Haatspraak wetgewing: Front Nasionaal

DIE TWEEDE WET WAT HARD GAAN KLAP
Front Nasionaal SA
31 Desember 2019  is die laaste dag waarop insette en besware ingedien kan word teen die beoogde Wet op Haatspraak en Rassisme. Die wet is op 29 Maart 2018 gepubliseer en het nou feitlik die hele grondwetlike roete geloop. Na vandag sal dit Parlement toe gaan en as dit daar aanvaar word, sal die heksejagseisoen in Suid-Afrika oop wees.
Image may contain: text

Front Nasionaal het reeds in verlede jaar ons insette gelewer en lede genooi om self ook besware in te dien.

Soortgelyke wetgewing bestaan alreeds in ‘n paar ander lande, waar die belaglikste strawwe opgelê word. In Duitsland is die 90jarige mevrou Ursula Haverbeck verlede jaar vir die tweede keer tronk toe gestuur omdat sy gesê het sy glo nie die storie van 6 miljoen Jode wat deur die Duitsers vergas is nie. Moenie verbaas wees as soortgelyke dinge eersdaags hier gaan gebeur nie.

Kom ons kyk na die wet:

Artikel 4. (1) (a) bepaal dat jy die wet oortree as jy doelbewus iets publiseer, propageer of argumenteer of aan een of meer mense kommunikeer en dit wat jy doen of sê kan beskou word as met die doel om haat aan te hits.

Artikel 4 (1) (b) bepaal verder dat as jy so-iets VERDER VERSPREI, met ander woorde, slegs die “share” funksie gebruik op Facebook om iets wat as haatspraak beskou kan word verder te stuur, het jy ook die wet oortree.

Nou wat word dan beskou as haatspraak? Artikel 3. (1) bepaal 17 dinge waaroor jy nie mag kritiek lewer nie, anders word dit as haatspraak beskou.
1) Ouderdom
2) Albinisme
3) Geboorte
4) Velkleur
5) Kultuur
6) Gestremdheid
7) Etniese of maatskaplike agtergrond
8) Geslag of geslagsidentifikasie
9) HIV Status
10) Taal
11) Nasionaliteit, immigrasie- of vlugtelingstatus
12) Beroep of vakmanskap
13) Politieke oortuiging
14) Ras
15) Geloof
16) Seks
17) Seksuele oriëntasie

Kortliks saamgevat:

Grappies oor blondines, ou ooms en jong blare, Van der Merwe en Gatiepie grappies, skelm prokureurs, en Skotte wat suinig is terwyl Iere “dom” is, is nou alles haatspraak. As die dominee van die kansel af sê: “Christus is die weg en die waarheid en die lewe, niemand gaan na die Vader behalwe deur HOM nie,” dan pleeg hy haatspraak, want Mohammed en die voorvadergees word aanstoot gegee. En die dae wanneer ‘n man met ‘n bolla op die kop of ‘n poniestert voor jou loop en jy sê: “Hmmm, lyk soos mamma en piepie soos papa” is ook nou verby. Maak ‘n grappie oor hoeveel mense in ‘n minibus taxi kan pas, pleeg jy haatspraak op grond van ras en kultuur. En daardie gewilde grappies oor wat die Hollanders ‘n kat noem…nee, haatspraak!

En so kan jy dit verder gaan meet teen elkeen van die 17 kategorieë van “slagoffers” wat gelys word.

Kom ons maak maar vir ons reg. Hierdie wet gaan nog aangepas word om die sing van Die Stem en die vertoon van die ou vlag te verbied. Onder hierdie wet gaan mense tronk toe gestuur word as hulle sê dit het voor 1994 beter gegaan in die land – nes mevrou Haverbeck in Duitsland.

Onder hierdie wet gaan mense uit minderheidsgroepe in Suid-Afrika genadeloos gejag en vervolg word. Onderwysers, joernaliste, predikante, politici en elke ou met ‘n profiel op Facebook of lid van ‘n Whatsapp groepie gaan hulle sit en opstaan moet ken, want die klagtes gaan in hope by die Polisiestasies ingedien word!

Mense sal moet leer om hulle woorde te tel.

***

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

read also
“Hate speech” Hate crimes Bill

Advertisements

2 gedagtes oor “Haatspraak wetgewing: Front Nasionaal”

  1. Nou gaan daar baie van die rooi hempies, geel hempies en swart hempies in die tronk beland.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s