11 November 1918 Wêreldoorlog

Stilte na die Oorlog, waar die nagevolge nooit regtig beskryf kan word.  Die ellende van so ‘n oorlog word vasgebrand in geheues.   Enige Oorlog is niemand se speelmaat nie, daar is altyd hartseer en soms meer as een land en nasie (verskeie volke) betrokke.  Hartseer omdat baie gegroet het sonder om terug te keer.

Image may contain: one or more people and outdoor

Dankie aan die skrywer van Front Nasionaal

OM 11:00 RAAK DIE SKOTE STIL
Front Nasionaal SA

Om presies 11:00 op die oggend van 11 November 1918, vandag 100 jaar gelede, raak dit stil oor ‘n Europa wat in puin lê. Die skietstilstand wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog aankondig, breek aan.

Na 4 jaar van bittere stryd, wat begin het op daardie dag van 28 Junie 1914 toe ‘n terroris die troonopvolger van die magtige Oostenryks-Hongaarse keiserryk, aartshertog Frans Ferdinand von Hapsburg en sy vrou Sophie, in Sarajewo vermoor het, raak dit nou stil. Gavrilo Princip se twee skote was die eerste van ‘n oorlog waarin 8 miljoen soldate gesneuwel het. Aan vermistes, gewondes en verminktes was daar 37 en ‘n half miljoen. Die koste van die oorlog word bereken op $375 biljoen.   Aan infrastruktuur het Frankryk en België die grootste verliese gely – 1875 vierkante myl van woude is vernietig, 8000 vierkante myl weiveld en landbougrond en in Frankryk alleen sowat ‘n kwartmiljoen geboue.

Dit was ‘n Oorlog waarin Duitsland, Oostenryk en Turkye met hulle alliansievennote geveg het teen Frankryk en Amerika en die Britse Ryk, waarby Suid-Afrika ook ingesleep is. Dit was ‘n oorlog wat uiteindelik gelei het tot die ineenstorting van die Russiese Keiserryk en die oorname van Kommunisme. Dit het Keiser Wilhelm II sy troon gekos en van die eens magtige Oostenrykse Keiserryk, wat meer as ‘n duisend jaar oud was, ‘n klein republiek gemaak. Dit was ‘n oorlog waarin tot 150 000 soldate per dag gesneuwel het in die loopgrawe van Vlaandere om minder as 400 meter grondgebied te wen.

Dit was ‘n oorlog wat almal gretig was om te begin en niemand geweet het hoe om te beëindig nie. Duitsland moes afreken met Frankryk en Rusland om sy posisie as Europese mag te behou, Rusland en Frankryk moes Duitsland vernietig om te oorleef as onafhanklike state. Oostenryk-Hongarye moes veg vir die behoud van die Ryk wat besig was om uitmekaar te val. Brittanje moes Duitsland vernietig om die oppergesag op see te behou en hulle “empire” te red. Die staatsmanne het aangehou met die oorlog om te keer dat hulle state in ‘n toestand van rewolusie verval. Dié wat teen die oorlog was, Von Bethman Hollweg in Duitsland, Asquith in Brittanje en Tsaar Nicolas in Rusland is gewoon eenkant toe gevee en die oorlogmakers, Lloyd George, Clemenceau en Ludendorff is verheerlik.

Die Britse soldate sing: We’re here because we’re here
Because we’re here
Because we’re here…

Die oorlog het aangehou omdat dit aangehou het omdat dit aangehou het. Die oorlog, soos elke ander oorlog, was geen lofrede aan menslike wysheid nie.

En tog was daar figure wat na vore getree het om onvergeetlik plek in te neem in die herinneringe van die mensdom. Die dapper Suid-Afrikaanse soldate wat tot die laaste man die bos by Delville verdedig het en daarom vandag nog dat ‘n stukkie grond in Frankryk aan Suid-Afrika behoort. Op 14 Julie 1916 het 3153 man daar ingestap. Op 20 Julie 1916 het net 142 uitgekom.

Die dapper Australiese soldate wat die Turke by Gallipoli bestorm het word onthou. Die baasvlieëniers – Suid-Afrika se legendariese “Proctor”, Duitsland se Manfred von Richthofen, die “Rooi Baron.” Daar was die dapper koning Albert van België wat met sy vrou en twee klein kindertjies en ‘n klompie soldate in ‘n ou plaashuis in Vlaandere vasgeskop het en ‘n gebied van minder as 400 vierkante kilometer van sy land vir 3 jaar verdedig het. Daar was die dood van Jack Kipling, die seun van Rudyard Kipling waaroor hy een van die aangrypendste gedigte in menslike herinnering skryf:

“Have you news of my boy Jack?”
Not this tide.
“When d’you think that he’ll come back?”
Not with this wind blowing, and this tide.

“Has any one else had word of him?”
Not this tide.
For what is sunk will hardly swim,
Not with this wind blowing, and this tide.

“Oh, dear, what comfort can I find?”
None this tide,
Nor any tide,
Except he did not shame his kind —
Not even with that wind blowing, and that tide.

Then hold your head up all the more,
This tide,
And every tide;
Because he was the son you bore,
And gave to that wind blowing and that tide!

Dit was die oorlog waarin gifgas vir die eerste keer as chemise wapen gebruik is. Dit was die oorlog waarin die tenk en die duikboot en die vliegtuig hulle verskyning gemaak het en oorlogvoering na die pleine en strate van stede en dorpe, die bloue hemel en onder die waters van die see ingeneem het.

Op daardie oggend van 11 November 1918 raak dit stil oor ‘n stukkende Europa en ‘n verwonde wêreld. Op die vlakteveld van Vlaandere blom die rooi papawers. En daaroor skryf John McRae, die Skotse digter:

In Flanders fields the poppies blow

Between the crosses, row on row,

That mark our place; and in the sky

The larks, still bravely singing, fly

Scarce heard amid the guns below.

We are the Dead. Short days ago

We lived, felt dawn, saw sunset glow,

Loved and were loved, and now we lie,

In Flanders fields.

Take up our quarrel with the foe:

To you from failing hands we throw

The torch; be yours to hold it high.

If ye break faith with us who die

We shall not sleep, though poppies grow

In Flanders fields.

Onder daardie gesneuweldes is daar ook die name van sowat 18600 Suid-Afrikaners – slagoffers van Smuts en Botha se gewilligheid om betrokke te raak in ‘n oorlog wat niks met hulle te doen gehad het nie. En dit het in Suid-Afrika die Rebellie van 1914/1915 tot gevolg gehad.

Uiteindelik was die Eerste Wêredloorlog die brandstapel waarop ‘n wêreldbestel van meer as ‘n millennium in rook en as opgegaan het en vervang is met een wat gelei het tot ‘n Twee Wêreldoorlog, ‘n Koue Oorlog en ‘n ongemaklike eietydse bestel waarin nasionalisme en globalisme mekaar toenemend opweeg.

In die verre Noord Kaap besoek die predikant ou tant Gesie. Haar hart is stukkend. Sy het ‘n bruin koevert uit Pretoria gekry. Flippie, haar jongste, het gesneuwel by ‘n plek genaamd Paschendaele in Vlaandere.

“Waar is Vlaandere se land, Dominee?” vra sy klaend. “Waar is dié plek en wat het ons daar gesoek sodat my Flip tjind nooit weer by daardie deur sal instap nie?”

Neem gerus deel aan gesprek op Facebook

Front Nasionaal – neem deel aan gesprek en deel jou kennis en geliefdes wat moes deelneem

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s