Terroriste wat wonings onwettig betree is nie daar vir ‘n koppie tee of glas wyn nie. Dis ook nie gewone misdaad nie en nog minder is die terroriste honger, behalwe om dood te skiet. Sterkte aan die familie en gebede vir algehele herstel.
A Father of two was shot six times yesterday in a home invasion incident north of Pretoria.

A father of two in the north of Pretoria was in a critical condition after he was shot six times in a home invasion yesterday. “It’s so surreal. I cannot believe my husband Jan is in ICU and fighting for his life,” Lorna Schoeman told Rekord.
A normal weekday for the Schoeman family in Great Dane Street in Hesteapark turned into a nightmare when two men suddenly entered their home at around 04:50.
Schoeman said she was in the kitchen preparing their children’s school lunches when she heard a window break.
“Something was thrown through the window, and the next moment there were two unknown men in our house.”
A struggle ensued between her husband Jan, who had just woken up, and the attackers in the hallway.
“The next moment the gunshots were fired,” said Schoeman.
Schoeman said Jan was rushed to the Netcare Montana Hospital.
“The bullets did a lot of damage. I just want my husband to recover; there is still a long road ahead as he is in critical condition.”
The couple’s two children, aged 12 and 18, were left unharmed during the attack.
“I can’t believe they didn’t shoot me. I stood there and screamed and screamed. I have never in my life screamed like I did yesterday. I hoped and prayed that they would not hurt me nor my children.”
The robbers fled the scene with two television sets and one of the children’s school bags.
“I am so thankful for the paramedics who responded so promptly and to the doctors who treated my husband. The Lord was with my husband.”
A friend of the family has posted on Facebook for the community to pray for Jan.
Tshwane police cluster spokesperson Captain Matthews Nkoadi confirmed a case of attempted murder was being investigated. “The victim was shot multiple times in the upper body before he was taken to hospital.”
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
***
’n Pa van twee in Pretoria-Noord is in ’n kritieke toestand in die Netcare Montana-hospitaal nadat hy gisteroggend vroeg ses keer geskiet is in ’n vermeende huisbraak.
“Dit is so onwerklik. Ek is nie okay nie; ons is nie heeltemal okay nie. My man lê in die intensiewe-sorgeenheid en veg vir sy lewe,” het Lorna Schoeman aan Rekord gesê.
Dit was ’n normale weeksdag vir die Schoeman-gesin in Great Danestraat in Hesteapark toe twee verdagtes skielik die gesin se huis om 04:50 die oggend binne gedring het.
Lorna vertel sy was in die kombuis besig om broodjies vir die kinders vir skool te maak toe sy die slag hoor van die venster wat breek.
“Ek het gehoor hoe iets deur die venster gegooi word. Die volgende oomblik was daar twee inbrekers in ons huis.
“My man het nog deur die slaap by die gang afgekom toe ’n geveg tussen hom en die inbrekers uitbreek. Die volgende oomblik het die skote geklap,” vertel Lorna.
Sy vertel haar man, Jan, is gister per ambulans na die Netcare Montana-hospitaal geneem, waar hy onder sedasie geplaas
“Die skote het groot skade aangerig. Ek wil net hê my man moet hierdeur kom. Daar is nog ’n lang pad wat voorlê; hy is nog kritiek,” sê Lorna.
Die egpaar se twee kinders, 12 en 18 jaar oud, is ongedeerd.
“Ek kan nie glo hulle het my nie ook geskiet nie. Ek het gestaan en geskree en geskree. Ek het nog nooit in my lewe so geskree nie.
“Ek het gehoop en bid dat hulle nie my of my kinders ook sou seermaak nie. Die kinders is baie bekommerd oor hul pa.”
Die twee verdagtes is na die skietvoorval met die gesin se TV en ’n skoolsak by die Schoemans se huis weg.
“Ek is so dankbaar vir die ambulans wat so vinnig by die huis opgedaag het en die dokters wat aan my man werk. Die Here was met my man en ons gisteroggend.”
’n Familievriend het op Facebook gevra dat die gemeenskap vir Jan moet bid. Hy was teen druktyd steeds in ’n kritieke toestand.
Polisiewoordvoerder Kaptein Matthews Nkoadi het bevestig dat hul ’n saak van poging tot moord ondersoek.
“Die slagoffer was meer as een keer in sy bolyf geskiet voordat hy hospitaal toegeneem was. Die verdagtes het twee televisiestelle gesteel sowel as verskieie ander items.”
Sluit gerus aan by Burgerlike Beskerming
https://www.facebook.com/Burgerlike-Beskerming-337118586636052/
