Kennis is mag – Front Nasionaal

 

Op 8 Mei 2019 stem ons vir ‘n mandaat om selfbeskikking te bekom – hou die media dop vir die amptelike afkondiging!  Kies ‘n volksparty soos Front Nasionaal om dit te doen.   Selfbeskikking:   volle onafhanklikheid / volle soewereiniteit.  Ons is genoeg onderdruk onder die kommunistiese sfeer – ons is nog minder veilig en met die swaar van onteiening oor ons koppe kan enige iets gebeur.  Swart bemagtiging is nooit gestop nie, terwyl misdaad, moorde en korrupsie die land oorheers.  Ons verdien vryheid as volk en het ‘n internasionale reg daartoe.
Kennis is mag – en ons benodig altyd manne en vroue wat die nodige kennis het om selfbeskikking verder te neem om volwaardige en onafhanklike gebied(e) te verkry.  Ons het almal een ding in gemeen, om deur ons eie leiers wat ons gekies het, in ons eie onafhanklike gebiede te regeer.   Verwys na internasionale reg is dit 100% dat volke die reg het om oor hulself te regeer, veral as hulle onderdruk word, wat tans gebeur.
Op die foto is vlnr:h
Rickus Nel
Dr Dan Roodt
Mr Koos Reynecke
Willie Cloete van Front Nasionaal

Image may contain: 4 people, people smiling, people standing

EXCO LEDE VAN FRONT NASIONAAL
Daniel Lötter – Party Leader
Gordon Fox – Chairman
Lenel Wessels – Operations
Jaco de la Rey – Treasurer
Angus de Jager – Executive

website
https://www.frontnasionaalsa.co.za/

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

***

TER INLIGTING

BEKENDE VF+’er SLUIT AAN BY FRONT NASIONAAL
Front Nasionaal SA  (FN)

Die voorsitter van die VF+ se Kleinfontein tak in Gauteng, Rickus Nel, het oorgestap na FN.   Dis verblydende nuus.    Nel sê dat sy bedanking vroeër hierdie week volg op ‘n tydperk waarin hy ernstige vrae begin vra het oor die koers wat sy vorige party nou inslaan. Die aanwysing van Peter Marais as Wes Kaapse Premierskandidaat was vir hom die laaste strooi en hy het besef dat FN se beleid oor selfbeskikking meer versoenbaar is met sy persoonlike beginsels.   ‘n Aantal lede van die tak het ook reeds aansoek gedoen om lidmaatskap van FN en sal binnekort voortgaan met die stigting van ‘n FN-tak by Kleinfontein.   Rickus is vanoggend amptelik by FN verwelkom tydens ‘n lewendige gespreksessie oor FN se beoogde pad na selfbeskikking nà die verkiesing op 8 Mei.

Die gesprek is bygewoon deur nog twee prominente figure wat hulle vereenselwig met FN se selfbeskikkingsideaal- dr Dan Roodt (stigter van die Pro Afrikaanse Aksiegroep – Praag) en mnr Koos Reynecke, bekende argitek en voormalige senior KP man, wat allerweë beskou word as ‘n deskundige op die gebied van die selfbeskikkingsreg van volkere.

***

Koos Reyneke Ricus
Dankie vir die uitnodiging om die belangrike gesprek by te woon. Ek het destyds vir die KP, op dr Treurnicht se persoonlike versoek, net as Parlementskandidaat teen Chris Fismer gestaan omdat die Tukkie studente nuwe denke gesoek het en reeds deur die NP-konkelspul begin sien het.. Darem 3,800 stemme onder hulle gekry, maar kon nie Fismer uitknikker met FW en Lappa Loubsher se persoonlike steun in Rissik nie! Die NP het skoonskip gemaak onder al die ouetehuise en bejaardesorgsentrums in Rissik… Die saadjie vir Afrikaner Selfbedkikking is egter behoorlik onder studente geplant!
In ‘94 het 639,500 Boere en Afrikaners vir ‘n Afrikaner Volkstaat gestem, met die oorweldigende stem hier in en om Pretoria..
Net baie jammer, dat die beroepspolitici in die VF, daardie Afrikaner wat vir ‘n Volkstaat gestem het, verraai en in die rug gesteek en die Akkoord en Volkstaatraad se aanbevelings van ‘n Volkstaat weerskante van Pretoria, by die Parlement weggesteek het as gevolg van hulle “goeie verhouding met Mandela en die ANC” en ook eiebelang in Orania…  Kierankies het nou begin braai!

