Amerika / America

Opiniestuk van Front Nasionaal

Image result for america map

BLOU GOLF KOM TOE NIE
Front Nasionaal SA

Die “blou golf” van die linkse Demokrate wat gister en laasnag oor Amerika sou spoel en bewys dat die Amerikaners die Republikeine en Donald Trump verwerp, het toe nie gekom nie. Tot die liberaliste en die media se geweldige teleurstelling, natuurlik.

Die finale uitslag is nog nie bekend nie, maar Donald Trump het nie rede om bekommerd te wees nie.

369 van die 435 setels in die Huis van Verteenwoordigers is verklaar en die Demokrate loop daar voor met 192 teenoor 177. Die eerste party wat 218 setels haal, is in beheer van die Huis.Dit is algemeen aanvaar dat die Demokrate die Huis sal oorneem, maar die voorspelling was dat dit ‘n wegholoorwinning gaan wees. Dit was toe nie.

Die Senaat bly Republikeins. 94 uit die 100 setels is verklaar met die Republikeine in besit van 51, die Demokrate het 42 en een onafhanklike setel gaan aan die verteenwoordiger van Vermont, Bernie Sanders, wat twee jaar gelede ook probeer het om president te word. Hy is redelik liberaal.

Wat die res aanbetref was dit nie ‘n goeie dag vir die linkses nie. Die Demokrate se “poster boy” – Beto O’Rourke, was so seker dat hy Texas sou wen met sy pro-immigrasie, pro-wapenbeheer beleid dat hy ‘n voetbalstadion gehuur het om vanaand die oorwinningspartytjie te vier. Senator Ted Cruz van die Republikeine het hom gemaklik die loef afgesteek

Florida, die onvoorspelbare staat in enige verkiesing, het ook vir die linkses ‘n verrassing gegee toe hulle die Demokratiese goewerneur, Andrew Gillum, die deur gewys het die konserwatiewe Ron DeSantis van die Republikeinse Party, ‘n sterk Trump ondersteuner, in sy plek gekies het. Georgia het ook sterk republikeins geswaai.

Nog ‘n onaagename verrassing vir die Demokrate was die skielike hertoetrede tot die voorste linie van politiek deur die nuutverkose senator van Utah – Mitt Romney, wat destyds die presidentsverkiesing teen Barack Obama naelskraps verloor het. Romney is nie ‘n sterk Trump ondersteuner nie, maar hy is ‘n kopseer vir die Demokrate in die Midde-Weste.

Die Demokrate het wel drie historiese oorwinnings behaal waaroor die liberale natuurlik juig. Soos gewoonlik is die gejuig nie oor prestasie of histories belangrike dade nie, maar oor onbenullighede. Die Demokrate het die eerste twee Moslemvroue in die Kongres – Rashida Tlaib in Michigan en Ilhan Omar in Minnesota. Die Demokrate het in New York met die verkiesing van Alexandria Ocasio-Cortez die jongste lid ooit van die Kongres – sy is 29. En met die verkiesing van die baie linkse Jared Polis as goewerneur van Colorado is die eerste openlik gay man in ‘n senior politieke amp verkies.

Oor die algemeen lyk dit dus asof die ekonomiese vooruitgang sedert Trump se verkiesing die bepalende faktor was. Ten spyte van ‘n redelike lae gewildheidsyfer van 44% (steeds meer as Obama s’n) is dit duidelik dat die Amerikaners se harte nog steeds na regs neig.

Neem gerus deel aan gesprekke op Facebook

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s