Vliegtuig 1911 Vrystaat

*

In 1907 het John Weston ( Maximilian John Ludwick Weston, ñ Suid-Afrikaanse ingenieur, sy vliegtuig in Brandfort in die Vrystaat gebou. Die vliegtuig was van hout gebou, met seil en/of materiaal oorgetrek. Die enjin was nie sterk genoeg nie en hy moes veranderings aanbring.  ‘n Paar jaar later was dit meer geslaagd.    Dit was in 1910, nadat hy die enjin Frankryk toe geneem het waar dit aangepas is en weer teruggestuur is SA toe.   In 1911 slaag John Weston sy vliegopleidings toetse in Frankryk as vlieënier en kon hy dit handig gebruik.

*

Op 16 Junie 1911 vlieg John Weston die eerste vliegtuig in Suid-Afrika. Hy styg op in Kimberley met sy Weston-Farman Biplane (dubbelvlerk) en behaal ñ vlugrekord van agt en ñ halwe minuut in die lug.

Wie is John en waarvandaan?

John Weston is in ñ ossewa op 17 Junie 1873 by Fort Marshall naby Vryheid in Natal gebore. Hy het die meeste van sy jeugjare in die VSA deurgebring. Tydens die Anglo-Boere oorlog keer hy terug na SA om die Boere te kom help veg. Na die oorlog was hy brandarm en keer eers weer terug na Amerika toe.  In 1905 keer hy weer terug na SA.

In 1906 het hy in Bloemfontein met Lily Roux getrou. Die egpaar het later 3 kinders gehad, 2 dogters en 1 seun.

Daar was ook rampe wat hom later getref het.   Meestal meesgemaakte probleme en rampe.

In 1912 het sy vliegtuigstoor (hanger) afgebrand as gevolg van brandstigting.   In 1913 het ñ groot stofstorm sy vliegtuig lelik verwoes.    Gedurende 1912 onderhandel hy met Jan Smuts en sy regering om as raadgewer op te tree in opleiding van vlieëniers en die vestiging van ñ militêre lugvaart.   Dit was nie suksesvol nie.   Daarna begin sy omswerwinge in en uit SA.

Moord op ‘n plaas

Gedurende 1933 het hy ñ plaas in Bergville distrik gekoop waar hy geboer het.    Op 24 Julie 1950 is hy en sy vrou op die plaas aangeval. Lily was baie ernstig beseer maar het oorleef. John het gesterf as gevolg van die aanval en moord op ouderdom 78.

John Weston se vliegtuig is tans in die Nasionale Museum in Bloemfontein.

Admiraal John Weston , baanbreker in Suid-Afrikaanse lugvaart.

No photo description available.

Bronne en inligting

𝗝𝗼𝗵𝗻 𝗪𝗲𝘀𝘁𝗼𝗻 𝗮𝗻𝗱 𝘁𝗵𝗲 𝗚𝗻𝗼𝗺𝗲 𝗮𝗲𝗿𝗼𝗽𝗹𝗮𝗻𝗲 𝗲𝗻𝗴𝗶𝗻𝗲.

Vliegtuie 1915  – Kimberley

*

Lewer kommentaar