Selfbeskikking ‘n werklikheid

Dis ‘n besonderse eer as mens nadink oor ons geskiedenis, wat gevul is met hartseer wat ander lande aan ons volk probeer doen het, en soveel dood en verwoesting onder ons mense gebring het.   Maar daar is hoop vir ‘n beter toekoms deur ons eie potjie te krap en op ons eie onsself te regeer in ‘n onafhanklike gebied.  Dit was in 1960-1961 so, waar ons voorouers ook met die rug teen die muur was en keuses moes maak.   Gaan ons opstaan vir menseregteskendings deur ons los te maak van die kommunistiese bande, of gaan ons heeltyd kruipend wees voor die kommuniste vir die krummels wat van hul korrupte tafels afval.  Inderwaarheid is dit ons belastinggeld wat so verkwis word.  Dink aan die 8840 tradisionele leiers – wat het hulle met ons uit te make – almal spreek van die berge af “aparte” gebiede is weg – dit is nie.  Dis vervang met Trustgebiede/CPAs.   Onteiening is ‘n werklikheid en besettings is een daarvan – geweldadig en moordadig.   Swart bemagtiging is op ‘n ander bladsy geweldadig en impak op die armoede van ons volk.  Waar ons mense hongerte onder bome die elemente trotseer en ook smag na vryheid.   Kultuur, taal, identiteit en volksidentiteit is 1994 aan die paal opgehang deur die liberaal verligte blankes.  Ons by Front Nasionaal kan dit onmoontlik alleen doen nie, en het ‘n mandaat daarvoor nodig met 2019 verkiesing op nasionale vlak.   Multi-kulture kan nie namens ons besluite maak as volk nie.  Ons voorouers het gewys waartoe hulle in staat is, kan ons dit ook doen?

Image may contain: one or more people and text

DIE EERSTE SELFBESKIKKINGSREFERENDUM
Daniel Lötter
Front Nasionaal SA

Op 5 Oktober 1960 het die blanke bevolking van Suid-Afrika vir die eerste keer na die stembus gegaan om ‘n mandaat vir selfbeskikking te gee. Die referendum is in Januarie van daardie jaar deur die Eerste Minister, dr H F Verwoerd, uitgeroep en daarmee is die besluit aan die volk oorgelaat of hulle langer deel van die Britse Ryk wil wees en of hulle vry wil wees van enige vreemde regering in ‘n selfstandige Republiek. Bykans ses dekades na die vernedering van Vereeniging, was daar die kans om die Republikeinse ideaal te verwesenlik, en dr Verwoerd het besef dat hy dit alleen sal kan doen deur ‘n wettige mandaat daarvoor van sy volk te kry.

Het hy?

1960 was die bloeiperiode van Afrikaner nasionalisme. ‘n Mens sou verwag dat daar ‘n ongekende eensgesindheid sou wees. Toe die stemme getel word, het die “Nee” stem inderdaad op ‘n stadium met 170 000 stemme voorgeloop. Dit was die Vrystaat wat die knoop deurgehaak het. Uiteindelik was die “Ja” stem vir die Republiek uiteindelik 52,2% – net meer as die helfte van die 1 633 872 stemme was ten gunste van die Republiek.

Die Kaapprovinsie het ‘n “Ja” stem met 50,15% uitgebring, Transvaal met 55,58%, die Vrystaat met 76,72% en Natal het oorweldigend “Nee” gestem met 76,2%. Verwoerd het hiervoor probeer kompenseer deur te verklaar dat Suid-Afrika ‘n Republiek sal bly, maar binne die Britse Statebond. Daarvoor was die ander Statebondslande nie te vinde nie, tensy Suid-Afrika sy rassebeleid laat vaar en Verwoerd was genoodsaak om die Republiek uit die Statebond te onttrek.

Op 31 Mei 1961 is volledige selfbeskikking dus verkry met Republiekwording – en op 28 April 1994 netso op ‘n skinkbord weer weggegee.

Wat leer ons hieruit:

1) Dat selfbeskikking verkry kan word deur ‘n wettige mandaat daarvoor te gee, selde deur ‘n referendum of ‘n nasionale verkiesing. En dit is Front Nasionaal se beleid. Ons het dit een keer reggekry, waarom nie weer nie?
2) Dat daar nie ‘n oorweldigende meerderheid nodig is nie, net ‘n duidelike mandaat dat daar ‘n begeerte na selfbeskikking bestaan
3) Dat die geykte argument oor selfbeskikking wat nie kan gebeur as “almal nie eers saamstaan nie” van nul en gener waarde is. Selfs op die golf van nasionalisme in 1960 was daar nie eenheid nie. Die verdeeldheid in mening oor selfbeskikking was inderdaad veel dieper as nou, en nogtans het dit realiseer.

Die vraag is nou: Gaan ons weer probeer?

8 Mei 2019 is die geleentheid daarvoor. Ons gaan probeer. Wat van jou?

***

We as people need each other – and we as political party can not do it without the people to get our freedom back.   We have to make choices and our ancestors also did the same.  All we ask is for a mandate to get self-determination.   It is a reality and an international right for each people to rule themselves.   Vote for self-determination on 8 May 2019 to get our freedom back.   Ask your friends,  relatives and families to do the same.   Freedom is more important.   Nobody can buy this over a counter.

***

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

https://www.frontnasionaalsa.co.za/wie-is-front-nasionaal/verkiesings-manifes/

***

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s