*
Die Leviatan-gasreservoir was en is steeds (2023) een van die wêreld se grootste diepwater gas ontdekkings van 2000-2010, en die ontwikkeling daarvan is die grootste energieprojek in Palestynse geskiedenis. Sowat 200 ingenieurs het aan die projek se ingenieursontwerpproses deelgeneem, terwyl 7 000 werkers van 25 verskillende lande in die konstruksie daarvan in diens was. Wie is en was sover betrokke? Wie wil eintlik GAZA beheer – dit is dan Palestina grondgebied, wat nie aan Amerika of Israel behoort nie. Israel het mos land gekry, nou beset hul onwettig al Palestina grondgebiede, vir gas en olie, dalk ook ander minerale, wat later sal reflekteer.
KEN JUL GESKIEDENIS HIER WORD VOLKSMOORDE GEPLEEG.
*
Daar word beweer die reservoir is in Desember 2010 deur Noble Energy, nou Chevron Mediterranean Limited (39,66%), NewMed Energy (45,34%) en Ratio Energies (15%) ontdek. En wie het al die tenders gekry? Die Amerikaanse Major Chevron (39,66% op) en sy Israeliese vennote NewMed Energy (45,34%) en Ratio Energies (15%) het op 2 Julie aangekondig dat hulle ‘n finale beleggingsbesluit (FID) geneem het oor die uitbreiding van Leviathan-uitsetkapasiteit van 1,2 miljard cfd na 1,4 miljard CFD “vanaf middel 2025.”
Die gasveld is diep in die Middellandse See geleë, 130 km wes van Haifa. Die beraamde volume gas in plek is 934 BCM (33 TCF), terwyl die beraamde volume van herwinbare reserwes 605 BCM (22 TCF) is.
*
Gas in GAZA is eiendom van Palestina – Israel het heelwat gas vir hulself, maar soek die van Gaza.
*
Die ontwikkeling van die reservoir het behels die boor van vier produksieboorgate tot ‘n gemiddelde diepte van 5 kilometer onder seevlak, die aanlê van ‘n ondersese transmissiepypleiding, en die konstruksie van toegewyde aflandige verwerkingsfasiliteite. Dit alles is bereik teen ‘n geraamde belegging van meer as 12 miljard sikkels vir Fase 1 van projekontwikkeling. Nou is dit moontlik om 12 BCM aardgas per jaar vanaf die perseel te produseer.
*
The Leviathan gas reservoir was one of the world’s largest deep-water gas discoveries of 2000-2010, and its development is the largest energy project in Israeli history. Some 200 engineers took part in the project’s engineering design process, while 7000 workers from 25 different countries were employed in its construction. The reservoir was discovered by Noble Energy, now Chevron Mediterranean Limited (39.66%),NewMed Energy (45.34%), and Ratio Energies (15%) in December 2010.
The gas field is located deep in the Mediterranean Sea, 130 km west of Haifa. The estimated volume of gas in place is 934 BCM (33 TCF), while the estimated volume of recoverable reserves is 605 BCM (22 TCF).
The reservoir’s development entailed the drilling of four production wells to an average depth of 5 kilometers below sea level, the laying of a subsea transmission pipeline, and the construction of dedicated offshore processing facilities. All of this was accomplished at an estimated investment of over 12 billion shekels for Phase 1 of project development. Now it is possible to produce 12 BCM of natural gas per year from the site.
*
’n Seemonster. Leviatan is ‘n seeslang. Of Leviatan is ‘n vuurspuwende krokodil, wat miskien ‘n aspek van die skepping verpersoonlik wat buite menslike begrip of beheer is. ‘n Leviatan is iets wat uiters groot en moeilik is om te beheer, en wat jy nogal skrikwekkend vind.
A sea monster. Leviathan is a sea serpent. Or Leviathan is a fire-breathing crocodile, perhaps personifying an aspect of creation that is beyond human comprehension or control. A leviathan is something which is extremely large and difficult to control, and which you find rather frightening.
