Aanvalle – Moorde en Beveiliging

‘n Noodsaaklikheid by almal van ons blankes, Afrikaners en Boere is meer gewaarborgde veiligheid in omgewings waarbinne ons kan bly.   Alle beveiligingsmaatreëls is belangrik, dit is die daaglikse reëls en ‘n gedwonge  lewenswyse wat ons na 1994 soos ‘n klip tussen die oë getref het en moes opbou  en wat duur om te onderhou.    Die afgelope paasnaweek (2019) was ‘n hartseer naweek in Suid-Afrika, met 13 plaasaanvalle oor die naweek!    Die vorige maande lyk nie regtig beter nie.

Image result for white crosses south african farmers and whites

In ‘n video word die blatante misinformasie rondom plaasmoorde in die internasionale media uitgewys.   Die afgelope paar jare is daar hoeveel stad en plaasaanvalle waarvan rekord gehou word deur ons eie sisteme en volksmense.  Dit is nie eers alle moorde en aanvalle onder ons volkslede nie.  Hiermee verkoop ons nie dat ons die enigste is wat uitvermoor word nie.  Ander volke mag ook mos dieselfde doen as wat ons doen – daar kan ook rekord gehou word van geliefdes wat begrawe is, waaraan so ‘n persoon oorlede is.

Nog iets wat nie in die video genoem word is die buitensporige moorde wat plaasvind onder die ander volke, buitelanders, immigrante,  bendegeweld en dan is dit meestal swart op swart geweld.  Hoeveel van die wat aangeval of vermoor word, is burgers van die land?  Daar word net nooit gewys waar die “HARTSEER” is of oop grafte van die ander nie, nog minder enige hofsake of polisie ondersoeke.   Dis ook onbekend hoeveel immigrante in die land is of wie regtig “aangeval” word, of selfs vermoor.   Word hierdie getalle ook moontlik vergroot omdat dit beraam word?  Indien daar soveel moorde plaasvind, waar is al hierdie moordenaars dan heen – uitsprake van howe is minimaal.   Sou daar ‘n bekende doodgemaak word is daar altyd ‘n groot ophef in al wat ‘n media huis is, waarom nie ook oor hierdie 50-55 moorde per dag nie?   Daar was onmiddellike reaksie in die media toe daar ook Indiërs geskiet was.   Selde of ooit word ‘n blanke in dieselfde media vermeld.

Nog raar gevalle.  Soms sterf ‘n boer/vrou/kind nie eers onmiddellik na ‘n terroristiese aanval nie en leef dalk ses maande of langer en uiteindelik word die stryd gewonne gegee.    Slagoffers moet alle onkostes dra, terwyl die regering steeds inkomste hieruit verdien met 15% VAT.

Geen haan kraai na die tipe beserings wat uiteintlik moord is nie.  Indien die polisie en howe hul werk doen, sal sulke gevalle sonder wroeging, heropen word en die skuldiges moet aangekla word van moord.   Moordenaars sit buite en kan nie wag om op hul volgende slagoffers en prooi toe te slaan nie.  Dis asof hul geprogrammeer is om te vernietig, vermink, verkrag en te vermoor.

Iets wat die President van die land en sy makkers totaal en al ontken.

Onder die huidige omstandighede het ons geen kans op oorlewing nie.  Dit help nie ons kla heeldag oor ons lot en doen niks vir onsself nie.   Ons veiligheid het geen waarborge in die huidige multi-kulturele sisteme nie – daarom stem vir selfbeskikking en mandaat om ons toekoms uit te bou en te verseker.  Stem Front Nasionaal.

***

Die video materiaal is nie ongewoon nie, maar tog iets om te deel.  Neem kennis dat “Africa check” van wie daar ook melding gemaak in die video, word al vir ‘n geruime tyd aangeteken dis natuurlik moorde en misdaad word ontken.  Africa check word deur dieselfde kommunis wat die grondwet sowel parlement finansier , gefinansier – George Soros.

