Python – Luislang – De Wildt (Pretoria)

 

Nie enige persoon kan so ‘n groot Luislang vang nie.  ‘n De Wildt-inwoner naby Pretoria,  is ‘n paar keer gebyt en moes uiteindelik ‘n 4 meter luislang duik gedurende ‘n poging om die slang te vang en alles te beveilig.   Al ooit gewonder hoe byt so ‘n slang – kyk gerus self.  A De Wildt resident from De Wildt, near Pretoria, was bitten several times and eventually had to dive a 4 meter python during an attempt to capture and secure the snake. Ever wondered how such a snake bites – see for yourself.

Kobus Pieterse (62), ‘n De Wildt-inwoner is ‘n slanghanteerder wat by die African Snakebite Institute geregistreer is.  Hy word gereeld in die De Wildt- en Pretoria-Noord-omgewings uitgeroep om slange by wonings te verwyder, maar dit is min dat hy hom in so ‘n bielie vasloop.

“Ek is deur die Zilkaats Estate ontbied na werkers die massiewe luislang naby hul huise opgemerk het. Omdat daar kinders en diere op die perseel is, het hulle gevoel die slang hou ‘n gevaar in vir die inwoners. Toe ek daar kom was die slang alreeds kwaad.

Slange van die grote kan tot 1.5 m na ‘n persoon duik om te byt.   Ek was op pad om hom agter die kop te gryp toe hy omdraai en begin wegseil. Ek het hom geduik en aan die stert beetgekry. Toe draai hy om en byt eers na my seun en toe kry hy my beet,” lag Kobus.

Die luislang het hom in die been en arm gebyt en toe boonop Kobus se voete onder hom uitgeslaan. Gedurende die onderonsie kon Kobus die slang agter die kop beetkry en in ‘n groot asblik plaas.

“Dit is ‘n indrukwekkende dier en dit is ‘n voorreg om so grote hier te sien.”
Die luislang is kort daarna weer in die Magaliesberg in die De Wildt-omgewing vrygelaat.

https://kormorant.co.za/en-toe-duik-hy-die-luislang/?fbclid=IwAR3BbmQJHQqas87dRGF3bgsk0W_aKaEDjOW1Fn4ykkmoMWAEoko61MJJTcc


*

DE WILDT – Python – Luislang
https://www.youtube.com/watch?v=ZDXxihkNwYM&feature=emb_logo

Kobus Pieterse, 62, a De Wildt resident is a snake handler and registered with the African Snakebite Institute.    People called him out  in the De Wildt and Pretoria North areas on a regular basis to remove snakes at homes, but it is rare that he trapped such a big one.

“I was summoned by the Zilkaats Estate after workers noticed the massive python near their homes. Because there are children and animals on the premises, they felt the snake posed a danger to them. When I got there the snake was already angry.

Snakes of that size can dive up to 1.5 m to bite a person. I was on my way to grab him behind the head when he turned around and started sailing away. I dived and grabbed his tail. Then he turned around and bit my son first and then he grabbed me, ”laughs Kobus.

The python bit him in the leg and arm and then knocked Kobus’s feet under him.  Kobus was able to grab the snake behind his head and put it in a big trash.   An impressive animal and it is a privilege to see such a big one here.”   The python was released shortly afterwards in the Magaliesberg in the De Wildt area.

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s