Stem 100% saam met Front Nasionaal – hierdie was en is al van voor 1994 beplan en om uitgevoer te word. ‘n Man soos Ramaphosa wat die kommissie lei om blankes ekonomies te ontmagtig, sowel swart te smeer as “paddas” in sy pot en dan te verlekker in al die B-BBEE planne wat sy kommissie daargestel het om ons totaal en al te ontmagtig. Mag Hy ons met wysheid, krag en energie voorsien om hierdie kommuniste totaal en al nie net te ontmasker nie, maar ook om te keer in ons eie onafhanklike gebiede, soos dit hoort. Ons is nie deel van hierdie etniese swartes nie, was nog nooit en ons geskiedenis bewys dit. Diegene, die liberaal verligte blankes mag maar saam hulle feesvier. Persoonlik ‘n voorstander van selfbeskikking – volle soewereiniteit, ‘n reg vir elke etniese volk, ook vir die Afrikaner en boer (blankes wie se menseregte geskend word) – word deel van Front Nasonaal – ons lede gee ons die kennis en mag, die krag en verstand en met Sy Hulp kan ons dit weer verkry.
WEBTUISTE VAN FRONT NASIONAAL
https://www.frontnasionaalsa.co.za/nuus/
***
DIE OU STRATEEG KRUIP WEER UIT
Front Nasionaal SA
Cyril Ramaphosa se kabinetsamestelling dui daarop dat die strateeg wat by Kodesa vir Roelf Meyer ore aangesit het, nog in volle beheer is.
Die grootste verrassing is bepaald Patricia de Lille se aanstelling as Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur. Dit behoort duidelik te wees dat Ramaphosa daardeur so veel as moontlik van die bruin stem in die Wes-Kaap wil terugbring ANC toe en sommer terselfdertyd duidelik stel dat Good nie die ANC gaan opponeer nie. Inderdaad is Patricia waarskynlik die marionet wat die DA gaan besig hou – daar is mos nog heelwat appeltjies te skil tussen haar en Mmusi Maimane en ook JP Smith. Die verkiesingsuitslag het immers duidelik gewys dat Peter Marais toe nie die bruin stem na die VF+ gebring het nie, maar dat dit na Good toe gegaan het – die VF+ se groei was hoofsaaklik van ontnugterde oud-DA kiesers in die Wes Transvaal en Pretoria.
Barbara Creecy, oud Gautengse Minister van Finansies en voor dit, onderwys, is die enigste blanke kabinetslid nadat Derek Hanekom onder die bus beland het. Sy het die besigblyportefeulje van Omgewingsake, Bosbou en Visserye. (OP provinsiale vlak is die verskuiwing van Panyaza Lesufi in Gauteng van onderwys na finansies waarskynlik vir heelwat skoolhoofde ‘n verligting.)
Die ANC Vroueliga se monde is stilgemaak deurdat 13 portefeuljes aan vroue gegee is. Die skandemakers soos Bathabile (Wynkan) Dlamini is nie terug nie en die beskuldiginge van nepotisme is ook doodgeslaan deurdat Cyril se swaer, Jeff Radebe, nie sy portefeulje teruggekry het nie. Hy is vervang met Jackson Mthembu as Minister in die Presidensie.
Die hopelose Lindiwe Sisulu is van Internasionale Betrekkinge af weggeneem en in nog ‘n besigblyportefulje ingeskuif – Behuising, water en sanitasie. Naledi Pandor is in haar plek aangestel om met die wêreld te praat.
Om die kommuniste gelukkig te hou is Zuma se groot agterryer, Blade Nzimande, vir die derde keer terug as Minister van Hoër Onderwys, en nou ook verantwoordelik vir wetenskap en tegnologie – twee funksies wat nie ‘n Suid-Afrikaanse minister baie besig behoort te hou nie.
Die Kommuniste het wel ‘n dwarsklap gekry deurdat hulle handperd, Michael Masutha, nie meer Minister van Justisie is nie, maar vervang is deur Ronald Lamola. Dalk is daar nou ‘n kans om parool te kry vir Janusz Walus.
Nkosazana Dlamini-Zuma word geplaas by Tradisionele Sake, ‘n geval van hou jou vyand so na as moontlik onder oog. Dit was na alle waarskynlikheid ook die oorweging by David Mabuza se heraanstelling as adjunk president.
Ramaphosa raak met sy adjunk-ministers dan ook ontslae van die laaste ou Nasionale Party oorblyfsels.
Nog ‘n interessante aanstelling (nie kabinetsverwant nie) is die nuwe Hoë Kommissaris na Australië. Cyril het duidelik kennis geneem van die simpatieke geluide teenoor die blankes van die Australiese Liberale Party en die gemors wat Sisulu gemaak van haar reaksie daarop. Gevolglik is Marthinus van Schalkwyk uit Athene teruggeroep as ambassadeur na Griekeland en word nou die nuwe afgevaardigde in Australië.
Met die inlsuiting van Pravin Gordhan is ook ‘n duidelike boodskap gestuur aan die EFF dat Ramaphosa hom nie gaan laar afdreig nie.
Die strateeg aan die werk. Gee die duiwel wat hom toekom!
***