Spoke van Suid-Afrika

*

Spoke bestaan wel en dis vir elkeen om self te glo, voel of sien wat ander persone nie kan voel of sien nie.    Die feite is, spoke is al so oud soos die Bybel self.   Hulle kan selfs ouer wees dat persone wat rondloop nie behoorlik gaan rus het nie en verkies om dalk nog saam hul families te vertoef of selfs oudkollegas te kuier of te vergas met hul onsiende teenwoordigheid.

Erasmus Castle | Pretoria

*

Heelwat spoke mag dalk vies en kwaad wees vir hul nageslagte of selfs voorouers, of dalk vir die koloniale owerhede, wie sal werklik die omstandighede weet van die spoke wat steeds met ons is.   Daar is goeie spoke wat moontlik ‘n persoon kan waarsku teen gevaar en ander is weer uit om persone uit ‘n huis, hospitaal en selfs raadsale weg te jaag of bang te maak om eerder pad te gee.  Baie persone verkies om eerder nie daaroor te praat nie, want hulle is bang vir wat hulle gesien het en nie wil boekstaaf nie.

Hoe sal iemand regtig weet wat in die eensame dae of nagte van siek pasiënte in hospitale gebeur het.  Kempton Park is nie die enigste hospitaal waar die spoke nie tot rus kan kom nie.    Dalk is dit pasiënte eenvoudig vermoor en uit die lewe gehelp, terwyl dit nie hulle tyd was om te gaan of hul geliefdes te groet nie.   Moorde word so maklik en skielik gepleeg.   Nou het hierdie persone geen rus nie en jaag almal om hulle rond.

Sekere paaie lewer hul eie spoke op.   Die ‘appel persoon’ is bekend in die Kaap.

Padspoke

*

Die Kasteel in Kaapstad het ook haar spoke van die verlede wat die hede ontmoet.   So word daar vertel deur die wat dit gaan ondersoek het.

Castle of Good Hope - The Little House of Horrors

Dit word vertel die mees spookagtige plek in Suid-Afrika is in Kaapstad – die Kasteel van Kaap die Goeie Hoop – wat ‘n lang geskiedenis van vermoedelike waarnemings en vreemde gebeurtenisse het. Ondersoekers van sy samelewing het in die verlede “bloedstollende gille” binne die kasteelmure gehoor, sowel as “stemme en baie baie voetstappe en skaduwees”.  Hier het baie onbehoorlike dinge aangegaan, daarom rus daardie spoke min.

Kaapstad Kasteel is welbekend vir die feit dat dit die mees spookagtige plek in Suid-Afrika is, gevolg deur die Kempton Park Hospitaal.

*

Die Kasteel in Kaapstad se spoke

&

Groenpunt Lighuis in die Kaapse skiereiland

*

Castle in Cape Town – Kasteel in Kaapstad.

*

Baie laat in die nag as dit baie stil is, kan jy die Kasteel hoor kreun en byvoeg dat hierdie geluide maklik verklaar kan word deur die feit dat die gebou in die grond “ingebou is”. Maar wat een persoon nie kan wegverduidelik nie, is deure en vensters wat stilweg hulself oopmaak, honde wat blaf, of waarnemings van mense wat blykbaar eers oomblikke later verdwyn. Sy verbintenis met die kasteel dateer terug na ‘n voorvader wat ‘n soldaat daar was in 1696.

Daar is verskillende stories en legendes van spoke in die kasteel. lees meer daaroor.

Die Kasteel se inwonende restourasiekunstenaar moes een aand laat werk. Sy glo nie in spoke nie en het geweet sy is die enigste persoon in daardie deel van die Kasteel. Die deur agter haar was oop, maar toe sy omdraai, was dit toe. Daar was geen wind nie en nie een persoon in sig nie.

*

Totale chaos en vernielde hospitaal, soms staan mediese toerusting nog rond.

🇿🇦Why Kempton Park "HAUNTED" Hospital was closed?✔

Kempton Park hospitaal

&

Kempton Park hospitaal – 26 Desember 1996

*

Daar word ook heelwat spookstories vertel oor immigrante en jonges wat gesneuwel het in oorloë en nie kon terugkeer na hul eie vaderlande nie.    Vermoedelik word hulle dus deur omstandighede buite hul beheer, vasgepen in vreemde grondgebiede wat onbekend is.

