Afrikaner en Boere Volkslede bespreek heel dikwels die onaangename oorname van die land aan kommuniste in 1994 en die gevolge, aanrandings, moorde, verkragtings, brutale geweld, korrupsie, rewolusie, wat baie erger is as voor 1994. Alles is voorafgegaan deur verskeie liberales wat vergaderings bygewoon het. Dit was nie net bespiegelinge nie, maar wat werklik plaasgevind het. In sommige gevalle is daar selfs ander name gebruik vir bywoning. Daar was nie ‘n sosiale media nie, maar wel koerantuitknipsels wat getuig daarvan, en soms nie altyd volledig nie. Meer later daaroor.
In van die artikels is daar bekende blankes op die foto’s wat glimlag van oor tot oor oor hul dade. Dis die amptelike uitgawe van IDASA van Desember 1988.
*
Natuurlik was en is daar nie altyd oop agenda gewees nie – nie van die ANC-kommuniste kant nie en nog minder van liberaal verligte blankes, wat so graag die land aan anargie en rewolusie wou oorhandig. Daar was ook geen openlike erkenning van buitelandse regerings wat hoogs betrokke was in hierdie kommunistiese samesprekings nie.
Volkgenote wat lief is om klip te gooi oor die benarde en haglike toestande, kan nie kwalik geneem word oor die toedrag van sake nie. Sonder om te verwyt, gaan terug in geskiedenis en maak ‘n draai, nie net in Afrika lande nie, maar op heelwat kontinente. Terug na die tagtiger jare, lank voor daardie sogenaamde 1992 referendum plaasgevind het, wat ook nie die volle waarheid weerspieel het nie.
Daar is volkslede wat steeds onbewus is van gesprekke, ons jeugdiges veral, wat nog minder ingelig is oor die stand van sake en meestal landuit vlug om veiligheidsredes of omdat hul nie werkgeleenthede kry omdat hul blankes is.
Daar is artikels en inligting bekend gedurende 24 tot 27 Oktober 1988 dat ‘n afvaardiging wat bestaan het uit 5 blanke liberales, sowel 7 ANC lede, asook sowat 22 Russiese-Afrikane in Leverkusen, Wes-Duitsland ontmoet het. Let wel dat daar nie konserwatiewe blankes teenwoordig was nie.
Die kwelvrae is en was nog altyd daar. Hoekom was daar so agter die rug gesmokkel met ons volk (en ander volke) se toekoms? Daar word genoem daar is 5 liberale blankes wat “pleit vir verandering soos ons vandag ervaar” teenoor die 7 liberale lede van die ANC terreurorganisasie, wie ook lede is van die SAKP, saam met 22 Russiese lede uit Moskou. Slegs die een kant van die sogenaamde “demokrasie” is bespreek en bevorder.
Destyds is ons militere magte opdragte te gee om pad te gee uit Angola uit, terwyl Kuba daar was en hulle weer Russiese hulp gehad het. En dit is nie eers net bespiegel nie, want daar was Russiese wapens en voertuie bymekaargemaak deur ons weermaglede. En daar is meer inligting daaromtrent as wat daar vertel word. Hoe betrokke was Rusland destyds en deel van BRICS , oral in Afrika saam China?
Die vraag is – wat het Moskou te doen gehad met ons? Eerder met Angola en dalk was daar ander geheime agendae wat ons nie van weet nie. Moskou was toe nog voluit kommunisties toe die liberales die vergadering begin het. Of dit regtig verander het na 1990, is ‘n ope vraag, aangesien alle ooreenkomste vandag, wat met ANC aangegaan word, ook bewus is van swart bemagtiging en regstellende aksies. Dus, hoekom gaan ander lande en owerhede ooreenkomste (of memorandums) aan, as daar dan teenoor blankes gediskrimineer word? En dit is nie net Rusland nie, baie lande is nou betrokke in Suid-Afrika, die lys is lank. Baie Europese en Amerikaanse lande maak hul skuldig om die ANC te ondersteun met hul B-BBEE en EE wetgewings, terwyl daardie einste lande vir die vorige regime geboikot het oor “rassisme en diskriminasie”.
As dit die liberale en kommuniste se doelwit was om ons te vernietig, is daar baie reggekry. As dit hul doelwit was tot algehele rewolusie, anargie, diefstal, korrupsie en plunder, het hulle dit reggekry om die land tot rommelstatus te vernietig. Wie het vir dekades al die militere opleidings gedoen en wapens voorsien aan die ANC en terwyl ons ons grense bewaak het, nes ander lande dit ook vandag doen? Nie net in Angola nie, maar hier onder ons neuse is wapens ingesmokkel.
