Kommunistiese konneksies ANC

 

‘n Artikel van Front Nasionaal in 2017 geskryf deur Adv Jurg Prinsloo oor die ANC en betrokkenheid van sabotasie in die vroeë 60 jare rakende wat ook Umkhonto we Sizwe, kommuniste Nelson Mandela en Bram Fischer insluit.
In 1964 Bram Fischer led the defence of Nelson Mandela in the Rivonia Trial. In 1966 Fischer was himself sentenced to life imprisonment in South Africa for his political activities against the policies of so-called apartheid.


ADV. JURG PRINSLOO KAP BEELD EN HOOFREGTER

In die berig word verwys na die Hoofregter van Suid-Afrika se toespraak twee dae tevore by die “Apartheidsmuseum” ter gedagtenis aan Bram Fischer. “Hoe kon ons so gou die opofferings van diegene soos Bram Fischer vergeet het?” het die regter Mogoeng volgens die berig gevra.

In Oktober 2016 het dieselfde Hoofregter volgens media-berigte tydens die “Oliver Tambo Gedenklesing” hulde gebring aan Oliver Tambo, afgestorwe leier van die African National Congress (“ANC”) . Gedurende Tambo se ampstermyn is ʼn bloedige terroriste-oorlog deur die ANC teen die bevolking van Suid-Afrika gevoer .

Hierdie oorlog is deur Nelson Mandela, stigter van Umkhonto we Sizwe, verklaar. Honderde “swart” Suid-Afrikaners is onder andere gedurende Tambo se ampstermyn uit hul huise gesleep deur “swart” misdadigers so jonk soos tien jaar en dan op die mees onmenslike manier dood gemartel met die sogenaamde “halssnoer”- metode. Dosyne mense is gedood of vermink deur kleefmyne wat deur ANC-lede op publieke plekke geplant is . Die wesenskenmerk van hierdie terrorisme was dat daar geen onderskeid gemaak is tussen “swart” en “wit” teikens deur hierdie terroriste nie. Die doel was duidelik om die algehele bevolking so bevrees te maak vir opposisie teen die ANC dat hulle die ANC nie sou teengaan nie, maar eerder sou saamerk met, of oorgee aan, die ANC.

*

Wie was Bram Fischer, aan wie Hoofregter Mogoeng nou so roerend hulde bring?
Fischer was die kleinseun van die enigste Eerste Minister van die sogenaamde Orange River Colony. Jong Bram Fischer was Afrikaanssprekend, maar het van sy belangrike persoonlike vormingsjare as student aan universiteite in Brittanje deurgebring waar sy belangstelling in kommunisme oënskynlik posgevat het.

Hy het opgang gemaak in Johannesburg as mynregte-advokaat en ook noue bande met Mandela en die ander kommuniste van daardie tyd gesmee. ʼn Voorbeeld hiervan was dat daar tydens die arrestasies van die ANC/kommunistiese samesweerders op 11 Julie 1963 te Liliesleaf plaas, Rivonia, ʼn geskrif in Fischer se eie handskrif op die perseel was. Fischer is vir die daaropvolgende bekende “Rivonia” sabotasie-verhoor teen Nelson Mandela en andere gekies as die beskuldigdes se senior advokaat, bygestaan deur advokate V.G. Berrange, George Bizos en Arthur Chaskalson. Fischer was op daardie stadium in die geheim die waarnemende voorsitter van die SA Kommunistiese Party, ʼn wetlik verbode organisasie.

Die Rivonia-verhoor het op 12 Junie 1964 geëindig nadat Mandela en ander die vorige dag skuldig bevind is aan sabotasie (Mandela het interessantheidshalwe sy skuld op twee aanklagte erken). Mandela is lewenslange gevangenisstraf opgelê weens die feit dat die doel van die sabotasie was om die regering omver te werp.

Fischer is daarna in 1964 in hegtenis geneem en aangekla van onwettige lidmaatskap van die SA Kommunistiese Party en sameswering om sabotasie te pleeg.Toe borgtog aan hom toegestaan is sodat hy ʼn hofsaak in Londen kon hanteer, het hy ontvlug en nege maande lank in Suid-Afrika kom wegkruip totdat hy in 1966, na sy her-arrestasie, skuldig bevind is en lewenslange gevangenisstraf gekry het. Dit was later in dieselfde jaar, op 6 September 1966, dat Dr. Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika, in ʼn sluipmoord-aanval in die parlement vermoor is .