***

BEWUSMAKING

BOERE SE VEILIGHEID: DREIGENDE PLAASAANVAL

Hierdie wenke hou verband met wanneer ‘n plaasaanval dreig, maar die meerderheid kan en moet ook daagliks en permanent toegepas word op plase (en ook net so in die dorp of stad)

● Inwoners moet spesiale maatreels tref as ‘n plaasaanval dreig. Doen ‘n evaluasie en tree daarvolgens op.
● Vermy slaapkamers met buitevensters, indien moontlik, in hierdie tyd.
● Maak seker alle vensters, deure en hekke is gesluit en alarm is aan (ook elektriese heining).
● Beveilig ook jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap / skuil.
● Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is.
● Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan en hou brandblussers reg om vuur te kan blus in die huis. Dis vir as hulle jou huis aan die brand steek om jou uit te kry.
● Maak altyd seker dat alle selfone in die huis vol gelaai is en genoeg lugtyd het. Maak seker dat jy ALLE noodnommers en bure se nommers op ALLE selfone het.
● Alle 2-Rigting radios se batterye moet ook vol gelaai wees.
● Koppel ‘n paar buiteligte aan ‘n groot 12-volt trekker battery vir noodgeval, sou die krag afgaan.
● Sorg dat jou alarm battery deur die nag kan hou in noodgeval. Dink aan ‘n ”UPS” of ander kragbron om bystand te verleng.
● Koppel ook ‘n baie harde sirene, asook “strobe” lig (flitsende noodlig) of twee hieraan.
● Moet vir GEEN REDE uit jou huis uitgelok word nie!!! Moenie uitgaan na “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite.
● Selfde reel geld as jy water hoor loop in tuin of as iemand “om hulp roep”.
● Baie boere word uit hul huise uitgelok en dan oorval of geskiet, deur ‘n vuur wat iewers brandgemaak is deur die aanvallers – KRY HULP VAN BUITE AF IN!!!
● Moet GEEN vreemdes by plaashuis (of dorpshuis) toelaat nie (dag of nag) Hanteer dit altyd as ‘n moontlike plaasaanval / roof as daar vreemdes per voertuig of voet aankom.
● Roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom!!! (Reel hierdie dril met jou bure en help mekaar so)
● Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie !!!
● Maak ‘n alternatiewe reeling met hulle – in mediese noodgeval byvoorbeeld kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel, ens.
● Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie – kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle detail voor jy reageer. Roep dadelik hulp in as dit verdag voorkom!!!
● Volwasse inwoners moet om die beurt slaap om wag te staan indien nodig.
● Moenie helder ligte binne die huis brand nie. Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
● Vervang badkamerdeur (of ander veilige vertek) met ‘n sterk staaldeur, koëlvas met ordentlike skuifslotte binne – vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig.
● Versterk ook die vensters (“intruder-proof” glas) en diefwering hier.
● Al het vensters diefwering, sit aan die buitekant “expanded metal” sif diefwering op – dit bemoeilik petrolbom aanval (om die mense uit die huis te kry)
● Hou een of twee nooduitgange waardeur julle kan ontsnap indien nodig.
● Moenie in die aand rondry indien nie absoluut noodsaaklik nie.
● Neem gedurig fotos met selfoon van enige lewe op die pad in die omgewing – verdagte voetgangers en voertuie.
● Hou altyd ‘n pen en notaboek byderhand vir inligting soos registrasienommers en voetganger beskrywings. (deel gereeld hierdie info met jou bure)
● Kyk vir “tekens” by hekke, heinings en paaie!!! Kyk daagliks vir vreemde voertuig- en voetspore.
● Patrolleer veral buite-paaie daagliks en “vee” met ‘n tak of ketting of sakke agter jou voertuig.
● “Vee” veral as julle almal die plaas verlaat agter jou op pad hoofpad toe .. dan kan jy sien wat aangaan as jy terugkeer.
● As almal uit was en julle die opstal nader, kyk vir iets wat nie daar was toe jy gery het nie – voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras, urineer plekke, ens.
● Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag – waai hulle hulle sterte? Is hulle bang? Is hulle nie daar nie?
● As jy enige onraad vermoed – maak ‘n U-draai en kry spoed en kry hulp in!!!
● As alles veilig lyk en jy ry erf binne, as jou alarm aan is, bly in voertuig en toets eers met “remote” of alarm dalk ge-”trigger” was voordat jy parkeer en uit voertuig uitklim .. hou jou opsies oop te alle tye.
● As alles veilig lyk en jy nader die huis te voet, hou jou vuurwapen(s) gereed!!!
● Kyk steeds vir “iets verdags” en moedig jou honde aan om te snuffel. Kyk of daar niemand in moontlike skuilplekke is nie.
● Met die oopsluit – as jy ‘n alarm het behoort dit veilig te wees, maar laat in elk geval jou honde eers deur die huis gaan voordat jy ingaan.
● Bel jou bure, Plotwag of Plaaswag as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor ‘n deurloper of vee wat bondel of honde wat onrustig is.
● Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late.
● Jou beste hulp bly reg langs jou!!! (2-Rigting radios is eintlik absoluut noodsaaklik hier!!!)
● Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlike trekpleisters” kan wees.
● Vermy dit om produkte op die plaas te verkoop. Verkoop jou vee eerder direk aan koper / slagpale / vendusie, ens.
