Eugene Terre’Blanche : 3 April 2010

*

Sterk uitstaande stemme kan nooit stilgemaak word nie, al word daar hoe hard probeer om dit te doen.  ‘n Stem wat dalk vir sommige mense stilgemaak is op 3 April 2010 sal altyd lewendig bly in veral onder die Boere en konserwatiewe gemeenskap in SA.      Dit is veertien (14) jaar gelede en die grusame wyse hoe hy vermoor is,  was ‘n beplande moord.  Soos elke ander Boer en gesin, wat afgryslik vermink en gemartel is tot die dood toe, roep hierdie tipe van moorde en aanvalle ten hemele.     Sy moord sal nooit vergeet word nie,  veral ander die Boere volk wat steeds soos wyle Eugene gestreef het daarna om hulself in hul eie onafhanklike land te regeer.

Eugene Ney Terre Blanche
31 Januarie 1944 ~ 3 April 2010

Eugène Terre'Blanche Wikipedia, 55% OFF

*

Lees inligting oor:

Suid-Afrika –  AWB Eugene Terreblanche en ander

*

Daar is heelwat en ‘n verskeidenheid van video-opnames van wyle Eugene Terreblanche en sy betrokkenheid om die Boere volk te bevry van kommunisme, wat hy tot sy dood uitgevoer het.  Daar is ook heelwat gedigte wat hyself geskryf en voorgelees het.   Luister na toesprake van destyds hoe dit wat toe uitgespreek is oor Suid-Afrika, vandag in die land ervaar word.

Die strewe bestaan vandag steeds onder die Boere volk – om die Boere republieke te laat herstel soos wat dit in 1902 was – dit wat die Boere republieke was, is Boere volk grondgebiede.   Dit is en bly  ‘n internasionale reg waarop die Boere volk geregtig is.

Dis nie ander volke se grondgebiede nie, inteendeel met grondeise en sedert kodesa het hul steeds hul eie grondgebiede (ou reservate/tuislande en kroongebiede).

*

Image result for gedigte eugene terreblanche

Voorlesing deur Eugene self – het ‘n pragtige stem gehad om te onthou.

@theresedebruin

Gedigte deur Leier Eugène Terre’Blanche.

♬ original sound – Therese de Bruin

*
*
*

VOLKEREG – INTERNASIONALE REG TOT ‘N EIE ONAFHANKLIKE LAND, REGERING EN LEIERS

Die ontstaan van die AWB was sedert hul stigting in 1973  deur baie veroordeel, veral onder die ou NP regering, wat daarop uit was om die land in chaos te dompel soos na 1994 gebeur het.   Die AWB is as ekstreem regs beskou.

Die internasionale  waarheid is, dat elke volk daardie reg het om vry te wees en daarna te streef, want daar word nie na enige Boere volk belange omgesien nie.   Die vorige regering, NP het dit nog minder ondersteun dat die Boere volk die reg tot vryheid het – die Boere volk se bestaansreg het die ou NP probeer doodsmoor.  Dit is nie apartheid nie.  Nes Namibië, Botswana en Suid-Sudan onafhanklikheid nagestreef en internasionaal erken is, het die Boere volk dieselfde reg.

Tydens vergaderings het wyle Eugene Terreblanche en die AWB hul uitgespreek teenoor die ANC en wat na 1994 sal gebeur om die land tot niet te maak.   Hy was inderwaarheid 100% korrek.  Selfs die meerderheid swartes en anderkleuriges is ontevrede met die ANC regering.   Koalisies het nog nooit gewerk en en sal ook na 2024 nie werk nie.

Daar was destyds heelwat vergaderings gehou en internet of sosiale media was nie beskikbaar nie.   Daar het ook vuisgevegte tussen blank en blank uitgebreek tydens vergaderings van veral AWB – geplante liberaliste wat kom vuiste uitdeel het.   Soms het hy hom uitgespreek  as deel van die ‘afrikanerdom’, maar inderwaarheid is hy soos hy reeds in ander video’s genoem, deel van die Boere volk.   Boere republieke se burgers, was almal Boere genoem (maar later ‘verafrikaner’).  Daar is verskillende blanke volke in SA.

