*
Thomas Francois Burgers, het M W Pretorius in 1871 opgevolg as President en was in beheer van die ZAR Boere republiek. Let wel , dit was Boere volk gebiede en is Boere republieke genoem. Daar is nie sprake dat Boere republieke ooit Afrikaner republieke geheet het nie. Daar word baie pogings aangewend om te maak of die Boere volk deel is van die veelvolkige Afrikaner nasie. Die burgers van die Boere republieke is almal lede van die Boere volk en het niks met die Afrikaners in gemeen wat multi-kultureel en veelvolkig is. Hulle deel wel ‘n taal: Afrikaans. Daar is ‘n verskeidenheid van volke wat ‘n taal deel, maar nie deel is van mekaar nie.

*
Die feite van veelvolkige Afrikaner nasie word bewys deur al die verklarings wat die veelvolkige Afrikaner organisasies en -nasie self uitreik.
Burgers is gebore op 15 April 1834 in die Graaff-Reinet distrik. Sy ouers is Barend and Elizabeth Burgers. Burgers was inderdaad direk en indirek daarvoor verantwoordelik met sy kwansuis, ‘vriendelike samesprekings’ , wat hy met lord Shepstone en ander Britse indiwidue van Brittanje gevoer het. Selfs sy vele buitelandse reise bewys dit inderdaad. Die feit dat hy ‘n predikant was, het baie volkslede mislei en was dus nie so slim soos baie gereken het nie.
Die ‘hooggeagte’ lord Shepstone was verantwoordelik vir die eerste wetgewings oor aparte gebiede in Natal in 1854. Dus, stel hy wat Shepstone en Rhodes van die Kaapkolonie, die aparte gebiede wetgewings op, laat dit afkondig in London, maar gee ons geslag (veral wyle Dr Verwoerd) die skuld dat dit ons is wat Apartheid begin het.
Ironies genoeg, met Uniewording in 1910 is en was daar heelwat agente aan Britse kant, wat die apartheidswetgewings verder laat opbou het. Jan Smuts en Louis Botha, was beide aan die Engelse kant, eersgenoemde ‘n sionis wat by baie dinge betrokke was.
Die wêreld ken nie die volle geskiedenis van die Britte nie en weet ook nie dat Brittanje het nooit die Anglo-BOERE oorloë alleen geveg nie. Die ‘magtige’ Brittanje, het verskeie bondgenote gehad, wat die Afrikaners van die Kaapkolonie daarby ingesluit het wat geveg het om die Boere republieke, Boere volk, Boere vegters, Boere vroue en kinders te vernietig.
Daar is ‘n veelvolkige Afrikaner nasie en ‘n Boere volk, wat groot verskil van mekaar, net soos wat Zoeloes en Khoi san verskil van mekaar.
Vandag maak al die veelvolkige Afrikaner leiers en hul media huise asof die Boere volk deel is van die multi-kulturele nasie en dit is beslis nie die geval nie. Die Boere volk wou nie deel wees van die ‘verenigde land RSA” soos Afrikaners dit noem nie. Die Mfecane of Dfecane het ook uit verskillende swart volke en swart oorloë of gevegte bestaan. Daar is na 1994 derduisende KEV (CPA) en Trustgebiede, vir Swart en Khoisan – Griekwas wat steeds apart is van mekaar.
Afrikaners het nie teen Afrikaners geveg in die Boere republieke nie, want daar is meer as een blanke volk en selfs veelvolkige nasie, wat Afrikaners genoem word. Afrikaners vanuit die Kaapkolonie het teen die Boere volk in die Boere republieke geveg. Die Boere wou nooit deel gewees het van die Britse regering nie, daarom het hulle getrek. As dit Afrikaners was in Boere republieke, wie was die derduisende soldate andersinds?
