*
Robben eiland is nie baie groot nie. Dit is 545 ha groot en 12 km van die kus van Kaapstad geleë. Die eiland het ’n tipiese Karooklimaat vanweë die koue Benguela-seestroom. Dit is sedert 1999 as ’n Wêreld erfenisterrein verklaar. Daar kom ook verskillende voëlspesies op die eiland voor, was aangewend vir ‘n melaatse hospitaal, oorlog met eie tonnelnetwerk. Daar is verskeie geskiedkundige inligtingstukke oor die besonderse eiland naby Kaapstad.

*
Geskiedenis van die eiland
Robbeneiland se naam kom van die Nederlanders wat “rob-eiland” beteken. Robbe en voëls was die enigste lewe wat die Nederlandse setlaars in 1652 teëgekom het. Duisende jare gelede, toe Robbeneiland nog deel van die vasteland was, is die eiland deur mense bewoon.
Portugese
Die eerste aangetekende geval van Europeërs op die eiland was in 1498. ‘n Groep Portugese matrose het in ‘n grot oornag. Die voëls was hoofsaaklik Afrika-pikkewyne. Twee honderd jaar later, in 1654, het Nederlanders konyne op die eiland ingebring om as voedselbron vir verbygaande skepe te dien. Die hase het die pikkewynkolonie teen 1800 vernietig. Dit is tragies.

https://www.robben-island.org.za/limestone-quarry/
The Robben Island Limestone Quarry is one of the earliest features of human occupation on the island. It dates back to the mid-17th century. The quarry supplied the dressed stone for the foundations of the Castle of Good Hope in Cape Town.
https://www.cape-town-heritage.co.za/heritage-site/robben-island-limestone-quarry.html
Militêre basis, misdadigers en hospitaal
Sedert die einde van die 17de eeu is die eiland gebruik om bepaalde “ongewenste” indiwidue te isoleer. Aanvanklik is daar ’n tronk gebou om politieke leiers van verskeie Nederlandse kolonies, bv van Indonesië, aan te hou. Van 1836 tot 1931 was dit ’n “melaatse gebied” met ’n hospitaal vir melaatses.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog* (1939–1945) het dit as militêre basis gedien. Van die kanonne staan steeds daar. Reeds in die tyd toe dit ’n melaatse kolonie was, is ’n kerkgebou opgerig (as buitepos van die gemeente Kaapstad – die Groote Kerk-gemeente). Van toe af is gereeld op die eiland kerk gehou. Die hele eiland behoort aan die staat, behalwe die kerkerf wat aan die NG Kerk behoort.
In 1983 het ‘n nuwe kolonie Afrika-pikkewyne hulself op die eiland gevestig. Dit is nou ‘n belangrike broeikolonie vir die spesie waar meer as 13 000 voëls, die derde grootste kolonie Afrika-pikkewyne in die wêreld hulself geniet. Die eiland is ook ‘n broeihabitat vir verskeie bedreigde see- en kusvoëls spesies. Die hase word gejag en van kant gemaak om hul getalle laag te hou.
Vir meer as 300 jaar sedert die 17e eeu, het Robbeneiland ‘n plek van verbanning en gevangenisskap geword. Eers is slawe en krygsgevangenes daarheen gestuur om klip te kap en skulpe vir kalk te verbrand vir die bou van die nedersetting Kaapstad. Die gevangenes wat daarna gekom het, sluit in burgerlikes, soldate, godsdienstige leiers, ‘n prins, selfs Suid-Afrika se president, Nelson Mandela.
Die eerste opgetekende gevangenes was twee Portugese gevangenes wat in 1525 op die eiland gelaat is. In 1615 is Engelse gevangenes op die eiland gelaat. Die bekende Autshumato, ook bekend as Harry die strandloper (wat “Harry the Beachcomber beteken”) was ook ‘n gevangene op die eiland ná meningsverskille met die eerste Nederlandse setlaars. Voor dit het hy van 1632 tot 1640 op die eiland gewoon en as skakel tussen verbygaande skepe opgetree.
Die tronk is in 1846 gesluit en Robbeneiland het ‘n afsonderingsafdeling geword vir melaatsheid, geestesiektes en ander chroniese siektes waarvoor daar geen genesing en min behandeling was nie. Die melaatse kolonie is in 1931 gesluit.
Planne is gemaak om die eiland as ‘n vakansieoord te ontwikkel, maar dit is gestop teen die begin van die Tweede Wêreldoorlog. Tydens die oorlog (1939-1945) het die eiland as opleiding- en verdedigingstasie gedien. Na die oorlog is dit steeds gebruik as ‘n basis vir opleiding vir die vloot.
In 1959 is die eiland deur die Gevangenis departement oorgeneem en gestig as ‘n maksimum sekuriteitsgevangenis vir politieke gevangenes wat deur die vorige regering gevonnis is, sowel as gewone misdadigers. Die laaste politieke gevangenes het die eiland in 1991 verlaat en die tronk het uiteindelik in 1996 gesluit.
Sedertdien is dit as ‘n museum ontwikkel.
*
Bronne en ander verwante inligting / artikels
https://www.cape-town-heritage.co.za/heritage-site/robben-island.html
Robben Eiland tonnels 1939
Tafelberg se natuurlike windturbines
Cape of Good Hope 6 April 1652
Wie en wat was Krotoa (Eva) (2)
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Robben Eiland […]
LikeLike
[…] Robben Eiland […]
LikeLike
[…] Eiland tonnels 1939Robben EilandRobben eiland […]
LikeLike
[…] Robben Eiland […]
LikeLike
[…] Robben Eiland […]
LikeLike
[…] Robben Eiland […]
LikeLike
[…] island – NatoRobben EilandRobben Eiland tonnels 1939NAURU REPUBLIEK […]
LikeLike
[…] Robben Eiland […]
LikeLike