld dorp toe gery vir brood en melk. Verskeie winkels, onder meer Shoprite, is deur Brown se familie in kennis gestel van sy siekte en dat hulle sal betaal wanneer hy vergeet om iets te betaal.   Op die spesifieke dag het hy sy beursie ook by hom gehad en dit is nie asof hy nie kon betaal nie.

‘n Vriendin van die haarsalon het Brown se familie in kennis gestel dat hy gearresteer is. Volgens Steyn wou die polisie nie dat hy sy skoonpa sien nie omdat hy glo aggressief was. Die polisie het gesê hulle kan 19:00 terugkom, maar toe is Brown reeds dood.

Die staat het nou besluit om te vervolg.   Nou 10 jaar later is Masango as die verdagte geidentifiseer.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s