Selfbeskikking – Front Nasionaal

WAT IS DIE STORIE MET SELFBESKIKKING?
Front Nasionaal SA
Dat die verkryging van selfbeskikking werklik die enigste kans is vir die blanke minderheid in Suid-Afrika om as volk te oorleef, kan na Ramaphosa se staatsrede by niemand meer twyfel laat nie. Dat daar ook ‘n toenemende besef by mense is dat dit nou werklik die geval is, is ook sekerlik so, maar grootliks vanweë gewilde wanpersepsies lyk dit asof mense maar nog steeds wil vasklou aan die “lesser of two evils” opsie, DA stem en bid vir die beste.

TO VOTE ABROAD
DONATIONS: / DONASIES:

https://gogetfunding.com/front-nasionaal/?fbclid=IwAR0xxdSwzsLbs2zIubJUiW6xspFj7cIxhD_3bqqMS_70l_SzPUc0OgYBLSM

Dit gaan nie werk nie. En ons moet dit nou begin besef. ‘n Kwarteeu van DA stem het ons nog absoluut niks gebaat nie. Om aan te hou dieselfde stem uitbring en te hoop vir ‘n ander uitkoms is nie baie slim nie.

Nou moet ons die wanpersepsies eenkant skuif en ‘n slag goed kyk na wat die internasionale reg sê oor selfbeskikking en waarop ons ‘n eis daarvoor grondves. Die uittreksel uit artikel 3 . 8,2 (a – e) van die Statute van die VN, wat onderteken is deur Suid-Afrika in 1997, is baie duidelik daaroor. Hierdie statuut is ‘n jus cogens beginsel – met ander woorde, dit is verhewe bo die grondwette van state. En daardie besef slaan die wanpersepsie van “Die ANC sal dit nie toelaat nie” sommer net hier dood. Dis ‘n internasionale, staatsregtelike reël. En nee, Suid-Afrika het NIE onttrek aan die IGH nie – daar was so ‘n kennisgewing, maar die Konstitusionele Hof het dit omgekeer. Die besluit oor die toestaan van Selfbeskikking berus NIE by die ANC nie.

Die eerste stap is om na die regering te gaan met ‘n duidelike mandaat en te sê: “Daar is die getal mense wat ons gestuur het om te kom sê ons eis selfbeskikking. Gaan julle daaroor met ons praat voordat ons dit na die internasionale gesag toe neem?” So ‘n mandaat word op een manier alleen beding: Deur die aantal stemme wat ‘n politieke party op hom verenig in die volgende algemene verkiesing. En daarom vra Front Nasionaal: Gee jou stem vir ons sodat ons so veel as moontlik stemme vir Selfbeskikking kan hê. ‘n Stem vir enige ander party is ‘n blote ondersteuning van die huidige status quo en stel ons nie in staat daartoe om die proses aan die gang te sit nie. Dis hoe eenvoudig dit is: Jy stem VIR selfbeskikking of jy stem TEEN selfbeskikking.

Wat gaan ons dan in die Parlement sê? Ons gaan sê: Daar is 5 beginsels waarop ons vandag kan eis vir selfbeskikking en op al 5 beginsels het ons ‘n waterdigte argument. Hier is die vyf beginsels in artikel 3.8,2 (a-e) van die Statute van die VN en ons argument daaroor:

a) Ja, die hele konsep van ‘n geintigreerde “Reënboognasie” van onassimileerbare kulture en waardestelsels het ten doel om die integriteit as afsonderlike volk met kulturele waardes en etniese identiteit te ondermyn. Dit is die beleid van die regerende party, die opposisie en elke ander party in die Parlement van hierdie land. Dit bedreig ons voortbestaan.
b) Ja, die Staatsrede van die president het dit onomwonde gestel dat hierdie volk van sy grond, gebied en hulpbronne ontroof gaan word deur onteiening sonder vergoeding. Dis ‘n brutale oortreding van stipulasie b.
c) Ja, die herhaalde voorvalle waar verarmde volksgenote verskuif word na gebiede waar hulle genoodsaak is om te integreer, as minderheid, met ‘n onversoenbare kulturele waardestelsel is ‘n voorbeeld van ‘n oortreding van hierdie stipulasie. Munsieville is ‘n uitstekende voorbeeld daarvan. En ook dit is regeringsbeleid.
d) Die onlangse gebeure by verskeie Afrikaanse skole, op aandrang van verskeie ANC Provinsiale Ministers, is onomstootlike bewys daarvan dat ons op opvoedkundige, taalkundige en kulturele gebied gedwing word tot assimilasie en integrasie. Daar is talle ander voorbeelde van waar hierdie stipulasie deur die beleid van die huidige regering en sy opposisiepartye in die Parlement gruwelik geskend word.
e) Die talle uitlatings van selfs Parlementêre politici, en ook in die regerende party, oor “White Monolopy Capital”, Regstellende Aksie, SEB, aanhitsing tot geweld en diskriminasie met benaminge soos “Settlers” is waarskynlik die ergste oortreding van stipulasie e denkbaar.

Ons het 5 bewyse. Ons het die internasionale reg aan ons kant.

En nou moet ons dit gaan opeis. Maar dit gaan nie van Front Nasionaal afhang nie. Die besluit of ons dit moet gaan doen, berus by u. Daarop moet u nie hier op die sosiale media antwoord en dink dit is genoeg nie. Daarop moet u by die stembus gaan antwoord. Dis al wat ons vra.

 

 

Advertisements

Een gedagte oor “Selfbeskikking – Front Nasionaal”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s