*
Die Rebelle van die Kaapkolonie is hardvogtig en moordadig deur die Kaapse owerhede behandel, net omdat hulle die Boere en Boere kommando’s ondersteun en gehelp het tydens die Anglo-Boere oorlog twee. Die doodsvonnisse kan nie omgekeer word nie. Heelwat van ons volksgenote het waarskynlik al van die Stoelmonument gehoor, maar dra nie intensiewe kennis daaroor nie. Hierdie monument is op die R398 pad in die Oos-Kaap, net buite Middelburg, in die rigting na Richmond geleë. Daar is ñ bordjie wat die monument aandui : Die Stoelmonument. 
*
Die monument is gebou uit doleriet klippe met marmerklippe, een met ñ afdruk van ñ riempiestoel daarop gegrafeer, een met bewoording ” Ter ere aan Komm. J Lötter en P J Wolfaardt hier in die openbaar terreggestel is, respektiewelik op 12/10/1901 en 15/10/1901. Daar is nog ander rebelle begrawe.
Die twee mans (rebelle) is op 11 Oktober na Middelburg gestuur om hul vonnis aan te hoor. Die hele bevolking was verplig om die vonnisoplegging by te woon. Die volgende dag, 12 Oktober is LÖTTER na ‘n plek langs die Richmondweg geneem waar hy aan ‘n stoel vasgemaak en geskiet is. Hy is daar begrawe en dit is waar die “Stoelmonument” steeds staan.
Kommandant J C J Lötter (26jaar) van Colesberg het as gewone burger by die kommando van Komm Kritzinger aangesluit. Sy dapperheid en leierskap het hom gou die rang van kommandant besorg en saam met G Scheepers het hulle die Britse magte baie moeilikheid in Kaapland gegee. Hy was gevang en as Kaapse Rebel aangekla asook vir moord, afranseling van lojaliste , roof, diefstal en die vernietiging van infrastruktuur. Hy is op 27 September op Graaff Reinet verhoor en skuldig bevind.
Op 15 Oktober 1901 het Luitenant Pieter Wolfaardt (32) voor ‘n vuurpeloton in Middelburg gesterf. Lötter (gebore Bouwersfontein, distrik Somerset-Oos, 15 Januarie 1875) was ’n Boereverkenner, kommandant en Kaapse rebel tydens die Tweede Anglo-Boere oorlog.
Nog ander rus in Middelburg begraafplaas. Dis hier waar heelwat rebelle, Marais, Lötter en Wolfaardt begrawe is.
Frederick Marais (Frikkie) is gehang op die Markplein 10 Julue 1901. Sy lyk is na die lokasie geneem, 2 sakke kalk daaroor gegooi en gelyk gemaak met grond sodat dit nie gevind sou word nie. Een van die 5 man wat hulle gevolg het, vermoedelik die predikant, het ń been van ń dier (dybeen van ń bees) daar opgetel en ongesiens daar geplant om weer later graf te vind. 4 Maart 1906 is sy oorskot saam met díe van Lötter en Wolfaardt in die begraafplaas herbegrawe. 
Ander rebelle is ook later hier herbegrawe.
https://monument-sa.co.za/stoelmonument-middelburg-hans-lotter/
https://www.karooheartland.com/listings/middelburg-stoel-monument/
[…] Boere monument (ZAR)Stoelmonument Middelburg KaapkolonieKultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volkABO Militêre […]
LikeLike