*
Heelwat van ons in Suid-Afrika besef dalk nie dat daar wel nog ander lewensverhale op Robben eiland afgespeel het nie. Veral in tye wat ons voorgeslagte onder indruk verkeer het dit bestaan slegs uit ‘n hospitaal melaatses of maksimum gevangenisse of voorbereiding vir wêreldoorlog Tog wys dit met tegnologiese wonders, dat daar ander lewens is, wat ‘n wye soektog aangaan na al die naasbestaandes. Dalk om geliefdes se naasbestaandes op te spoor of ander se verhale te hoor of sien.

*
Verseker was die eiland afgelë en nie net ‘n klipgooi van Tafelberg af nie. Tafelberg was altyd op die horison vir diegene wat hul lewens hier moes deurmaak en verseker was hierdie mooi berg vir baie ‘n groot uitkoms in hul lewens. Vir sommige ‘n hele ander reisverhaal wat totaal anders uitgedraai het as die normale burgers.
*
Vir sommige dalk ‘n geweldige irriterende blik in ons land se geskiedenes, veral met al die terreurdade wat gepleeg is, terwyl sommige land bou, het ander hulself vryheidsvegters genoem en totaal alles vernietig. Na 1994 het alles eenvoudig voortgegaan met die vernietigingsproses. Indien korrupsie op so ‘n hoë vlak en skaal, sabotasie aan infrastrukture gepleeg word om die land lam te lê en ekonomie te vernietig, veral as belastingbetalers ten duurste daarvoor betaal, behoort geen terreurdade ongestraf te wees nie. Daarom word maksimum gevangenisse geskep om hierdie terroriste lank te bêre, dit is nie vryheidsvegters nie. Hul vernietig hul eie vryheid sowel die hele land in die hele proses. Dit geld vir alles, ook vandag, waar winkels bestorm word om te vernietig, trokke besteel en uitgebrand word, swart bemagtiging is geskep om die totale ekonomie in duie te laat stort. Dit is anargie en hoogverraad.
Geskiedenis van Robben eiland
Nie baie van ons was al met besoek op Robben eiland nie. Die geskiedenis rondom Robben eiland, het in die aantal jare verander, maar tog was daar goed wat moes gebeur het om alles moontlik te maak, veral as daar niks op die eiland was nie. En daar was nie later net niks nie, waar het al hierdie infrastrukture heen verdwyn?
Die tonnels wat geskep is, is wel in die nuus. maar beslis nie welbekend aan almal nie. Tog moes dit ‘n aardige bedrag gekos het om op te rig net so voor die Tweede Wêreld oorlog. Hierdie was en is nie die enigste tonnels in Suid-Afrika wat vir oorlogdoeleindes aangewend is nie.
Vir meer as 300 jaar gedurende die sewentiende eeu, het Robbeneiland ‘n plek van verbanning en gevangenisskap geword. Bekendes en onbekendes. ‘n Plek van waar persone in eensaamheid opgesluit is. Vir ander ‘n harde werklikheid en hande arbeid. Eers is slawe en krygsgevangenes daarheen gestuur om klip te kap en skulpe vir kalk te verbrand vir die bou van die nedersetting Kaapstad. Die gevangenes wat daarna gekom het, sluit in burgerlikes, soldate, godsdiensleiers, ‘n prins, selfs heelwat later, Suid-Afrika se eerste demokratiese president Mandela.
Die eerste opgetekende gevangenes was twee Portugese gevangenes wat in 1525 op die eiland gelaat is. In 1615 is Engelse gevangenes op die eiland gelaat. Die bekende Autshumato, ook bekend as Harry die strandloper (wat “Harry the Beachcomber beteken”) was ook ‘n gevangene op die eiland ná meningsverskille met die eerste Nederlandse setlaars. Voor dit het hy van 1632 tot 1640 op die eiland gewoon en as skakel tussen verbygaande skepe opgetree.
Die tronk is in 1846 gesluit en Robbeneiland het ‘n afsonderingsafdeling geword vir melaatsheid, geestesiektes en ander chroniese siektes waarvoor daar geen genesing en min behandeling was nie. Die melaatse kolonie is in 1931 gesluit.
Om soveel persone hier te kon huisves, sowel die personeel wat hulle moes versorg, was daar genoeg geboue nodig om dit te doen. Dit is later gesluit. Daar was persone en selfs kinders op die eiland wat skoolgegaan het.
Teen die begin van die Tweede Wêreldoorlog, tydens die oorlog (1939-1945) het die eiland as opleiding- en verdedigingstasie gedien. Na die oorlog is dit steeds gebruik as ‘n basis vir opleiding vir die vloot.
In 1959 is die eiland deur die Gevangenisdepartement oorgeneem en gestig as ‘n maksimum sekuriteitsgevangenis vir politieke gevangenes wat deur die Apartheidsregime gevonnis is, sowel as gewone misdadigers. Die laaste politieke gevangenes het die eiland in 1991 verlaat en die tronk het uiteindelik in 1996 gesluit. Sedertdien is dit as ‘n museum ontwikkel.
*
ANDER LEWENSVERHALE
Wat ‘n edel gedagte om al hierdie jare soveel gedagtes neer te pen en eeu oue herinneringe op te roep. Dit is ‘n ongelooflike taak vir hierdie persoon wat daarmee begin het en selfs volhou daarmee. Dit is regtig besonders, Michael Klerck.
Daar word heelwat navrae gedoen oor groot ouers en selfs ouer, wat siek was, ander wat hier werksaam was en selfs besighede bedryf het. Selfs die Dokter wat werksaam was op die eiland word genoem, die persoon indiens van die lughuis en ‘n ander wat ‘n haarkapperdiens gelewer. Dit is waarlik ‘n aangename lees van verskillende navraes.
Die skoolfoto’s asook groepfoto’s van werkers is ongelooflik. Dit is puik foto’s. Kommunikasie het ongeveer in 2004 begin, wat amper 20 jaar is. Welgedaan met hierdie puik en interessante webtuiste.
http://www.robbenisland.org/memories.htm
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Robben eiland lewensverhale […]
LikeLike
[…] https://www.robben-island.org.za/banishment-1960-1978/Robben Eiland tonnels 1939Robben EilandRobben eiland lewensverhale […]
LikeLike
[…] Robben eiland lewensverhale […]
LikeLike
[…] Robben eiland lewensverhale […]
LikeLike
[…] Robben eiland lewensverhale […]
LikeLike