***

Stem 100% saam met Koos se kommentaar hieroor.   Tans is al ons blankes met ons rug teen die muur, omdat daar nie voorsiening gemaak is vir ons in die Kodesa – fw de klerk – anc – sakp – da – grondwet nie.   Die grondwet beskerm ons hoegenaamd nie en die meerderheids regering, wie hulle ookal is, maak nes hulle wil met hul vernederende swart bemagtiging en taal vernietiging.  Die wat nou nog nie weet die grondwet wat op die boeke is , is ou fw de klerk en roelf meyer se saamgekoekte grondwet nie, sal dit nooit weet nie.  Die wat dit tans probeer verdedig is netso saam die hele spul.  Daar was geen mandaat vir hierdie grondwet nie en is ons konserwatiewe volk vir die kommuniste gegooi om verslind te word.

Dit is ook nie ‘n geval dat ander volke nie ook ‘n reg het tot volle soewereine gebiede nie, hulle weet dit, hulle is almal ingelig dat hulle dit kan verkry.  Hulle weet dit al sedert 1961 dat daar so iets is.

Inteendeel, as die Parlementêre Hansards en notules nagegaan word, het Trustgebiede en CPA’s die plek ingeneem van die ou Trustgebiede, en ou wetgewing van Tuislande, is ook nie apartheid nie, maar is almal met nuwes vervange.  Nuwes wat meestal net voorsiening maak vir kommunale regte in die gebiede.

Binne die huidige grondwet en is daar oor die 30 miljoen etniese swartes en khoisan (bruin mense) reeds binne hierdie konsep ingetrek.      Hulle het voor 1994 nie saamgestem om te “reënboognasie” nie.   Daar is witskrifte daaroor.

Nou waar kom die ander miljoene,  swartes en selfs uit die “ooste” dan vandaan waarmee ons moet “reënboognasie” speel  – immigrante wat al hier kom vestig het, wat beslis waar is, daarom is daar ook soveel werkloses, HOP huise word uitverhuur of verkoop, hulle kinders gaan gratis hier skool,  gratis fietse en rekenaars word uitgedeel, hul kry alle dienste, selfs mediese sorg, gratis.  Heelwat is ingedeel in metro of munisipale gebiede, wat deel is van die wat so “gratis Eskom” krag verkry (of steel).  Daar is oor die 17 miljoen wat “sassa” toelaes kry.   Msisdaad, anargie en protesaksies is ‘n daaglikse lewenswyse, nes soos hulle gewoond is in die res van Afrika.

Immigrante word aangemoedig om hier te hervestig deur “Binnelandse Aangeleenthede” sowel borge oorsee , veral uit die EU lande uit.   R100000 pryse word uitgedeel.

***

6 FEBRUARY 2019

FORMER NCP PARTY SECRETARY JOINS FRONT NATIONAL
Front National SA

We are indeed honoured to welcome mr Trevor Stumke, former national secretary to the National Conservative Party, back with Front National.

Joining mr Willie Cloete, former leader of the NCP, and mrs Tess Riekert, former Exco member of the NCP, mr Stumke is just one of the literally hundreds of people joining FN since the announcement by mr Cloete of his intention to join FN.

We are in the process of establishing a number of new branches in Gauteng and elsewhere and will give detail of those on this page.

In the meantime we sincerely welcome Trevor back home. We have sorely missed his level-headed, honest and well-considered points of view and solid advise on many issues over the years. It is good to have old friends back home!

