Nog ‘n bejaarde vrou vermoor – mag sy in vrede rus. Sterkte en innige simpatie aan die naasbestaandes en geliefdes. Met selfbeskikkingsgebiede waar ons onsself regeer kan ons beter beskerming bied aan veral ons ouer mense.

Bejaarde vrou in Vredendal vermoor
’n Vrou wat van Bloubergstrand na Vredendal verhuis het omdat sy van haar handsak in ’n winkelsentrum beroof is, is in haar huis op dié oënskynlik veilige dorp vermoor.
Die lyk van Martie Louw (77) is Vrydag tussen 18:00 en 19:00 gekry nadat haar skoonseun gaan ondersoek instel het.