Cashel

*
Hierdie ou geboue moes eens op ‘n tyd baie glorieryk en ‘n imposante kasteel en kerk gewees het.  Elkeen bevat unieke stukkies wat ‘n meesterlike legkaart van eeue se geboue en karakter weerspieël en komplementeer.  Slegs die dak wat afgehaal is veroorsaak natuurlik ‘n ongekende leemte, maak dit ietwat onvolledig.

*

Dit is in Ierland geleë en besonderse style en argitektuur wat eeue geselsies aanknoop en met mekaar gesels.   As die wind liggies hierdeur waai, is daar waarskynlik ‘n verskeidenheid van oeroue stemme en  ego’s wat weerklink, van koninklikes tot priesters tot besoekers van oral oor.  Dit laat asems wegslaan.

Oorspronklik is hierdie geboue die setel van die konings van Munster.   Volgens legendes, het St. Patrick self hierheen gekom om koning Aenghus tot die Christendom te bekeer. Brian Boru is in 978 by Cashel as Hoë Koning gekroon en het dit sy hoofstad gemaak.

Die uitsig is fenominaal.   Dit op ‘n dramatiese uitloper van kalksteen in die Goue Vale, die Rots van Cashel geleë.   Ikonies in sy historiese betekenis, besit die die ontwerp ‘n indrukwekkendste groep middeleeuse geboue in Ierland. Onder die monumente wat gevind kan word, is daar ‘n ronde toring, ‘n hoë kruis, ‘n Romaanse kapel, ‘n Gotiese katedraal, ‘n abdy, die Hall of the Vicars Choral en ‘n vyftiende-eeuse toringhuis.

Die uitstaande geboue op die Rots van Cashel, County Tipperary, was die eerste nasionale monumente wat in Oktober 1874 in staatsbewaring geneem is. Wetgewing in 1882 het die OPW algehele gesag oor al Ierland se nasionale monumente gegee en die missie om dit vir toekomstige geslagte te bewaar het in alle erns begin.

Die Rots van Cashel is een van Ierland se mees skouspelagtige en – welverdiend, die mees besoekte toeriste-aantreklikhede. Die oorblywende geboue is merkwaardig.    Die Cormac’s Chapel, byvoorbeeld, bevat die enigste oorlewende Romaanse fresko’s in Ierland.

In 1101 is die terrein aan die kerk toegeken en Cashel het vinnig bekend geword as een van die belangrikste sentrums van kerklike mag in die land.

Volgens legende het die duiwel ‘n hap uit die berg geneem en dit teruggespoeg. Dit het in die middel van Tipperary se platteland beland en die Rots van Cashel geword. Die Eóghanachta-stam het eeue lank die streek regeer, maar het in die 10de eeu besit aan die O’Briens verloor onder hul leier, Brian Boru. En in 1101 het sy voorvader besluit om die Rots van Cashel as geskenk aan die kerk te gee.

In die middel daarvan is die 13de-eeuse katedraal wat die Rots anker, terwyl die 15de-eeuse “Hall of the Vicars Choral” is waar leke eens katedraaldienste gesing het – hul stemme kon kilometers ver gehoor word.  In die donker en klam van Cormac se Kapel, 800 jaar oue fresko’s langs die boë: heiliges met goudkoppe, hande gelaag oor saffierblou en klere van bloedrooi om te sien teen eeue se verval.

*

Originally the seat of the kings of Munster, according to legend St. Patrick himself came here to convert King Aenghus to Christianity. Brian Boru was crowned High King at Cashel in 978 and made it his capital.

The buildings are built on a huge rock. The Rock of Cashel is one of Ireland’s most spectacular and – deservedly – most visited tourist attractions. The surviving buildings are remarkable. Cormac’s Chapel, for example, contains the only surviving Romanesque frescoes in Ireland.    In 1101 the site was granted to the church and Cashel swiftly rose to prominence as one of the most significant centres of ecclesiastical power in the country.

rock-of-cashel-vertical-image-two

*

*

*

VERWANTE INLIGTING EN BRONNE

https://heritageireland.ie/places-to-visit/rock-of-cashel/

Cormac’s Chapel: The Jewel in the Crown (Part 2)

https://www.ireland.com/en-us/things-to-do/attractions/the-rock-of-cashel/

https://www.alamy.com/stock-photo/cashel-castle.html?sortBy=relevant

*

 Rots van Cashel

1 gedagte oor “Cashel”

Lewer kommentaar