Daar is selfs ouer gardes wat tydens die Anglo-Boere oorloë sleg behandel is, en daarvan getuig dit wat die Boere moes meemaak, sowel hul vroue en kinders in konsentrasiekampe wat weens honger en dors, met geen mediese sorg moes probeer oorlewe.   Heelwat van die spookstories word deur vreemdelinge wat sulke persone of nageslagte/voorgeslagte hoegenaamd nie geken het nie, oorvertel.   Sulke persone wat die spoke gesien het, sal hul meestal in lewende lywe beskryf as ‘n werklike ervaring asof daardie persoon(e) nooit dood is nie.  Daar is al heelwat sulke gevalle wat aangehoor is.  Wildvreemdes wat die ou persone wat 100 jaar gelede geleef het in lewende lywe beskryf.

*

PRETORIA SE SPOKE – DAAR IS HEELWAT

Hier is ‘n tipiese bisarre drama wat na bewering afgespeel het voor werknemers van die Pretoria wat na bewering mans geklee in swart mantels en swart kappies gesien het wat hul koppe in die Ou Raadsaal-gebou bedek het.    Die gebou word vir personeel gebruik as kantore wat verplaas is toe Munitoria afgebrand het.   Die ou Raadsaal is nie die enigste gebou waar spoke ronddrentel nie, daar is ook ander landmerke in Pretoria waar spoke nie rus nie.

Ou Raadsaal – Wikipedia

’n Bejaarde man met ’n Paul Kruger-agtige baard stap op die terrein, en die ryk ou eienaar se ysige teenwoordigheid in die huis wat hy met liefde gebou het, is maar van die spookagtige karakters wat Pretoria op die kaart van Suid-Afrika se mees spookagtige plekke geplaas het.   Die spook wat rondloop in die ou Raadsaal, Kerkplein word beskryf as die van Paul Kruger en word ook op ander plekke opgemerk.  Waarnemings is aangemeld en sy teenwoordigheid na bewering gevoel, terwyl sommige praat daarvan om ‘n blik te vang hoe hy op die terrein van Smuts House rondloop en weier om te vertrek.

Die ‘vriend’ van Paul Kruger, Sammy Marks was ‘n sakeman van sionistiese afkoms en het sy fortuin in die Barberton-goudstormloop gemaak.  Suid-Afrika se minerale rykdom het miljoene aan hierdie sioniste laat verkry.    Het die spoke al die miljoene van Kruger dalk ook verdoesel of na die groot heersers gestuur?

Marks het sy huis gebou op wat bekend staan as Zwartkoppiesaal en het glo by die huis gebly, wat nou ‘n museum is.   Interessant dat al hierdie sioniste se groot paleise wat rondom goud en diamantvelde gebou is, almal in museums ontpop het.    Hier is nog meer spoke wat rondloop en nie rus nie.    Personeel en besoekers praat van sy ysige teenwoordigheid, ook gevoel met die onverklaarbare oop- en toemaak van deure. ’n Huilende baba in wat die kwekery was, is na bewering die spook van een van sy kinders, wat in 1990 daar gesterf het.

*

Plans confirmed to reopen Kempton Park Hospital

Ou hospitale wat in kantore omskep is, word koud nadat die son sak soos enige ander gebou.  Maar daar is ‘n gevoel van koue rillings wat werkers eerder verkas en inderhaas huis toe jaag.   Een ou hospitaal wat eenvoudig verlate, leeg en spookagtig gevind word, is die hospitaal in Kempton Park, eens pragtige hospitaal.   Of dit nou net stories is maar die spoke loop glo baie hier rond in die wandelgange van hospitale.    Saam die spoke het die korrupsie gekom en al die spoke veroorsaak wat steeds nie kan rus nie.

Dalk is die hospitaalspoke niks anders as om die korrupsiespoke wakker te maak vir daardie miljoene rande wat sou gespandeer gewees het.   Sommige dinge in die hospitaalbedryf of eerder staatshospitale wat netso gelos word, maak nie sin nie.   Daarom die moontlike verspreiding van spookstories.  Feite of nie?

Die regering van 1996 het glo miljoene ‘bestee’ om dit en die inhoud daarvan te bewaak, wat kwansuis steeds duur mediese toerusting insluit wat agtergelaat is in die nasleep van een of ander vreemde massa-ontruiming van personeel en pasiënte.

Blykbaar het die regering in sy wysheid besluit hy wil gesondheidsorg desentraliseer en na die informele sektor of woongebiede neem (of so iets) en het dus almal daarvolgens herontplooi. Selfs dit het nie gebeur nie – waar is al die geld vir hierdie uitgawes op nasionale en provinsiale vlakke heen?

Dit eindig op in chaos spookverhale, mense wat siek was, wat nie mediese sorg kon geniet het nie.   Dood het ‘n angel.   Die toestande van staatshospitale is ‘n nagmerrie, was sedert 1994 so.   Dwarsdeur al die provinsies en is glo erger as hospitale wat eensaam en verlate eenkant gelaat is.

