*
Hennie Maas is ‘n welbekende, nie net op RSG gewees nie, maar ook op sosiale media waar mense meer kon leer, lees en luister. Sy ster mag dalk verskiet het op 4 April 2024 vir ‘n beter lewe, maar sy olie in die lampie wat hy nagelaat het aan ons sal beslis brandend bly. Luister en kyk meer oor die groot ster van ‘Sterre en Planete’.
Foto van Media Mense

*
Daar is ‘n kortgolfdiens uit Nederland gedoen waar Suid-Afrikaners kon meeluister in Afrikaans. Hennie Maas het ook hier sy stempel afgedruk en verskeie tegnologie baasgeraak om dit te kon doen. Hy en Ingrid Raubenheimer is in Desember 1970 getroud en het ‘n paar jaar in Nederland gevestig. Hulle het in Bussum naby Hilversum gewoon.
HENNIE MAAS: ‘N OUSKOOL-OMROEPER WAT NUWE TEGNOLOGIE OMHELS HET
Naarden fort en Bussum

https://routiq.com/route/448278/discover-the-versatility-of-naarden-and-bussum
*
Afrikaans was lankal ook reeds in Nederland uitgesaai.
Hennie Maas (̽1942 – 4 April 2024) was ‘n Suid-Afrikaanse omroeper. Hy is in Pretoria gebore en het sy laer- en hoërskoolloopbaan in diè stad deurloop. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en begin in 1956 by die SAUK in Commissionerstraat, Johannesburg, werk. Sy eerste werk by die SAUK was as aanbiedingsassistent wat die uitsaaigehalte van uitsendings beheer het. In die laat 1960’s skuif Hennie na die nuusafdeling van die SAUK.
Gedurende 1970 aanvaar hy ‘n pos as omroeper by Radio Nederland Wêreldomroep in Hilversum in Noord-Holland, waar hy drie jaar werksaam is.
Die Wereldomroepgebouw in Hilversum (foto onder).
![]()
In 1954 was Afrikaans een van ses tale (naas Nederlands, Arabies, Engels, Bahasa Indonesia en Spaans) waarin die radioprogramme van Radio Nederland Wereldomroep wêreldwyd uitgesaai is. Heelwat onderhoude is gedoen en ook in Suid-Afrika uitgesaai. Afrikaanse programme is vanaf 1949 uitgesaai. In 1971 is die bekende Suid-Afrikaanse omroeper Riaan Cruywagen in die Afrikaanse afdeling aangestel.
HENNIE MAAS: ‘N OUSKOOL-OMROEPER WAT NUWE TEGNOLOGIE OMHELS HET
https://af.wikipedia.org/wiki/Hilversum
*

Jaco Strydom (foto)
Uitsending deur Jaco met Hennie Maas.
Hy het ook in Nederland uitgesaai.
https://jacostrydom.podbean.com/e/die-sterre-die-planete-en-die-verwondering-van-hennie-maas/
*

Insetsels en beeldmateriaal oor Hennie is uniek en anders.
Hennie se openbare loopbaan is welbekend. Die stem agter programme soos Uitspan op die Hollandse Werf destyds, en meer onlangs Hoe verklaar u dit, Pixel, RSG Landbou en tot op die einde die ongelooflike Sterre en Planete, was ‘n welkome gas in menige Suid-Afrikaanse huis.
Lynette Louw, besturende direkteur van Plaas Media beskryf Hennie se werksetiek as prysenswaardig en sy belangstelling in alles wat in hul maatskappy aangegaan het, was ‘n riem onder die hart. Die oproepe en geselsies, en sommer net die deel van gedagtes was altyd ‘n welkome briek tydens die rondhol, arbei en beplan. Sy dors na kennis net nooit opgedroog nie. Lise Roberts, aanbieder van RSG Landbou en Plaas TV, beskou Hennie as haar mentor en leermeester. Sy het in 2010 in sy tuis-ateljee as mede-aanbieder van RSG Landbou begin.
*
Geskiedenis van sterre en planete deur Hennie Maas – agt maande gelede.
*
Vir diegene wat die inligting oor Hennie Maas wil afstof en weer luister, kan gerus hul geheues verfris oor sy bydraes wat hy in sy lewe gemaak het om ons te verryk, in ‘n mate op te voed en meer te vertel oor die hemelruim, die sterre en hemelliggame. Verseker het ons almal by hierdie man ietsie kon leer en hy het sy lewe gewy om sy liefde vir die heelal met ons burgers in Suid-Afrika en ander persone op alle kontinente in Afrikaans te bedien en te deel. Sy stem sal soos van sy voorgangers, onthou word. Hopenlik sal al sy uitsendings en stem
Radio RSG
1942-2024
Vir meer as 50 jaar was Hennie Maas ‘n gereelde kuiergas in duisende huishoudings op die radiogolwe van RSG en die stasie se voorgangers. Vir meer as twee dekades het hy Sterre en Planete aangebied. Om hulde aan Hennie te bring, gesels ons met Magdaleen Kruger, wat self 32 jaar by die SAUK gewerk het en die vorige stasiebestuurder van RSG is.
*
Luister na die naghemel gesigte en ontdekkingstog, deur Hennie Maas, Louis Barendse met Lafras Smit se stemme.
Lafras Smit vertel waarna ons kan kyk in April se naghemel. Willie Koorts neem ons op reis deur die geskiedenis van Sterre en Planete – van ’n oorspronklike 5 minuut lange insetsel in Hennie Maas se Dondagaandskof 23 jaar gelede, tot waar dit ’n volwaardige program geword het. Luister weer hoe Louis Barendse se stem geklink het. Die span vertel ook met verwondering hoe Hennie dit vermag het om ’n spesialisvak soos Sterrekunde so toeganklik en gewild gemaak het. Het jy geweet daar was destyds ’n “verduisteringstrein” na die algehele sonsverduistering in 2002? Rina Hugo, Johan van Rensburg en hulle twee kinders was ook op hierdie trein.
*
Gesprek van so twee jaar gelede oor die son – Hennie Maas, Kobus Olckers en Claude Möller
*
Huldeblyk van Dr Japie van Zyl deur Hennie Maas – deur 3 jaar gelede
Dr Japie en Hennie gesels vandag voort in die hemelruim. Hul sterre sal altyd skyn.
*
Uit die boeke en sterre – die hemelruim
*
Heelwat programme oor sterre en planete
https://castbox.fm/channel/Sterre-en-Planete-id4700850?country=us