Naaldekoker – Dragonflies

Die Naaldekoker se bydrae in die natuur moet nooit onderskat word nie.   Hulle is soos ander diere geprogammeer om dit wat hulle doen, 100% met presiesie en sukses uitvoer om te oorleef.   Daar is meer as 5000 aangetekende Naaldekokers.   Miljoene jare gelede was hulle ook groter as vandag.

Image may contain: plant, outdoor and nature

Daar is bykans geen Naaldekoker wat nie uniek mooi is eie eienskappe wat by hom/haar pas.   Sommiges is getooi in glinsterende metaalkleure, ragfyn en sierlik, as hulle op ‘n blaar of ‘n grasstingel  langs die water gaan sit en wag vir hul prooi. Maar in dié flambojante broosheid skuil ’n insekhartjie vol venyn teenoor ander insekte – honger wat stilgemaak moet word.   Ander insekte moet ook bang wees vir hul jagters, hoe anders, hulle is vinnig en doelgerig as hul op hul prooi toesak en vang.  Hulle is nie skadelik vir mense nie.

•  Die orde Odonata (“die getandes”) bestaan uit die Anisoptera (naaldekokers), Zygoptera (waterjuffers) en Anisozygoptera (’n grootliks uitgestorwe groep wat nog slegs deur twee lewende spesies verteenwoordig word).

Let op as daar langs ‘n rivier of dam ontspan word, hoeveel van hulle vlieg daar rond.  Soms hang een feitlik roerloos bo die water aan die oewer. Dáár sig-sag ’n ander deur die riete agter ’n skoenlapper aan. Doer plons nog een kop eerste in die water om die een of ander prooi te vang.

Naaldekoker-wêreld is iets uniek anders en van lankal af prikkel dit reeds die mens se verbeelding.  Hoekom kan ons nie ook sulke blitsvinnige radar toestelle ontwerp nie? Daar was trouens eenmaal die bygeloof dat naaldekokers kinders se monde kan toewerk – dalk met die “naalde” wat hulle uit hul “kokers” sou haal, wie weet? Naaldekokers het selfs die onverdiende reputasie gehad dat hulle “perdestekers” en “muile-moordenaars” is.  Sien die video materiaal wat getoets is hoe groot is hul prooi wat hul jag.

.


NIMF STADIUM

DIE nimfe van naaldekokers en waterjuffers is feitlik deur die bank waterbewoners. Waterjuffernimfe is binne ’n jaar volgroeid, maar naaldekokernimfe bring enigiets van twee tot vyf jaar onder die water deur. Albei soorte haal deur middel van kieue asem.   Naaldekoker-nimfe haal asem deur water aan die punt van agterlyf in te trek en uit te stoot. Die water spoel oor die kieue wat aan die agterkant van die spysverteringskanaal lê. Die suurstof gaan by wyse van eenvoudige diffusie na die lugbuise.   Sekere naaldekokernimfe maak van hierdie stelsel gebruik om aan vyande te ontsnap. As hulle skrik, stoot hulle die water heftig uit en skiet sodoende vorentoe.   Die kieue van waterjuffernimfe vorm uitwendige blaaragtige uitsteeksels of lamellae aan die punt van die agterlyf. Dié lyk dikwels soos yl varingblare.   Die volwassenes lê hul eiers naby aan water.   

Wanneer die nimfe gereed is om die land aan te durf, klim hulle teen die stingel van ’n plant op wat in die water staan, of hulle lê op ’n plat klip waar die water hulle net-net bedek. ’n Bars verskyn in die vel en die sagte, kwesbare volwasse insekte wring hulle uit tot in die nuwe wêreld.

WAAR sekere insekte van swaartekrag gebruik maak om hulle te oriënteer, is naaldekokers onder dié wat dit met lig doen. Hulle sorg gewoonlik dat die lig op hul rûe val. As ’n lig van onder af op hulle geskyn word terwyl hulle vlieg, val die naaldekokers grond toe.   Naaldekokers rus in verskillende posisies. Baie sit met hul agterlywe reguit boontoe. Sekere insektekundiges glo dit is om te keer dat die sonstrale loodreg daarop val en dit help dus om die insek koel te hou.

~

Video
The Dragonflies

Dragonflies were some of the first winged insects to evolve, some 300 million years ago. … 3 ) There are more than 5,000 known species of dragonflies, all of which (along with damselflies) belong to the order Odonata, which means “toothed one” in Greek and refers to the dragonfly’s serrated teeth.

Fossils of very large dragonfly ancestors in the Protodonata are found from 325 million years ago (Mya) in Upper Carboniferous rocks; these had wingspans up to about 750 mm (30 in). There are about 3,000 extant species. Most are tropical, with fewer species in temperate regions.

Dragonflies are predators, both in their aquatic larval stage, when they are known as nymphs or naiads, and as adults. Several years of their lives are spent as nymphs living in fresh water; the adults may be on the wing for just a few days or weeks. They are fast, agile fliers, sometimes migrating across oceans, and often live near water. They have a uniquely complex mode of reproduction involving indirect insemination, delayed fertilization, and sperm competition. During mating, the male grasps the female at the back of the head or on the prothorax, and the female curls her abdomen under her body to pick up sperm from the male’s secondary genitalia at the front of his abdomen, forming the “heart” or “wheel” posture.

Video:
Geskiedens van Naaldekokers

Die Naaldekokers is almal blitsvinnige jagters in die lug en planteryk.  Hulle is ook altyd naby water.   Kannibale jagers is nie hierby uitgesluit nie.   Hulle het bestaan voor die dinosourus tydperk.
Spoed is geen kwessie in die lug nie – radar is 100% unie en geen botsings vind plaas

 

Advertisements

Een gedagte oor “Naaldekoker – Dragonflies”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s