● Verkoop vrugte en groente slegs sekere ure, met streng voorwaardes OF beter nog, verkoop dit by die hoofpad / stalletjie.
●Vermy kontant besighede soos ‘n plaaswinkel of sjebeen – dis nie die risiko werd nie!!!
● ‘n Ordentlike alarm-sisteem met Infrarooi-strale of Infrarooi-“ogies” buite in tuin, maar ook by vensters en deure is deesdae ABSOLUUT NOODSAAKLIK!!!
● Sisteem moet gekoppel wees aan veiligheids-maatskappy vir monitering en met gewapende reaksie of instansie soos Plaaswag en jou bure per SMS stelsel.
● Kry ‘n kundige se raad en ontwerp hier in – mens is geneig om belangrike punte mis te kyk by jou eie plek.
● Koppel alarm-sisteem ook aan skerp buiteligte en ‘n “strobe” lig op jou dak .. as alarm “afgaan”, gaan ligte aan.
● Laat slaap klein hondjies, maar ook ‘n groot hond of twee in die huis as jy ‘n aanval verwag (of permanent is nog beter)
● Hou ook ganse buite aan om die buitehonde te help alarm maak – ganse is nie baie goeie wagte nie, want hulle is geneig om baie te raas, maar dis wel ‘n goeie afskrikmiddel.
● Die kombinasie van Infrarooi-alarmstrale, buite alarm sensors, elektriese heining (gekoppel aan alarm), honde en ganse is natuurlik die heel beste.
● As jou buite honde in nag blaf – gaan stel volgende dag ondersoek in, in die rigting waarin hulle geblaf het.
● Kyk vir spore, sit plekke, vuurhoutjies, sigaretstompies, urineer plekke, ens. (GAAN KYK ELKE KEER – dit sal later ‘n patroon begin volg om jou te waarsku!!!)
● As jy wel sulke “tekens” of sit plekke optel, gaan sit daar en kyk terug na jou huis.
● Heel moontlik gaan jy ‘n swak plek sien in jou beveiliging. Dalk ‘n oorklim plek in/by jou elektriese heining, ‘n donker kol op jou werf in die nag, ‘n swak diefwering, ens??
● Kyk deeglik en stap ook in ‘n reguit lyn terug na jou huis toe. Let veral op vir “Afrika tekens” op daardie lyn. Dalk ‘n klip in ‘n boom se mik, ‘n tou of garing of sakkie of lap op jou heining, ens ??
● As jy so iets sien kry dadelik kundiges se hulp in en wees paraat !!
● Slaapvertrek se lig moet uit wees, slegs ‘n bedlamp moet kan aangesit word. (haal die gloeilamp uit)
● Sorg dat jy ‘n ordentlike flits het, maar SLEGS IN ‘N NOODGEVAL, as jy buite lig, hou dit met ‘n langarm weg (sywaarts) van jou lyf af en hou jou liggaam agter ‘n muur.
● Moenie te gou jou posisie met ‘n flits verraai nie.
● As jy kan, te alle tye, sit eerder buiteligte aan en VERMY die flits-ding!!!
● Moenie oorhaastig beweeg nie, staan eers lank in die donker stil en wees geduldig.
● Hou ALTYD ‘n muur tussen jou en moontlike aanvallers. Solank jy binne die huis agter mure is het jy die voordeel – gebruik dit!!
● Indien jy ‘n noodoproep van jou buurman sou ontvang, maak seker jy beweeg uit met veiligheid – jy kan ingewag word!!!
● Laat weet ook dadelik ander bure of Plaaswag en SAPD.
● RAAK ONTSLAE VAN ALLE VREEMDES OP JOU EIENDOM!!! Onthou hulle kuier oor en weer en is gasvry teenoor vreemdes en GEE INLIGTING UIT!!!
● Werkers kan ook geintimideer word om jou kwesbaar te maak of hulle het dalk ‘n wrok teen jou.
● Moenie vreemdes in diens neem nie. Kontak eers vorige werkgewer en kry verwysings – as daar nie verwysings is nie, is daar nie werk nie!!!
● Kry een of twee betroubare werkers aan jou kant en gebruik hulle as informante. Loof ordentlike belongings uit as hulle met lewens-reddende inligting vorendag kom.
● Dril dit by hulle in dat as die Baas dood is, is die werk ook klaar.
● Moenie jou werkers op die perseel lone betaal nie. Betaal hulle opgemaakte lone binne die bank waar jy geld getrek het of nog beter, betaal hulle elektronies in hul eie rekeninge in.
● Verplaas die risiko van kontant eerder na hulle toe.
● Wanneer jou werkers wil geld leen, moenie dit dadelik gee nie, sê vir hulle jy het nie geld op die plaas nie, sodra jy terugkom van die dorp (bank) af sal jy kan help.
● Moet nooit jou finansies bespreek of kontant hanteer waar jou huis- of ander werker(s) naby of by is nie.
● Leef en slaap met jou vuurwapen(s) byderhand. Maak seker jy is nog vertroud met jou wapen(s) en het genoeg magasyne en ammunisie.
● Doen gereeld ‘n skietoefening. Laat die hele gesin met alle wapens skiet.
● Leer die kinders vooraf van ‘n noodsituasie en beplan strategie. Elkeen moet presies weet wat van hom verwag word. Wie bel vir wie?? Wie praat op die radio en wie skiet waar??
● Oefen dit gereeld in en kyk waar julle kan verbeter. “The more you sweat in training, the more successful you will be in battle!!!”
● Doen self ‘n denkbeeldige aanval op jou huis, en kyk wat moet jy wegvat of uitkap, wat as bekruip-skanse gebruik kan word of waar-agter geskuil kan word.
● Hou die gras en bosse skoon rondom die plaasopstal en alle paaie en hekke. Verwyder alle wegkruipplekke en hinderlaag moontlikhede.
● Vervang waar moontlik gewone hekke met motorhekke of “cattle grids”. Baie aanvalle vind plaas wanneer mens moet stop om ‘n hek oop of toe te maak.
● Kry die hulp van spesialiste in as jy twyfel oor iets. Mens kan nie alles weet nie en daar is altyd plek vir verbetering. Kundiges kyk met ander oë na jou huis, heining, alarm, ens.
● Hulle kan aanbevelings maak waaraan jy dalk nooit eers gedink het nie?? Onthou, ons praat hier van jou en jou geliefdes se lewens!!!
● Sterkte en wees gelowig, wakker, voorbereid en veilig!!!

