Inderdaad het die skool ‘n pragtige wapen en ook ‘n kort, maar kragtige leuse:
Oorwin deur volharding. Pragtige foto’s wat die werklikheid weerspieël.


DIE BELANGRIKE SKAKEL: ONDERWYSERS
Pragtige span
http://www.hsdriehoek.com/onnies/
*
AKADEMIE EN VAKKE
http://www.hsdriehoek.com/akademie/
*
KERK PERIODES
Een van ons skool se belangrike elemente is dat ons Onbeskaamd Christelik is. Dit word uitgeleef in ons skool in `n wye area. Ons het elke woensdag by die skool `n kerkperiode waar ons graag leraars nooi om vir die leerders toepaslike Christelike boodskappe oor te dra. Die kerkperiodes word dan gebruik om belangrike geestelike groei te bevorder en om leerders in staat te stel om probleme in hulle lewens op `n Christelike fondasie op te los. Dit word gedoen deur relevante en lewenswerklike inligting met leerders te deel wat hulle geestelik bevorder en bemoedig.
Elke Donderdag is daar ook dan `n klein groepies periode waarby die leerders met mekaar gesels oor kernidees waarvan hulle die vorige dag geleer het. Hierdie groepies word deur leerders gelei wat opgelei word om met ander leerders te deel en te help met die leerproses. Die klein groepies gesels en deel dan ervarings van hulle eie lewe en help mekaar deur mekaar te bemoedig.
*
Die skool sien om na die leerders se sportontwikkeling, liggaamlike en fisiese toestande:

Aandskool – oorwin deur volharding


http://www.hsdriehoek.com/hoekies/sosiaal/aandskool/
*
Die koor van Hoerskool Driehoek maak deel van die skool se trotse kultuurtradisie uit. Die koor word dikwels vir optredes genader en het al vele hoogtes bereik. Hulle neem jaarliks aan die plaaslike kunsfeeste deel en verwerf A++- simbole. Hulle het ook by die National Eisteddfod Academy presteer deur Diplomas te verwerf en as streekswenners aangewys te word.
Die klankbaan van elke musiekblyspel word driestemmig deur die koorleiers verwerk en deur die koor opgeneem. Hiermee het die koor ook gedurende 2016 ‘n Diploma van die NEA verwerf. Die koor se ledetal vir 2016 se produksie was 80.

*
Leerders van Hoerskool Driehoek kry jaarliks die geleentheid om aan twee debat-geleenthede deel te neem, nl. ATKV en die Vaaldriehoek debatliga. Aangesien debat eers op hoërskoolvlak beoefen word, bied ons kursusse aan en woon die ATKV se kursus by om leerders bekend te stel en toe te rus vir die debat-kuns.
http://www.hsdriehoek.com/hoekies/sport/
Daar is verskeie soorte sport:
Atletiek, gymnasium en krieket maar een van vele




DRIEHOEK
https://www.facebook.com/groups/962127763799737/permalink/1201858473159997/