Neem kennis hoe ons almal (veral na uniewording 1910) gemanipuleer was dat alle blankes Afrikaners is.   Dis nie waar nie.  Selfs die Duitsers en Portugese in SA noem hulselfs Duitsers en Portugese.   Daar is verskillende swart en gekleurde volke in SA, met elkeen ‘n eie reg tot hul kultuur, tradisies, leiers en selfs gebiede.  Daar is ‘n groot onderskeid tussen die Boere volk en Afrikaners.  Afrikaners is al sedert Rhodes se dae saam die Engelse se Kaapkolonie en nie deel van die Boere republieke nie.

Kyk gerus terug op die voetspore van die AWB.  Daar is heelwat weerstand gebied al die jare deur die AWB en selfs vandag steeds onder die Boere volklede en konserwatiewe Afrikaners, wat nie hand op die blaas kan wees met wat vandag in die land aangaan nie.
Luister hierna.

*

Selfs in die konserwatiewe Afrikaners se harte sal ET se stem altyd voortleef en verlange terug na wat eens was.   Nes H F Verwoerd, wat grusaam vermoor is,  was elke leier ‘n figuur in eie reg met elkeen ‘n eie doelwit, maar alles was altyd in belang van die volk gedoen.   Eugene was ‘n kranige skrywer van formaat – sy gedigte en voorlees –  sy stem sal bly voortleef in menige se harte.

Wyle Eugene Terreblanche was heelwat te sien in die wye natuur en lief vir perde.   Sy perd se naam:  Attila

Hier is hy op sy perd se rug…

*

Wanneer daar geleenthede was, het wyle Eugene Terreblanche positief gepraat oor ‘n eie onafhanklike gebied vir die Boere volk.   Dit is nie apartheid soos die meerderheid beweer nie.   Dit word steeds internasionaal gedoen.    Enige volk het ‘n internasionale reg tot eie regering, leiers en om hulself te regeer.   Die ANC en ander politieke partye se beleide en manifeste is almal multi-kultureel en liberaal, onderhewig aan die 1996 grondwet wat niks anders is as die 1955 anc-pac-sakp manifes en vernietiging van SA sedert 1994 nie.

*

Pretoria Stadsaal – Deel I

Pretoria Stadsaal – Deel II

  •  daar is nog ander video’s beskikbaar ….

*

Jare gelede – die AWB en wyle Eugene Terreblanche

*

Johannesburg is en was nog altyd deel van die Boere republieke, maar nadat die Engelse dit ingepalm het, is daar honderde duisende (400 000) immigrante en vreemdelinge uit Afrika en die Ooste ingevoer, selfs sedert wyle Paul Kruger dae, om in die Brits beheerde myne te kom werk.

Dit is die Engelse en die liberaal verligte blanke Afrikaners wat sedert 1910 die Unie beheer het (uit London), gesorg dat daar soveel immigrante die land binnekom vir die goud en diamantdelwerye.   Hierdie gebiede is inderwaarheid onwettige besettings deur immigrante en hul gesinne wat later oorgeneem het.  Dit is steeds die geval met onwettige immigrante wat genooi word om in Suid-Afrika te kom werk, terwyl daar miljoene werkloses hier is.

&

Wat het wyle ET oor Johannesburg te sê gehad?
Louis Theroux en ET
Johannesburg is oortrek met immigrante uit Afrika en onwettiges.

Eugene Terreblanche

Steyn van Ronge het die leisels by wyle Eugene Terreblanche oorgeneem nadat hy vermoor is in 2010.

Advocate of hatred who became a figure of fun | The Independent | The  Independent

*

1 gedagte oor “Eugene Terre’Blanche : 3 April 2010”

Lewer kommentaar