FW klerk en sy broederbond was nie deel van hierdie groepies wat bykans alle lande besoek het, maar in 1982 was hulle in Amerika. FW en sy kollegas is later gebruik in die “skryf” van die sogenaamde “demokratiese” grondwet wat al ons menseregte skend – insluitende wetgewing soos swart bemagtiging, regtellende aksie en onteiening van alles (nasionalisering van alle eiendomme, bates – sonder vergoeding). Gaan bestudeer die grondwet hoe daar steeds aparte gebiede is, waar daar voorsiening gemaak word vir grondeise, tradisionele leiers (8840 in 2018), asook trustgebiede, waar ons Afrikaners of Boere geen seggenskap het nie.
Welgedaan dus aan ‘n supermag regering, om dit agter die normale Suid-Afrikaner se rug te gedoen het en daarmee spog FW by meer as een geleentheid, dat hul dit weer sal doen. Hulle is nie deel van ons volk nie.
*
Gedurende die samesprekings in Wes-Duitsland, was kommer uitgespreek oor minderheidsregte en waarborge deur die paar blanke liberales – toe al moes hulle oorweldig gevoel het in die kommunistiese nes waarheen hul gelok is dat die res van ons van ons menseregte beroof gaan word . Dit het nie een van die spul gepla of rondgerol in die nag nie.
Ten spyte van verdrae van die Verenigde Nasies, is hier ook reeds in 1988 van swart bemagtiging en regstellende aksie gepraat in die “grondwet” van die ANC – lees die manifes van 1955 waaroor gaan mag en wat ons vandag ervaar. Rina Venter noem dit in haar videos en boek (Legkaart).
Rassisme en Diskriminasie bly steeds dit wat menseregte skend. Hier was selfs reeds sprake van ‘n ANC grondwet wat “demokrasie” genoem is. FW de Klerk en sy “onderhandelingspanne by Kodesa” het seker gemaak dat hierdie besoekers se doelwitte in Wes-Duitsland bewaarheid sal word.
*
Na die “suksesvolle toer” na Wes-Duitsland en samesprekings, het hul verder gaan rondtoer in Amerika. Gedurende die gesprekke het dit hoofsaaklik gegaan oor gedwonge veranderinge en “superregeringsmag” in Suid-Afrika en die ANC se magstryd met die sogenaamde apartheidsregering. Later het “magsdeling” van die tafel af verdwyn.
Soos genoem, en net na hierdie besoek het die IDASA lede en geselskap na Amerika gereis, onder andere Boston, Chicago. New York, Atlanta, San Francisco, Californie, Washington DC, en vele ander plekke, studente was toegespreek by verskillende universiteite. Verskeie instansies en organisasies is hier besoek en ingelig – natuurlik wat reeds by 1988 in Wes-Duitsland “besluit” was.
Tydens hierdie samesprekings, 1988, het dit nie oor 1992 se referendum gegaan nie. Dit was nog nie eers op die horison nie. Daar word ook gemeld dat tydens hierdie besoek is daar onder andere aan die “Carnegie Endowment for International Peace” besoek gebring.
In die artikels, spreek IDASA hul uit, veral die suksesverhale om die hele wereld se liberale en/of kommunistiese gemeenskappe agter hulle te kon kry en kon nie al die room van hul lippe afgekry het nie. Daar was baie steun vir die ANC asook die rewolusie en vernietiging wat gevolg het.
Die “referendum” wat later in 1992 sou volg, sou net nog ‘n klugspul gewees het met al hierdie samesprekings wat voorafgegaan is. Waarom was almal nie na behore ingelig nie?
Was De Klerk en sy mense regtig eerlik met almal, aangesien daar net JA en NEE stemme getel is in die 1992 referendum. Die ‘WEGBLY EN BEDORWE” stemme is nie in berekening gebring nie, dus hoe kon dit 69% ja gewees het.
Natuurlik was De Klerk en sy liberale spanne ingehuldig voor 1994, daarom het hy nie ‘n traan gestort toe hulle PW Botha uitgedryf het en later die land met gemak aan die kommuniste oorhandig het.
*
Hulle spog daar is weggedoen met aparte gebiede, tog, is daar duisende der duisende grondeise na 1994, geregistreerde CPA’s en hordes trustgebiede, almal apart van mekaar met eie konings en tradisionele leiers.
Waar is aparte gebiede afgebreek? Dis ook in die grondwet vervat. Wie betaal en onderhou dan steeds die 8840 tradisionele leirs en duisende CPA’s en Trustgebiede, soos Ingonyama Trust wat slegs vir Zoeloes is? Dat miljoene hektaar grond aan die Khoisan gegee is in 2007 deur Thabo Mbeki, dit word gerieflik geswyg dat hulle geregtig is op hul eie tradisionele leiers en gebiede, net vir hulle. Ander etniese swart volke is ook apart van mekaar.
Dus – wie is die kastige “reenboognasie” ? Rondom ons bly daar miljoene immigrante, waarvan heelwat onwettig is, en gebiede wat soms ingebou word in metro’s, bevat miljoene immigrante uit Afrika en elders. Selfs SASSA word uitgedeel.
*
*
*
*
*
*
(vervolg) ( to be continued)