Skending van Menseregte

Wat is die oplossing teen hierdie tipe van situasie waarin ons onsself bevind?    Daar bestaan geen kitsoplossings om die skending van ons menseregte te herstel nie.   Ons is nie in ‘n demokrasie nie, maar kommunisme seëvier op elke gebied.   Daar is verskeie punte wat ons menseregte skend.  Bewusmaking hiervan is deel van die hele proses.

Die aanslag  teen ons as blanke volke in Suid-Afrika is daagliks aanvallend, vernietigend en op elke gebied wat die volk direk en indirek raak en wetgewing maak dit “wettig” om uit te voer.  Swart bemagtiging op besigheidsgebied, die aanval teenoor ons taal Afrikaans en bestaansreg in Suid-Afrika as burgers van die land.

Selfbeskikking is om ‘n volle soewereine onafhanklike gebied te verkry waar ons nie aan die kommuniste gekoppel word nie. Tans word ons deur die huidige kommunistiese regering beheer en bestuur met behulp van hul eie drakoniese wetgewings.

Die wil van die volk moet sodanig wees en hul rug hierop keer om vry te wees.  Dit is volwaardige onafhanklike gebied waar ons seggenskap het oor onsself en verantwoordelikheid neem slegs vir ons as volk op elke terrein – maatskaplik, ekonomies, opvoedkundig,  finansieel, beveiliging, sosiaal, etnisiteit, taal en kultuur.   Volke het ‘n reg tot hul eie ontwikkelings.

Uitwissing oftewel “Genocide” vind juis plaas met en tydens die skending van menseregte, waar ‘n volk ‘n laagtepunt bereik en moeilik is om weerstand te bied.   Daar is heelwat stadiums van “Genocide” wat volkere ervaar en uitwissing in die gesig staar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s