Dit was die Kaapse Afrikaners, wat aan die kant van Engeland en bondgenote geveg het en enorme bedrae geld geskenk het vir hulle saak om teen Boere volk op te trek. Heelwat Afrikaners uit Natal en Kaapkolonie het op die Unie regering toegesak en die Unie parlement regeer. Dit is uit London gedoen – wetgewing is in 1909 afgekondig in London. Lords was ook teenwoordig in die Unie. Die duisende mynmagnate was afkomstig uit Brittanje en al haar bondgenote, daarom word daar vandag steeds van die mynmagnate se huise beskerm as museums.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO
Oud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republieke
Onafhanklike Volksidenteite en oplossing in Suid-Afrika
Selfs die konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid is nie alleen deur die Britte deurgevoer nie. Al die bondgenote het gehelp daarmee.
Boere, Groot Trek en Boere republieke
*
Swartes het hul eie gebiede destyds beset, en die Boere het niemand in hul gebiede ingedruk of geforseer nie. Swartes het van noorde afgekom en gebiede beset, gebiede wat die beste reënval gehad het. Shepstone was verantwoordelik vir die anneksasie van die ZAR (Transvaal) en die bloedige gevegte van die Anglo-Boere oorlog en konsentrasiekampe.
Feite Oor Transvaal en ZAR
Gedeeltes van Transvaal, was voorheen bekend as die ZAR, ‘n onafhanklik internasionaal erkende Boere repubiek. Die naam Transvaal was die naam wat gebruik is om na die Transvaalstreek te verwys gedurende die tydperk van direkte Britse heerskappy en militêre besetting tussen die einde van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1902 toe die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) ontbind is, en later die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 . Transvaal was een van die 4 provinsies.
*
Die Boere van die ZAR het geglo dat hulle in Burgers ‘n geleerde president gevind het wat in ‘n posisie sou wees om die land se vele probleme op te los en ‘n oorheersende invloed in die Transvaalse Volksraad (parlement) kon uitoefen. Die nuwe besem het inderdaad skoon gevee. Hy het hoë ideale vir die republiek gestel en kragtige hervormings in die administrasie, die regsbank en in die onderwys probeer teweeggebring. Hy het ‘n spoorwegverbinding met die nie-Britse hawe Delagoabaai (Maputo) as noodsaaklikheid gesien vir die ekonomiese voortbestaan van die land.
Tydens ‘n verblyf in Europa gedurende 1875 en 1876, toe hy probeer het om geld in te samel vir ‘n spoorweglening asook om die ZAR in die buiteland bekend te maak, het sy opponente tuis krag gekry. Ongelukkig vir Burgers het sy middele nie ooreengestem met sy ideale nie, sy vele projekte het op telkens op mislukkings geëindig.
Dit is iets om vir altyd te onthou – geleerdheid bring nie altyd al die kennis en mag na vore nie, soms word dit aangewend vir eie gewin. Soms is geleerdheid ook vals vlag of ‘n vals persepsie waartoe daardie persoon in staat is of nie. Sonder om vergelykings te tref, is daar sekere dinge in geskiedenis wat hulself herhaal om ekonomie te plunder. Na 1994 het ons in Suid-Afrika baie kommunistiese en diskriminerende wetgewings, juis om sommiges te bevoordeel sodat die land afgebreek kan word.
Burgers het homself nie ontsien in sy pogings om ZAR Boere republiek teen groeiende Britse imperialisme te versterk nie, met die gevolg dat sy gesondheid vinnig verswak het. Toe Transvaal in April 1877 deur die Britte geannekseer is, was Burgers fisies en finansieel ‘n gebroke man, alles deur sy eie toedoen. Sy magsbeheptheid het nie die Boere te hulp gesnel nie. Die oorlog wat voortgevloei het, bewys daarvan hoe die Engelse magte alles in hul vermoeë gedoen het om nie net die ekonomie af te takel nie, maar elke burger van die Boere republieke te verneder en te verwoes.
Daar word heelwat verwys na bankrotskappe in die tydperk, maar tog, as daar mooi opgelet word, is en was die Boere republieke nie arm gebiede nie. Dit was ook ‘n vals vlag wat aan ‘n paal gehang is deur die Britte en liberales.
Hy was ook nie ‘n groot gelowige persoon nie en ook lid as vrymesselaar.
Burgerspark
*
Verwante artikels, inligting en bronne
https://www.schanskraal.co.za/page/thomas_francois_burgers
*
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] President Thomas Francois Burgers […]
LikeLike