Front Nasionaal: “nuwe korrupte SA”

 

KOM ONS VERGEET GOU ‘n BIETJIE VAN WAT GEVAT IS EN KYK NA WAT GEGEE IS
Front Nasionaal SA

Twee van die gunsteling aansprake van die Julius Malemas, Mngxitamas, Zumas en Tumi Morakes van ons tyd is mos:

1) Blankes het die grond en die land gesteel van die swartman….en…
2) Ons het die swartman bevry van koloniale, blanke onderdukking.

Image may contain: text and outdoor

Die breë swart bevolking glo dit soos evangelie, en tragies genoeg glo hopeloos te veel blankes hier te lande en elders dieselfde.

Beide is blatante verdraaiing van die korrekte feite. Inderdaad is dit sommer plein lieg.

Want….die oorgawe van 1994 na ‘n multikulturele staat met ‘n swart meerderheidsregering op grond van een mens een stem het berus op ‘n onderduimse gekook wat jare vantevore al begin het. Ja, binnelands was die ANC en ander terroriste besig om chaos te saai, maar uit die buiteland was daar ewe veel druk om oorgawe. En nogtans is daar op 17 Maart 1992 ‘n referendum gehou waaraan 85% van die blanke bevolking deelgeneem het en met ‘n meerderheid van 68,73 % “JA” gestem het vir die oorgawe. Mits ‘n mens nou daardie as ‘n ware en korrekte uitslag kan aanvaar – ek wonder baie dae daaroor.

Die swartman het homself nie “bevry” nie, die meerderheid van die blanke bevolking het daarvoor ‘n mandaat gegee. Alle aanduidinge was daar dat die Konserwatiewe Party by die volgende verkiesing die bewind sou oorneem. Suid-Afrika was in besit van een van die beste weermagte in die wêreld en het 2 dekades lank selfonderhoudend oorleef ten spyte van ekonomiese sanksies. As daardie referendum ‘n “NEE” uitslag opgelewer het, het ons nooit die pad gestap van vandag nie.

Swart Suid-Afrika kan gerus maar kennis neem daarvan dat hulle bitter min aandeel in hulle sogenaamde bevryding gehad het – dit is netso vir hulle gegee.

So miskien moet ons ‘n slag ophou luister na die gekerm oor wat alles gevat is en kyk na wat gegee is. En dan moet ons byvoeg dat dit wat gegee is, deur die blanke van Suid-Afrika gevestig is.

‘n Hele land is gegee.
Universiteite met wêreldgehalte fasiliteite en akademiese standaarde is gegee – en wat nou jaarliks afgebrand word.
Die spoorweë, Eskom, Krygkor, Yskor, SAUK en SAL is netso gegee. En sonder uitsondering is hulle almal ten gronde bestuur binne 2 dekades. Die treine brand, elektrisiteit is onbetaalbaar duur (wanneer dit beskikbaar is), Krygkor bestaan so te sê nie meer nie, Yskor is ‘n geraamte, die SAUK is ‘n bankrot grap en die SAL is nog net ‘n verleentheid.
Ons nasionale sport is, met voorsiening van kwotastelsels, netso gegee. Die Springbok van die gloriejare gee deesdae nog net stuiptrekkings.
Vooruitstrewende munisipaliteite en landbou-organisasies is netso gegee. Na 2 dekades is dit die vermaak van die ontvangers daarvan om die stadsale af te brand.
Netjiese, gedissiplineerde skole is netso gegee – na 20 jaar slaag leerders matriek met punte wat in die res van die wêreld as kwalik aanvaarbaar vir spesiale klas beskou word.
Die infrastruktuur is netso gegee. ‘n Netjiese netwerk van paaie wat die lengte en breedte van die land deurkruis het is oorhandig. Nou is daar meer gat as pad.
Vertroue is gegee is ruil vir beloftes. En beloftes het blaam geword. Blaam het verander in belediging en belediging is besig om geweld te word.
‘n Vriendskapshand is gegee met die versoek om vorentoe te beweeg. Naakte haat en rassisme is terug gegee.

Kom laat ons nou eerlik wees: Selfs al sou ons die argument dat die land gesteel is aanvaar (wat ons baie beslis sterk betwis!) is hy op 28 April 1994 terug gegee in ‘n baie beter toestand as wat hy was toe hy kwansuis gesteel is. En hy is deksels vinnig op pad terug na waar hy aanvanklik was!

As die Morakes en Malemas van die dag sê daar moet gepraat word en daar moet geluister word, nouja, dan praat ons en dan luister ons. Maar dan moet ons die waarheid praat en na die waarheid luister. En die waarheid lê in hierdie onderskeid: Kom ons weeg op dit wat gevat is teen dit wat gegee is.

En verstaan dan sommer ook dat die tyd nou aanbreek waar ons begin dink: Ons het nou genoeg gegee. Nou wil ons weet: Wat is daar dan vir ONS in hierdie hele aangeleentheid?

Die antwoord daarop is eenvoudig: Net mooi niks meer nie. Daarom soek ons selfbeskikking in ons eie staat vir ons eie mense in vrede en voorspoed. Dis waarvoor ons in 2019 stem. Dis waarvoor Front Nasionaal in 2019 staan.

Advertisements

Een gedagte oor “Front Nasionaal: “nuwe korrupte SA””

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s