Venice – Venesië  

*

Heelwat reën het geval en dit het aardse vloede veroorsaak.   Die “vloede” verskil van mekaar, jaar tot jaar en sommige jare is baie meer water wat in die strandmeer opstoot en chaos veroorsaak.  Die strandmeer van Venesië word deur die seeklimaat van die noordelike Adriatiese See geraak. Die meeste neerslag sak gewoonlik in die loop van die laatsomer uit, omdat die kontinentale klimaat van die Oos-Europese vasteland, by name die Karpate (Bora-winde), die weersomstandighede aan die suidekant van die Sentraal-Europese Alpe omkeer.

Photo:  1966 floods


*

Die gemiddelde jaarlikse neerslag is binne die bereik van 770 mm. Die meeste neerslag val in November (gemiddeld 86 mm), die minste in Januarie (53 mm).

Die groot vloetramp, wat Venesië op 4 November 1966 getref, was die gevolg van ‘n uitsonderlike kombinasie van omstandighede. ‘n Suidoosterstorm teen volmaan, wat deur scirocco-winde uit die Sahara-woestyn versterk is, het drie Alpynse riviere, wat in die Venesiaanse strandmeer uitmond, oor hul oewers laat vloei.   Die oorstromings het die natuurlike siklus van getye versteur sodat die historiese middestad en omliggende eilande vier-en-twintig ure lank byna twee meter hoog oorstroom is.

Die vloedwater het groot skade by seewalle berokken en geboue, tuine, velde en waardevolle kunsskatte vernietig, terwyl inwoners in hul wonings en op dakke vasgesit het. Die vloedgolf het sestienduisend woonstelle op grondvloervlak onbewoonbaar en vyfduisend Venesiane dakloos gelaat.

https://af.wikipedia.org/wiki/Venesi%C3%AB

https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_the_Republic_of_Venice

1950 Venisië wat gegroei het.

https://www.tiktok.com/@viaggiatoreveneziano/video/7341115013106502944?lang=en

*

Venesië

Die heel eerste dorpies wat mettertyd aan mekaar vas gegroei het om Venesië tot stand te bring, is in ‘n moerasland geleë. Hierdie moerasland het sy ontstaan te danke aan die werking van riviere wat na die Ystydperk ontspruit het. Die strandmeer, wat by die riviermondings ontstaan het, beslaan vandag omtrent 550 km² (waarvan sowat ‘n tiende bevaarbaar is) en word deur ‘n 60 km-lange duinrand (sandbanke) van die Adriatiese See geskei.

Slegs sowat drie persent van hierdie oppervlak is eilande; die res bestaan uit drassige moddervlaktes en moerasland, die barene wat meer as 90 km² beslaan, asook die visveld van ongeveer 92 km², ook bekend as die Valli da pesca. Natuurlike kanale, wat bekend staan as die ghebi, loop soos are deur die barene. Destyds in 1900 was die Barene meer as 250 km² in omvang. In teenstelling tot die dikwels oorstroomde barene het die velme net hier en daar bietjie plantegroei.

Venesië  is die hoofstad van die administratiewe gewees van Veneto in Italië.   Dit vorm saam met die stad van Padua die Metropolitaanse gebied van Padua en Venesië, en dra die bynaam La Serenissima  (Die Deurlugtigste).   Die ou stad (Centro Storico) is op ‘n paar groot eilande in die halfmaanvormige   strandmeer van Venesië geleë.

Chiesa di San Polo

Asemrowend kan dit nie genoeg beskryf nie.    Dit is en bly ‘n besonderse plek.

Antieke brue het baie bekendheid verwerf deur al die jare.

el puente rialto

https://www.tripadvisor.it/Attraction_Review-g187870-d8571065-Reviews-Centro_Storico_di_Venezia-Venice_Veneto.html

*

Beeldmateriaal

https://www.youtube.com/watch?v=_udwuCLeE84

Venesië is ‘n groot toerisme aantreklikheid en vakansieplek om terdeë te gaan afsaal en die antieke geskiedenis te leer.

https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=i6Cv-OxHsrg

*

Die totale oppervlak van Venesië beslaan 414,6 km², waarvan 257,7 km² aan wateroppervlak afgestaan moet word.   Op 31 Desember 2016 het Venesië ‘n bevolking van 261 905 inwoners, waarvan 181 883 in die stadswyke op die vasteland, 58 901 in die ou stad self en 29 674 binne die strandmeergebied bly.

Op 31 Desember 2018 het die getal na altesaam 260 520 stadsbewoners gedaal. Die strandmeer het 118 eilande. Dit strek oor omtrent 50 km tussen die Adigeriviermonding in die suide en die Piaveriviermonding in die noorde in die Adriatiese See.

https://af.wikipedia.org/wiki/Venesi%C3%AB

Op die vasteland het die uitgestrekte residensiële en nywerheidsbuurte van Mestre ontstaan wat tans die oorgrote meerderheid Venesiane huisves.  Oor die eeue heen het Venesiane hier ‘n unieke wêreld van hul eie geskep wat in baie opsigte – leefstyl, taal, argitektuur, kookkuns, modes en volkskarakter – merkbaar van ander Italiaanse stede en streke verskil.

