Kliek op die skakel hieronder en luister na
Ingrid Carlqvist at The Boer Project conference in Pretoria 30/8
Tydens Ingrid se toespraak het sy namens haar regering verskoning gevra vir die Boere en Afrikaners en dat sy gedink het ons is sulke wreedaarts en kolonialiste.
Tydens haar toespraak het sy haar openlik uitgespreek teen terrorisme, kommunisme en ook verduidelik wat sy destyds gevoel het toe sy Mandela ontmoet het. Sy het hom beskryf as Jesus Christus
Artikel wat Ingrid destyds geskryf het, was gepubliseer
Hoekom en wat het Swede besiel om in te meng en saam die terroriste te hardloop? Selfs Amerika het die ANC as ‘n terreur organisasie beskou. Luister na Ingrid self wat sy in haar video bekendmaak.
Ingrid het uitgebrei oor die groot “EMPIRE” wat Swede eeue gelede was. Op ‘n stadium het Swede heelwat landstreke beheer en regeer. ‘n Super moontheid. Sy beken verder dat Swede GEEN reg gehad het om in te meng in Suid-Afrika nie en vra verskoning dat hulle nooit die werklikheid in die oë gestaar het nie.
Hoeveel finansies is nie in die terroriste ingepomp nie. Selfs Prins Buthelezi het in sy boek aangehaal hoeveel keer hy Swede gaan besoek en heelwat fiannsies is daaruit ontvang vir die saak van die sogenaamde “apartheid”. Heelwat finansies en ook wapens is destyds die land ingesmokkel. Swede was nie die enigste regering wat die ANC en terroriste ondersteun het nie.
.
Ingrid Carlqvist Moment: How Sweden Became Absurdistan
Ingrid en Swede se geskiedenis
VRAE
Nou wat nou – daar is baie hartseer en skades aangerig in hierdie land, as gevolg van ander regerings wat ingemeng het. Wat gaan Swede nou doen? Hier is ‘n handjievol mense wat bewus is wat nou in hul eie land aangaan, en besef ook dat hulle verkeerd was oor Suid-Afrika. Weet hulle hoe om dit reg te maak?
Wat gaan hierdie mense doen wat soveel onreg aan ons blankes gedoen het, en steeds toelaat wat die ANC vandag aan ons doen. Die vraag is hoeveel swart bemagtiging vind steeds plaas.
Wat help dit om eiers te kom lê maar hierdie wette word steeds toegelaat en gebruik om ons ekonomies te ontmagtig. Dis nie asof die Swede nie weet wat hier aangaan nie. Al hierdie liberale lande wat die ANC ondersteun is steeds doenig in Suid-Afrika en op hoogte wat in hierdie land aangaan.
Het self het sedert 2011 direk betrokke begin raak en aan buitelandse lede van parlement geskryf, en al wat hulle doen was om dit te opper in hul parlemente en dink dit sal beter gaan hier.