Mr Stumke’s statement read:

It is with the deepest regret that I must advise you that the political party I have been promoting for freedom and self-governance for the Boere Afrikaner Nation, National Conservative Party / Nasionale Konserwatiewe Party (NCP / NKP) has been hijacked and, despite denials by the party National Chairman, Schalk van der Merwe, it is logical that the policy has changed from exclusive independence for the Boere Afrikaner Nation, to include other nations.

According to a post, the party will be managed by the executive, who, by the way, all share his opinion and none have the integrity to oppose or contradict him.

That is the bad news, now for the GOOD NEWS.

Those who have been working for self-determination in conjunction with allies at the Afrikaner Strategic Commission (ASK), including the former party Leader, Willie Cloete, have aligned themselves with the party Front National whose ideology is exactly the same as the previous ideology of NKP.

If I might impose, would you please consider voting for Front National in the coming election to give them a strong mandate to pursue self-determination, exclusively for the Boere Afrikaner Nation?

***

30 Januarie 2019

NOG ‘N NKP BESTUURSLID SLUIT AAN BY FRONT NASIONAAL

Kort na die aankondiging gisteraand van die voormalige leier van die NKP dat hy besluit het om hom aan te sluit by FN, het nog ‘n Dagbestuurslid van die NKP vanoggend aansoek gedoen om lidmaatskap van Front Nasionaal.

Net soos Willie Cloete het ook Tess Riekert besluit om haar bande met NKP te verbreek. Die deurlopende en konstante persoonlike aanvalle en venyn teenoor politieke opponente vanuit die geledere van die party was vir beide mev Riekert en mnr Cloete nie langer versoenbaar met hulle eie norme vir aanvaarbare optrede nie en beide het dit dan ook baie duidelik gestel.

Front Nasionaal is dankbaar dat ons die geleentheid het om ou verdeeldheid uit die weg te ruim en hande te vat om die saak van ons volk en hulle reg tot selfbeskikking te dien. Mnr Cloete en Mev Riekert het albei geweldig baie om by te dra en hulle bereidwilligheid om dit saam met ons te doen is ‘n voorbeeld van die krag van eenheid en gewilligheid om saam te werk, ten spyte van eertydse verskille.

Die hele kwessie het ook opnuut beklemtoon dat ons ‘n volk van beskaafde mense is en dat die afstootlike gewoonte om politieke verskille te personifiseer en dan gemene en venynige aanvalle te loods, vir die intelligente en gemanierde deel van ons volk afskuwelik is.

By hierdie omskrywing sluit ons in die amateuragtige en onopgevoede wyse waarop daar vanoggend vanuit die sykant ‘n aanval geloods is op mnr Cloete se integriteit deur ‘n persoon wat nie met hom of enige van FN se Dagbestuurslede persoonlik bekend is nie of enige verbintenis met Front Nasionaal of die NKP het nie. Ons vind sodanige optrede betreurenswaardig en veroordeel dit ten sterkste.

Mnr Cloete het, soos mev Riekert ook vanoggend, verklaar dat hy uit eie wil en oortuiging by FN aansluit en hy is tans ‘n gewone lid van die party soos duisende ander. Ons admireer hom daarvoor dat hy oortuiging en beginsel gestel het voor eie belang.

Die bewering dat die Voorsitter van Front Nasionaal se Dagbestuur die skrywer van mnr Cloete se verklaring van bedanking is en dat dit vooraf reeds onder die oë van die NKP se voorsitter was, is maar net nog een van die blatante leuens wat versprei word. Ons plaas op rekord dat dit gewoon onwaar is.

Mev Riekert sluit aan by FN ook as gewone partylid en gaan voort met haar lofwaardige werk deur haar welsynsorganisasie. Die organisasie word nie deel van FN se strukture nie.

***

29 Januarie 2019

WELKOM TUIS
Front Nasionaal SA

In hierdie tyd waarin ons leef is dit so bitter raar dat ‘n mens die geleentheid kry om reg te maak wat verkeerd gegaan het. As sulke geleenthede oor jou pad kom, dan gryp jy dit aan.

