Orania – interview – Afrika

Suid-Afrika bestaan uit verskeie  minderheidsvolke – wit, swart en bruin.   Asook met miljoene immigrante uit die noorde en wêreldwyd wat geen sensus op gedoen word nie – niemand weet die werklike getalle in Suid-Afrika nie – meestal is dit beraam (estimated).   Hier is ook ‘n paar miljoen blankes wat hul eie kultuur, tradisies, taal en identiteit het, net soos wat die Zoeloe en Xhosa swart is, is daar ook bruin volke soos die Khoi San en Griekwas.   Almal verskil van mekaar.  Tradisioneel bly hul steeds nie saam onder een sambreel nie.

Related image


Swartes in Suid-Afrika is almal minderheidsvolke, waarvan die Zoeloevolk die grootste bevolkingsgroep is.     Daar is heelwat swartes wat ook Afrikaans of nie net hul eie moedertaal spreek nie.

Indien ‘n blanke Zoeloe praat, maak dit nie van so ‘n persoon ‘n Zoeloe nie.

Verwoerd is beslis ook nie die “argitek van apartheid of aparte gebiede nie”.   Dit het voor 1900 ontstaan.    In 1961 het Verwoerd die reservate gekry wat reeds voor 1900 ontstaan het.  Die hele Afrika het voor 1900 uit Tuislande bestaan.

Die Britte het die grondgebiede geannekseer en gekolonialiseer – en die twee onafhanklike Boere republieke ook.

Indien dit nie so was nie, is daar steeds honderde wetgewings asook Hansards wat die teendeel bewys.  Daar is selfs Afrika kaarte wat dit steeds uitwys en daarom handhaaf ‘n Zoeloe, Khoi San en elke ander etniese volk steeds hul kultuur en identiteit na 1994, met hul eie tradisionele monargie en koninkryk in hul eie Ingonyama trustgebied soos voor 1994.

Dis net wanneer ons Afrikaners en Boere daarvan durf praat, word dit as “apartheid” beskou.  Dan word blankes as rassiste uitgekryt.

Luister na die volgende gesprek wat heel onlangs uitgesaai is en beskikbaar is.   Dit is hoe die Afrikaner en Boere volke as minderwaardig beskou word.   Indien ek Frans of Italiaans leer om te emigreer, neem dit nie my wortels van my Boer- of Afrikanerskap weg nie, dit verdwyn nie.

Daarom is ‘n onafhanklike gebied ons enigste uitweg waar elke volk hulself kan en mag regeer.  Respekteer ander volke, maar verwag dieselfde terug.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s