Fischer is as kommunis so hoog geag dat hy in 1967 die Lenin-vredesprys ontvang het.
Fischer is in 1975 uit die gevangenis vrygelaat en is weke na sy vrylating aan kanker oorlede.

Kommunistiese regerings is vir verreweg die grootste doelbewuste politieke moord-veldtogte in die wêreldgeskiedenis verantwoordelik. Lees gerus die geskiedenis van die miljoene moorde deur onder andere die Stalin-, Mao Zedong – en Pol Pot- bewinde. Kommunistiese regerings is dwarsdeur die geskiedenis ook gekenmerk deur sistematiese uitdwinging of uitwissing van enige opposisie, die uiteindelike vestiging van kommunistiese eenparty-state, en die sistematiese onderdrukking van godsdiens .
En ons Hoofregter besing die lof van die kommunis Bram Fischer?

Volgens die berig het die Hoofregter onder andere gesê Fischer was “ ʼn man van vrede wat wou gehad het dat Suid-Afrikaners, swart en wit, moet saamkom” en het die Hoofregter gevra “of dit waarvoor Fischer geveg en doodgegaan het relevansie verloor het vir die land en sy mense”. Regtig? Fischer was allermins ʼn man van vrede en ons het nou sedert 1994 die kommunistiese staat waarvoor Fischer geveg het. In daardie staat word rassehaat openlik en gereeld deur ANC/kommunistiese top-regeringsampsbekleders teen “wit” mense aangeblaas.
Die produktiwiteit in die land is op ʼn laagtepunt as gevolg van, onder andere, voortdurende stakings en rasse-diskriminasie wat deur die ANC/kommunistiese regering as “regstellende aksie” vermom word. Die land se infra-struktuur word nie onderhou nie en die ANC/kommunistiese regering is deurtrek van korrupsie en algemene misdadigheid ten koste van alle hardwerkende, nie-rassistiese landsburgers, veral diè wat belasting betaal..

En dan vir my die mees ongelooflike: Ek sien in die spesiale insetsel by die berig dat die Afrikanerbond die Hoofregter geprys het vir “ewewigtigheid,” en meen dit is “leierskap” en “staatsmanoptrede”. Op watter planeet lewe hulle?

Hoofregter Mogoeng betree myns insiens met hierdie openbare optredes en uitlatings voluit die politieke arena en hy behoort onmiddellik te bedank as Hoofregter. Hy behoort trouens op geen regbank nie.
Jurg Prinsloo

***

Zuma en ANC het die hoofregter, Mogoeng Mogoeng self aangestel en nuus was vol daarvan… 8 September 2011. EN natuurlik het hy ook verskeie politieke partye destyds geraadpleeg, moenie dink is net die ANC wat hier ‘n rol gespeel het nie, daar was wel wat nie saamgestem het nie.    Die politieke partye en “verteenwoordigers” was almal bedank vir hul “bydrae” tot die aanstelling van die “hoofregter” – weer eens bewys dit dat opposisie partye, het geen impak gehad in die besluitnemingsproses nie, al was almal daarteen.

President Zuma appoints Justice Mogoeng as Chief Justice of the Republic

We began the process of consultation on the 16th of August, in terms of Section 174 (3) of the Constitution, which enjoins the President to appoint the Chief Justice after consultation with political parties represented in the National Assembly as well as the Judicial Service Commission.

The parties and the JSC were requested to provide their views on the suitability of Justice Mogoeng. We thank the political parties for their contributions, which were by no means unanimous, as can be expected in a vibrant and diverse democracy as ours. We have taken note of the comments made by the parties.

He has served as a judge of the North West High Court, a Judge of the Labour Appeal Court, Judge President of the North West High Court and was appointed to the Constitutional Court in 2009.

https://www.politicsweb.co.za/documents/mogoeng-mogoeng-appointed-chief-justice–jacob-zum?fbclid=IwAR0ICrSGDSXcgg7nBg9GfMwX7DD_zpQVYpkSUxBnrU5_mr7ShLvMZty9uDQ

****

die REGSPAD

The Bridge – Die Brug

Velaphi Khumalo (haatspraak)

Een gedagte oor “Kommunistiese konneksies ANC”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s