Die spoke dwarrel gewillig daar rond, praat of maak vensters en deure oop/toe.   Hospitale word glad nie of min onderhou nie, net soos wat Eskom en ander staatsentiteite deurloop.   Gevangenisse is en lyk vandag in ‘n beter toestand as sommige munisipale strukture, laasgenoemde eintlik ‘n moet vir beter samelewings, maar duidelik trek die gevangenisse en misdadigers beter inkomstes vir die regering.

*

PRETORIA

Die Victoria Hotel, wat in 1880 geopen is, spog met ‘n aantal spookagtige gaste en kom hoog op die lys van mees spookagtige plekke in die land.    Die vorige naam is Hollandia hotel, maar het voor dit bekendgestaan as die Stasiehotel.

Gaste en spoke was aan die orde van die dag.   Die kleiner spokie wat tuis is by die Hollandia oftewel Victoria Hotel, is Alfie gedoop.   Hy  is glo ‘n vabond en ondeunde seuntjie wat deur die gange storm, krane oop en toedraai in die eens pragtige hotel in Pretoria.   Hy maak gedurig geraas in die kombuis wat mense die harnas injaag – en niemand weet wie dit veroorsaak nie.   Die kind speel steeds met potte en panne in die kombuis.    En natuurlik as daar gekyk word waar die water mors, is daar nie ‘n druppel om droog te maak nie.   Dalk het daar ook onverklaarbare klaviere en orrels begin musiek maak.

Die pronkerige trap moet liefs na 10 in die nag vermy word.    Wees maar gewaarsku.    Daar is ‘n grys ou tante wat grasieus verby trapklimmers sweef in die flikker van kersligte.   Dalk is dit die persoon na wie die hotel vernoem is wat steeds probeer koningin kraai met haar teenwoordigheid.   Die hotel is net oorkant die stasie geleë.   Dalk is hierdie spoke ook op treine of busse sigbaar.   Korrupsie spoke speel waarskynlik ‘n groot rol in infrastrukture ook.   Hulle gaan nog baie rondgejaag word.

Pics: Hotel's haunted history

Boomstraat se museum

Gille en kreun langs die museum in Boomstraat het al menige kere sommige persone hoendervel gesorg.

*

Daar is gedurig die opmarse van dapper gewilliges wat hierdie spoke wil ontmoet.   Die bus het dapper siele na van die spookagtigste en donkerste plekke in die stad geneem, soos die Jan Smuts-museum, Erasmuskasteel, ook bekend as Die Spookhuis, en Ou Raadsaal, wat geëindig het met ‘n wandeling deur ‘n spookagtige woud en ‘n koue begraafplaas.   Dit het ‘n donker kersverligte spookkamer in die Smutshuis gehad waar staatsman Jan Smuts baie jare gelede vir meer as 40 jaar gewoon het. Die huis staan bekend as Doornkloof en is nou ‘n museum.     Mense het egter berig dat hulle ‘n ou man op die terrein sien ronddryf het met ‘n Kruger-agtige snor.   Dalk die jagtog op die Boere se uitwissing, daar is steeds spoke wat nie rus nie.

Deelnemers op die een bus het hoendervleis gekry toe die bus buite die Erasmuskasteel, na verwys as Die Spookhuis in Erasmuskloof stilgehou het.    Gerugte van spoke en bonatuurlike ontmoetings in en om die huis is volop. Paranormale aktiwiteit sluit verligte vensters in die onbewoonde herehuis in, asook die gekerm in die nag.

*

Heidelberg (Transvaal) wat deel was van die ou ZAR,  is bekend vir ‘n verskeidenheid geskiedenis, spookstories, folklore-legendes en historiese Victoriaanse geboue waarvan kennis gedra word.     In die ou Tronk is Salmon van As tereggestel.     Harry The Misschievious’, ‘Cecille en haar baba’, ‘n spookhond, en die ‘konsentrasiekamp spoke’.   Verskeie ander bekendes en legendes word genoem…  Heelwat spoke is al hier gevoel en skaduwees gesien.

Venue De Rust

*

BRONNE EN ANDER INLIGTING

https://www.citizen.co.za/news/opinion/whats-far-scarier-than-a-haunted-abandoned-hospital-in-kempton-park/

https://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/ghosts-tales-put-tshwane-on-haunted-map-1940623

https://www.iol.co.za/travel/south-africa/gauteng/pics-hotels-haunted-history-1989516

https://www.iol.co.za/travel/south-africa/western-cape/inside-sas-most-haunted-site-1550960

Daar word heelwat plekkies besoek en bestudeer deur die gewillige en dapperes.
https://mysteryghostproductions.co.za/routes.html

Lewer kommentaar