Aan die einde van November 2015 het Front Nasionaal deur ‘n tragiese proses van skeuring gegaan wat gelei het tot die stigting van ‘n tweede politieke party vir selfbeskikking. Vir die afgelope paar jaar leef ons dus in verdeeldheid.

Dit was ‘n fout en dit moes reggemaak word.

Sedert November verlede jaar was daar dus gesprekvoering tussen die leier van die NKP, Willie Cloete (wat destyds die onderleier van FN was) en die leierskap van Front Nasionaal.

Die afgelope Vrydagaand was daar ‘n ontmoeting in Pretoria tussen Willie Cloete van NKP en Daniel Lötter van Front Nasionaal, tesame met adv Jurg Prinsloo, Gordon Fox en Jaco de la Rey.

Ons boodskap aan mekaar was: Daar is meer wat ons met mekaar deel as wat ons uitmekaar hou. Die skeurmakers van 2015 is nie meer deel van die NKP of Front Nasionaal nie. Kom huistoe. Laat ons hande vat en voluit werk vir ons mense se toekoms.

Willie Cloete het derhalwe vroeër vanaand ‘n verklaring uitgereik waarin hy sy besluit om oor te stap na Front Nasionaal bekend maak.

Namens Front Nasionaal is dit derhalwe vir my ‘n ontsettende voorreg om aan Willie Cloete te sê: “welkom tuis”

Oor presies hoe en waar hy gaan inskakel en hoe die pad vorentoe gaan sal ons oor die volgende weke besluit. Vir die oomblik is die belangrikste: Ons kon vandag ‘n slegte stuk geskiedenis begrawe en die gesig draai na die toekoms.

En ons nooi die ondersteuners van Front Nasionaal en van NKP en al ons ander vriende hier om die pad na selfbeskikking verder met ons te stap.

Daniel Lötter
Voorsitter: Dagbestuur
Front Nasionaal SA

***

FORWARD ALL THE WAY
Front National SA

Over the last few days we have experienced an unexpected increase in applications for membership of Front National. This follows four occurences in the political world the last week or two:

1) The DA’s handling of the DA Youth Leader in Schweizer Reneke’s disasterous actions. We have seen many, many people say: I will not vote DA again, this time I vote for my principles. Their support of FN we sincerely appreciate

2) The announcement of the Freedom Front+ of mr Peter Marais as Premier candidate for the Western Cape. Quite a number of people who applied for membership said: We have no objection to the man’s race, but about his history and profile we have nagging doubts. We cannot trust him and we feel safer with FN’s policy. We bid you a fond welcome as well.

3) The decission by mr Willie Cloete, former leader of the National Conservative Party, and one of his executive leadership members, to cross the floor and join Front National. A large number of new applicants stated: I respect Willie Cloete and what he does and I want to join him at FN. To you we also say: Welcome home.

4) Front National clarified this week that we are not a party for only Afrikaans speaking people, but that we sincerely welcome our fellow countrymen of European descent as members and supporters. This statement was reflected in the applications almost immediately. To you we say: Welcome, Bem vinda, Kalos Irthath, Herzlich Willkommen.

On behalf of the leadership of Front National I wish to extend a very sincere welcome to each and every one of these new members. We are really moving forward now.

Some time over the weekend we plan to announce another agreement which we have just reached and through which we will open possibilities for safety, security, training, education for our children, job creation and addressing poverty as a counter action for BEE and Affrimative Action. We have been working on this for months and we are very excited about it.

Our Facebook page reached 84 883 members and 87 111 followers last night. That is exactly 2010 members up from 1 January!

Please invite everybody on your friends list to join as well, share our posts and become actively involved. By this time next week we will probably know the date of the election.

If we all join hands and tackle it together, we CAN make an impact and we WILL re-establish ourselves as a political force in this country again.

We CAN, we WILL!

Front National South Africa!

 

Advertisements

Een gedagte oor “Kennis is mag – Front Nasionaal”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s