*
Hoeveel weet ons lede van Robben eiland. ‘n Nedersetting is gedurende 1806 tot 1808 aan die suidelike punt van die eiland gebou om die Britse tronk te akkommodeer. Teen 1833 het hierdie nedersetting ‘n groot huis vir die kommandant, soldatekaserne, toesighouers se huise, ‘n bakkery, slaghuis, smederij, werkswinkels en tronkverblyf vir ongeveer 200 gevangenes ingesluit. ‘n Dokterswoning en pastorie is in die vroeë 1840’s bygevoeg.

*
Terwyl die Britte begin grondgebiede in suidelike Afrika geannekseer het, het daar ook sekere ontwikkelings op Robben Eiland plaasgevind. Met Uniewording, ongeveer 1939, is dit verder uitgebrei na die tonnel sisteme toe waar dit vir militêre gebruike aangewend is. Daar was ook ‘n blokhuis opgerig. Dus, vorm dit deel van militêre strategie om die Kaapse seeroete te beskerm.

Die Blokhuis versterk die karakter van die histories belangrike WWII-laag wat op Robbeneiland teenwoordig is. Die keuse van konstruksiemateriaal en die robuuste besonderhede hou nou verband met die ander gewapende betonstrukture wat vir die weermag op Robbeneiland gebou is.
*
Die een Kerk bestaan nie meer op die eiland nie. Die Garnisoenkerk is in 1841 gebou en die Nederduitse Gereformeerde Kerk Pastorie in 1894. Die vuurtoring is op Minto’s Hill in 1864 gebou, na die wrak van die ‘Forfarshire’-vaartuig. Drie jetties is aan die oostelike oewer van die eiland gebou. Die eerste twee is deur stormagtige see weggespoel, terwyl die derde bekend as Faure Jetty vir meer as 50 jaar gebruik is. Hierdie jetty bestaan vandag nog.

*
Unie van Suid-Afrika
Tussen 1931 en 1960 het die eiland ‘n belangrike rol in Suid-Afrika se militêre geskiedenis gespeel – as ‘n versterkte stasie en tuiste van ‘n groot aantal personeel van die gewapende magte.
Gedurende hierdie militêre tydperk is die eiland nie as ‘n hospitaal gebruik nie en ook nie as ‘n tronk nie. Dit het uitsluitlik gedien as die militêre sekuriteit van die land soos in ‘n Staatskoerant van 22 Mei 1936 wat verklaar het dat dit “vir militêre doeleindes gereserveer sou word”.
Robbeneiland het egter eers in 1939 ‘n aktiewe verdedigingsterrein geword toe dit gedien het om Geallieerde belange tot 1945 te beskerm.
Verskeie soorte toerusting is na die eiland gebring.

*
Verwante artikels, inligting en bronne
https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=15378
[…] Koloniale uitbreidings op Robben Eiland […]
LikeLike
[…] Koloniale uitbreidings op Robben Eiland […]
LikeLike