Lewensbootjie – Selfbeskikking.

Daar is tans etniese lewensbootjies uit en ons as Afrikaners en Boere, wat ‘n etniese volk is, het so ‘n reg om dit te verkry. Is ons dan dom dat ons dit nie verkry nie?   Nee – beslis nie, inteendeel kan ons vir onsself dink en ook besluite maak.  Ons het ook regte al dink ander nie so nie.   Daar is dan sedert 1994 ander tipe lewensbootjies uit vir ander etniese volke, en baie mense lees daarby verby of dink die massas rondom ons is net etniese volke.  Vind maar uit wie is die regte reënboognasie en vind maar uit hoeveel CPA’s en Trustgebiede is steeds daar wat ons uit die staatskas onderhou.

Image may contain: text

 
Tydens Kodesa was daar onderhandelinge, ooreenkomste wat onderteken is en daar is vele bewyse, hansards, grondwet, witskrifte as bewyse hiervoor.
 
In 1994 is bykans alle etniese ou tuislande oorgedra en Trustgebiede gemaak ander het grondeise geword met geregistreerde CPAs, waar net daardie volke oorleef. Dit is nie om dowe neute gedoen nie. Alhoewel die Trustgebiede en CPA nie onafhanklik is nie, het daardie volke almal hul eie kultuur, identiteit behou en selfs hul eie taal, skole, inisiasies en wat met daardie volke gepaardgaan behou. Hulle kry heelwat (biljoene) uit die staatskas uit – dink net daar is 8840 tradisionele leiers, en hulle is spesifiek daar vir ‘n rede.   Die een meng nie met die ander in nie.  Wetgewing verbied dit.   
 
Baie miljoene immigrante en onwettiges “wandel” rondom ons, plak rondom ons en verwag alles gratis, medies, skole, huisvesting, werksgeleenthede – hoeveel regtig stem is ‘n ope vraag – daar is oor die 30 miljoen etniese swart en khoi san / bruines in die ou reservate / tuislande wat na 1994 trustgebiede of cpa’s gedoop is.
 
Ons as volk, en die ander van europese afkoms het ‘n reg tot ons eie gebied, ons eie onafhanklike land, as ons dit nie gebruik en ons sin maak nie moet ons net onsself eendag verwyt. Moenie die massas skuld gee as ons eerder agteroor sit en wag dat iemand ons moet kom red nie, klim in die lewensboot van Selfbeskikking en red jouself en saam Hom kan ons dit doen.

***

Front National – A night to remember

More about Front National – Meer inligting oor Front Nasionaal
Volksparty

https://www.facebook.com/Front-Nasionaal-SA-Front-National-SA-743870385730868/

https://www.frontnasionaalsa.co.za/wie-is-front-nasionaal/front-nasionaal-verkiesing-kandidate-2019/

Front Nasionaal Verkiesingsmanifes 8 Mei 2019

Front National – Self-determination reasons

Selfbeskikking: Genoeg is genoeg

Front Nasionaal: Selfbeskikking

Selfbeskikkingsreg – Volk

Front Nasionaal – beleidsdokument – selfbeskikking

Wie is Front Nasionaal? – Beleid

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s