Hul leefwêreld bestaan uit ‘n labirint van klein en groot kanale, met 118 bewoonde en onbewoonde eilande wat oor die loop van tyd ‘n verskeidenheid funksies vervul het – as skuilplekke, vestings, kloosters, lasarette, kampe vir melaatses, groentetuine of werkswinkels vir tradisionele ambagte soos glasvervaardiging.

Die eerste vaste verbinding per spoor met die vasteland het eers in 1846 ontstaan, maar bote bly steeds die belangrikste vervoermiddel. Motors is uit die historiese kernstad verban.

In die 5de eeu n.C. het die Romeinse paaie, wat die welvarende gebiede van Noord-Italië met ander dele van die Romeinse Ryk verbind het, maklike toegangsroetes geword vir barbaarse veroweraars wat verwoesting gesaai het – Vandale en Oos-Gote op hul pad na Rome, Hunne onder Attila (vanaf 452) en Germaanse Langobarde (vanaf 568).

Toe die Romeinse administratiewe en militêre strukture in ‘n stormloop van invallers verbrokkel het, het die Venesiaanse strandmeer ‘n skuilplek geword vir agtereenvolgende golwe van vlugtelinge wat hier ‘n eenvoudige bestaan gevoer het as vissers, soutmakers, groenteboere en skeepvaarders.

Vanaf die legendariese stadstigting in 421, en met die Bisantynse Ryk as vroeë beskermheer, het Venesië deur die eeue algaande gegroei tot een van vier stadstate in Italië (naas Genua, Pisa en Amalfi) wat as Repubbliche Marinare of historiese Seerepublieke mekaar die heerskappy ter see en die daarmee gepaard gaande handel en politieke invloed in die Middellandse Seegebied betwis het. Die Seerepublieke het hul bloeitydperk gedurende die Middeleeue beleef.

Venesië was tot 1797 die hoofstad van die Republiek Venesië, een van die belangrikste politieke en ekonomiese rolspelers in die destydse Europa, en was ook met sy meer as 180 000 inwoners een van die grootste Europese stede.

Tot en met die 16de eeu was dit een van die grootste handelspilpunte vir die hele vasteland; met sterk handelsbetrekkinge tussen Wes-Europa en die oostelike   Middellandse See. Venesië het ook oor die meeste handel- en oorlogskepe beskik. Die adelklas het munt geslaan uit die handeldryf met weeldegoedere, kruie en speserye, sout en koring.

Venesië het ontpop tot die grootste geldmagsentrum en (saam met Florence) die bakermat van moderne kapitalisme wat met sy nuut ontwikkelde bankstelsel ekonomiese aktiwiteite deur lenings gestimuleer het.

Venesië was heerser oor ‘n koloniale ryk langs sy handelsroetes, die Stato da Màr, wat gestrek het tot Kreta en vir ‘n tydjie lank ook Siprus en uitgestrekte besittings op die Italiaanse vasteland, die Terraferma, met ‘n bevolking wat in taal, kultuur en geloof nou verwant was aan Venesiane.

Na afloop van die Franse en Oostenrykse oorheersing tussen 1798 en 1866 word die stad deel van Italië. In 1929 word die nywerheidskompleks Mestre-Marghera by die Comune di Venezia ingelyf.  In die jare 1965 tot 1970 sit die stad met byna 370 000 stadsinwoners, die hoogste in die geskiedenis. Sedertdien het hierdie getal met meer as 100 000 koppe teruggesak. Venesië en sy strandmeer is  1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

https://af.wikipedia.org/wiki/Venesi%C3%AB

*

Venice – weakened by two centuries of war with Ottoman Turkey – was down to its last 11 ships. Bonaparte swatted Venetian resistance aside with barely a glance on 12 May 1797, as a millennium at the top of the tree came to a swift conclusion.

https://www.telegraph.co.uk/travel/destinations/europe/italy/veneto/venice/articles/venice-facts-amazing-things-you-did-not-know/


*

BYKOMENDE INLIGTING EN ARTIKELS


Venesië was eens een van die kragtigste spelers op die Europese verhoog. Tussen die einde van die sewende eeu en 1797 was dit die Republiek van Venesië (Repubblica di Venezia) – ‘n ekonomiese kragstasie wat ‘n handelsryk in die Adriatiese See en die oostelike Middellandse See gevorm het.   ‘n Verskeidenheid van  kanale is ongeveer in 1905 gebou.

Venice –  Venesie  –  VENEZIA


Venice  –  Venesie  –  VENEZIA IN ACQUA ALTA

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com




Lewer kommentaar