*
*
Die Olie en gas probleem
Hoog verdagte gebeure rakende die gasreservoir wat Leviatan genoem word. Veral nou met die oorlog teen die Palestynse inwoners waar hulle daagliks deur Israel en bondgenote gebom word, nadat hulle meestal in die nag van hul huise en werkplekke vervreem en weggejaag is. Al hul huise en werkplekke word deur Israel sioniste beset en beheer deur hul kamera sisteme, bomme uit die lug en permitte aan die Palestyne vir beperkte beweging. Selfs die Gaza strook is oorvol van vlugtelinge in die tronk wat Israel daargestel het. Palestyne moes vlug, na die hoekies by Gaza strook wat nie groot is nie. Hulle kon nêrens gaan nie, want Egipte het ook haar grense gesluit gehou – dus het Egipte ook die spel gespeel.
Waarskynlik die grootste redes hoekom Hamas so ‘n groot bedreiging inhou, veral hul tonnelstelsels wat tot 80 meter onder die grond, in verskillende ‘verdiepings’ beweeg. Hoe toevallig is dit nie. Waarom word alle Palestyngebiede platgebom of met plofstof verwoes? Hoe ver gaan hierdie Hamas tonnels in en kan ‘n gevaar inhou vir die gas en olie eksplorasies?
Hamas is deur Israel self in plek gestel en sedert 2006 het hulle ‘n groot bedreiging geword vir Israel en haar bondgenote. Hierdie vennote moenie die skuld voor die Palestyne se deure kom plaas nie. Mens wonder hoekom word daar vir jare grond beset en die arabiere word eenvoudig van hul plekke met Israel militêre voete afgejaag deur die nag om plek te maak vir sioniste. Dan word hulle skielik deur Israel met permitte beheer. Nou wil hulle presies dieselfde doen met Gaza en elke Palestyn beperk. Dan word ‘apartheid’ genoem wat inderwaarheid nie is nie. Dis ‘n beheer en kontrolestelsel wat Israel uitvoer, ook vir haar bondgenote. Dit gaan oor mag en beheer. Dit gaan oor volksmoorde, want dit is nie net die Palestyne wat deurloop nie, maar ook die omliggende areas wat vir jare gebom word, waar oorlog woed vanuit Israel kant.
Dit was Brittanje wat begin het by Balfour en die Sioniste beweging. Nie die Palestyne nie. Dit was ook nie die Palestyne wat oorlog met die Ottoman Turke gevoer het nie, maar Brittanje en haar bondgenote (Egipte oorlog).
Moenie vir een oomblik dink Hamas is ‘heilig’ nie , en het volgens bronne net na 2000 ‘n probleem begin word. Net so min is die ander lande, wat hierby betrokke beslis nie heilig met al hul bomme en tegnologie wat hul op Palestynse inwoners toets nie. Dalk is dit nie net bomme nie, maar kan ook lasers wees. Dan word al die nuutste tegnologie aangewend om bewegings van elke Palestyn dop te hou en te monitor.
*
Israel het sedert 1917 reeds alle gebiede van die Palestyne ook beset, dan gebom en heelwat nuwe luukse huise en dorpies bo-op die puin gebou. Inwoners van Palestina word oral gemonitor met gesigtegnologie-kamera sisteme en permitte.

*
Bronne
https://israel.chevron.com/en/our-businesses
Gaza strook het ook gas, reeds vanaf 2000 sowat 36 km van die kuslyn.
https://en.wikipedia.org/wiki/Gaza_Marine
Volgens inligting was daar lankal begin met die ontginning van gas in die area. 2017
Daar is selfs gas na Jordanië uitgevoer. Uit wie se gebied is dit gedoen en wie het inkomstes verkry?
https://en.wikipedia.org/wiki/Karish_gas_field
https://en.wikipedia.org/wiki/Natural_gas_in_Israel
https://en.wikipedia.org/wiki/Leviathan_gas_field#:
*
[…] Die Leviatan-gasreservoir […]
LikeLike
[…] Die Leviatan-gasreservoir […]
LikeLike
[…] Die Leviatan-gasreservoir […]
LikeLike
[…] Die Leviatan-gasreservoir […]
LikeLike