*
Johannesburg en Pretoria, asook al hul omliggende voorstede staar ‘n ongekende vernietiging in die gesig, dit kan die hele Witwatersrand sowel Pretoria, en omliggende plase beïnvloed. Inteendeel groot tekens is alreeds vir dekades sigbaar in groot stede soos Johannesburg, Pretoria en al die ander metro munisipaliteite. Met al die protesaksies, vernietiging van infrastrukture, is alles besig om te vou. Omdat onderhoud in die eerste plek nie in stand gehou word nie, sluit alle protesaksies aan by vernietiging, wanadministrasie, misdaad asook korrupsie wat nie vasgevat nie.

*
Waternood en hongersnood
Daar is meer as 700 rioolsuiweringsaanlegte wat nie werk in die land nie, wat ook bydra tot skoon water en andersinds besoedeling. Rou riool word daagliks in riviere ingepomp.
Dit is nie soseer klimaatveranderinge nie, want Suid-Afrika het nog altyd ‘n tekort aan water gehad. Daar word nie rekening gehou met die miljoene onwettige immigrante wat die land binnestroom uit Afrika nie. Diegene wat onwettig landin stroom, moet eerder terugkeer vanwaar hul afkomstig is, want hulle vererger Suid-Afrika se drakrag aan mense en diere.
Die omgewing, mense en diere kan nie sonder water leef nie en in Suid-Afrika is daar ‘n groot tekort en vermorsing van water weens lekkende pype en watertenks. Die populasie wat daagliks groei van onwettige immigrante vererger die situasie en stuur die hele land op ‘n groot krisis af. Voedsel kan nie voortgebou word sonder water nie, met die gevolg is, as die water vou, vou die voedsel. Heelwat infrastrukture, soos pad en spoor het reeds gevou. Dit is ‘n krisis wat nog onuithoudbaar gaan word.
Munisipale werkers bring nie hul kant om dienste te verskaf nie, maar ontvang groot salarisse en niks word aan dienslewering gedoen nie. Oral vind korrupsie en wanadministrasie plaas en dit word nie vasgevat nie.
*
Miljoene immigrante en onwettiges lewe in hierdie strate van metro’s, plak oral in en rondom die voorstede. Hul gebruik ook dienste, betrek geboue onwettige en daar is heelwat misdaad aan die orde van die dag. Politici het geen idee wat hulle hier losgelaat het sedert 1994 en dit kan nie maklik uit die stede en dorpe verwyder word nie. Hulle beheer die stede.
Besighede sluit hul deure en geboue verval saam die strate, wat ingeneem word deur ongewenste en onwettige immigrante wat oral brande stig met motorbande om teer te laat smelt, wat gate in paaie veroorsaak. Beheerde protesaksies ontbreek, die onderhoud wat agterweë bly en nie in stand gehou word soos dit veronderstel is om te wees nie, sal uiteindelik lei tot algehele verval. Protesaksies behoort glad nie toegelaat te word nie, want belastingbetalers het meer regte omdat hul betaal vir dienste wat hulle nie kan gebruik nie.
Staats- en provinsiale, sowel munisipaliteite en staatsentiteite is vertrouelinge van mekaar in hierdie ekonomiese afbreekproses en rewolusionêre oorlog van vernietiging.
Die probleme wat vir jare ontstaan en oorgedra word tot ‘n volgende jaar, is diegene wat daardie stadsrade beheer. Diegene in beheer van sake, het geen verantwoordelikheid om dit enduit suksesvol te beheer nie. Al wat hulle kry is die groot salarisse en byvoordele. Dit help nie hulle verplaas hul probleem op ou pype nie, want dit is nie die oorsaak nie. Dit is al die onbevoegdes wat nie in plaaslike owerhede of op ander vlakke van regering hoort nie.
Dit is vir baie nie ou nuus nie. Van die stad Johannesburg se 80 wateropgaartenks, is daar sowat 42 wat hewig water lek en 15 ander is onder herstelwerk. Daar is egter net ‘n klein opname gedoen om dit te kon bepaal. Die realiteite is dat daar baie min of geen onderhoud gedoen is op al die wateropgaartenks nie. Dit gaan biljoene benodig om al hierdie lekkende pype, kleppe en tenks wat nooit onderhou word nie, te herstel vir die massas aan die Witwatersrand.
Dit kom voor of al hierdie dinge in al die munisipaliteite ‘beplan’ word om gelyktydig ineen te stort en nie net hier en daar nie. Diegene in beheer, gee regtig nie om nie. Daar behoort besnoei te word aan salarisse en byvoordele van al hierdie amptenare. Veral ook amptenare en raadslede wat nie hulle verpligtinge nakom nie, moet besnoei word.
Raadslede word juis aangestel om oor stadsrade se amptenare te waak en toesig te hou. Indien daar probleme ontstaan, behoort dit onmiddellik aangespreek te word of selfs begroot word vir uitgawes soos onderhoud op dienslewering van water en ander munisipale dienste. Dit help nie om ou stelsels te blameer vir lekke en herstelwerke wat nie uitgevoer word nie. Elkeen in ‘n dorp en stad, betaal erfbelastings en daar is redes daarvoor. Dit beteken nie dat die amptenare, uitvoerende beamptes, raadslede en burgemeesters moet gaan oor hierdie fondse van ‘n ou stad soos Johannesburg, wat ingekry word vanaf die publiek nie.