(Loskop Vallei Beveiliging – Ons beveilig boere suksesvol al sedert 1992 – E-pos: prosec911@gmail.com)

●●● DEEL, DEEL, DEEL HIERDIE INFO MET SO VEEL AS MOONTLIK BOERE EN ANDER MENSE !!!
●●● MOET ASB NIE STERTJIES EN KRULLETJIES HIERBY AANLAS NIE? DIT KAN VERWARRING SKEP EN MENSE SE LEWENS IN GEVAAR STEL !!!

***

Regering verdien ‘n VET en groot inkomste uit misdaad uit. Neem maar kennis hoeveel uitgegee word, deur slagoffers – heelwat van ons was reeds slagoffers of familie en vriende van moord of aanrandings. Vir elke misdaad verdien die regering 15% VAT – hetsy dit nou mediese onkostes is of versekering. Niks is vir ons gratis nie. Hoe meer hulle kan skep en melk, hoe groter raak ons maatskaplike armoede. Besighede, skakings, selfs stakings is onderhewig aan sekere dinge soos VAT (15%) Vervang ‘n voertuig wat gesteel is of kameras in huise of besighede, doktersonkostes, hospitaalonkostes gaan alles in die regering se sakke. Dis maklik vir hulle om x aantal skelms te betaal vir ‘n diens, want hulle kry in die proses baie terug, dalk word net ‘n selfoon gesteel of vuurwapens.

***

Attacks and Killings: whites (March 2019)

“Brandstigting, terrorisme – Arson”

Human Violations: Racism, discrimination, attacks and killings

Killings – Moorde

Killings 2018

7 gedagtes oor “Aanvalle – Moorde en Beveiliging”

Lewer kommentaar