Daar behoort begroot te word vir die nodige en jaarlikse onderhoudswerk en dra dit oor na ‘n volgende jaar, of doen gedeeltes daarvan op ‘n slag. Daar word genoeg amptenare aangestel om die werk self uit te voer en maak nie van tenders of buite die munisipale of swart bemagtigers gebruik nie.
Daar word biljoene rande se fondse vanaf die publiek verkry en indien publiek nie hul bydraes gee nie, is dit tyd dat stadsrade die nodige doen om dit wel te kry en sny af waar dit nie verkry word nie. Hierdie fondse behoort jaarliks aan die publiek beskikbaar gemaak te word wat en hoe word hul geld bestee. Tyd dat belastingbetalers vereenigings sterker in elke plaaslike stadsraad teenwoordig moet wees en elke vergadering bywoord waar belastings spandeer word.
Elke munisipaliteit, stadsraad en metroraad, ontvang enorme bedrae erfbelastings vanaf die publiek, wat of eenvoudig verkeerd bestee word of gesteel word. Waar gaan dit heen en watter ouditeure doen hierdie werk van elke munisipaliteit/stadsraad of metroraad. Hierdie oudit verslae moet en word jaarliks by die betrokke staatsminister van plaaslike owerhede ingedien wat moet toesien dat munisipaliteite, stadsrade en metro’s bevoeg is om hul werk uit te voer.
Met groot probleme van waterpype en opgaartenks, behoort daar gereeld na hierdie tipe van uitgawes omgesien te word, begroot en toesien dat dit uitgevoer word.
In die verlede was dit amptenare wat die werk self uitgevoer het, maar deesdae word daar te maklik van buitestanders sowel veral swart bemagtigers gebruik gemaak, wat nie die water, riool of elektrisiteit sisteme ken nie.
Die aanbod en aanvraag in hierdie gebiede word al groter en immigrante stroom ook binne om hul neseiers te kom opeis. Lekkende waterpype is oral ‘n groot probleem, nie net in Johannesburg en haar voorstede nie. Die vraag is wat maak munisipaliteite met al die erfbelastings, indien dit nie ontvang word nie, is dit hulle wat alle toevoer moet afsluit na daardie huiseienaars en gebruikers.
Dit kom dus voor dat ‘n groot blaam voor die deur van die munisipaliteit self gelê omdat onderhoud agterweë bly. Munisipaliteite is oor die algemeen laks om nie geld in te vorder en verbruikers wat alles gratis wil ontvang, word nie vasgevat of afgesny nie. Daar is glo ‘n opname gedoen oor 12100 kilometers se pyplyne is daar sowat 2396 gebarste pype, 6727 pype wat lek, 442 lekkende kleppe en 259 brandkrane wat nie werk nie. Vir ‘n stad soos Johannesburg hoort dit nie so te wees nie en gaan kosbare water verlore en loop die inhoud weg wat vir enige stadsbewoner en nie oor water beskik nie, onaanvaarbaar te wees.
Munisipaliteite, stadsrade en metro’s is tog vir jare der jare besig met begrotings vir hierdie tipe van onderhoudswerk wat dan agterweë bly om uitgevoer te word. Stadsrade se amptenare wat nie hul werk doen of ongeskik is om dit uit te voer, behoort hard aangespreek te word deur belastingbetalers en te eis dat daar stappe geneem word teen hulle wat nie die werk kan of wil doen nie.
https://businesstech.co.za/news/government/799784/death-by-a-thousand-cuts-for-joburg-residents/
*
Dit is myns insiens wanadministrasie en uitspattige uitgawes, waar gaan al die fondse van munisipale owerhede heen? Onvoldoende begrotings veroorsaak ‘n tekort aan dienste.

Is al vir etlike jare duidelik dat Pretoria verwoes word en dienste maar traag is om gelewer te word. Net soos in die Witwatersrand, raak dit ook skole, hospitale asook munisipale dienste wat nie meer gelewer kan word aan die massas nie. Rioolsuiweringswerke word ook nie herstel nie en vind die besoedeling en storting van rou riool in riviere plaas wat gesondheidsdienste totaal verpletter. Miljoene regdeur die land eis gratis dienste, terwyl dit nie gelewer kan word nie. Die lewering van dienste is totaal buite beheer, want die massas uit Afrika groei daagliks.
Daar word eenvoudig wegbeweeg van die betaling vir dienste en veroorsaak dat alle noodsaaklike dienste inmekaartuimel en krummel. Protesaksies wat veroorsaak dat daar alewig motorbande gebrand word, wat teer smelt en gate veroorsaak. Dit saam met al die onwettiges wat aandring op gratis dienste, terwyl stadsrade nie in ‘n posisie is om dienste te lewer of selfs onderhoud uit te voer nie. Heelwat korrupsie en diefstal vind plaas.
*
Vervalle dorpe en stede reeds vernietig – Lichtenburg
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Metro-rade in SA reeds vernietig – Johannesburg en Pretoria […]
LikeLike
[…] Metro-rade in SA reeds vernietig – Johannesburg en Pretoria […]
LikeLike