Donkerte omhul die “Boeremaglede”

Boervin is gestig om die sluier te lig oor die stand van sake.   Om hierdie paar boere wat baie lank in die tronk sit en wag het, vir etlike jare sonder enige verhoor – by te staan en hul vryheid  te verseker, ook op internasionale vlak.   Hul hoofdoel is om die vrylating van die politieke gevangenisse te bewerkstellig.    Ons almal weet hulle is deel van ‘n gesin, en die wat dit nog nie weet nie, gaan lees gerus op oor wat gebeur het.   Boervin reveals the injustice against the Boer Peoples political prisoners in SA.   Boervin’s main intent is to effect the release of the Boer Peoples political prisoners in South Africa by means of all legal routes to our disposal.   They need your help and assistance.


READ MORE ABOUT THE:
Boeremag verhoor – 23 Maart 2019

***

Die waarheid is verseker, nie almal “wil betrokke raak” of vermy dit.   Volg enige van ons werklik al hierdie gesprekvoerings of artikels wat oor hierdie paar manne gaan wat eerstens vir meer as 10 jaar in die tronk geplaas is sonder verhoor.   Dis ‘n lang tyd – stel jouself in enige van hierdie gesinne se skoene, want daar is niemand wat dit eers kan waag om te sê ek was daardeur nie.

Dis soos plaasaanvalle en moorde.   Iemand wat fisies nog nie deur so ‘n aanval was nie, kan moontlik die pyn voel as ‘n geliefde daardeur is, maar weet nie die werklikheid van ‘n aanvaller nie, veral omdat hul gekoop is om ‘n opdrag uit te voer: om soveel as moontlik skade te berokken.   Aanhoudings sonder verhoor, is net nog ‘n skending van menseregte, en die media bedryf geniet die spel, want hulle koerante verkoop.

Dus is dit basies en presies dieselfde, net op ‘n ander vlak as wat enige moord aanval is, waar daar van emosionele afpersing en uitwissing gebruik gemaak word om veral hierdie gesinne as geheel by te kom.  Dit laat letsels afgesien van emosionele skade aan die wat dit fisies meemaak.

Wie sal die media se opsetlike skade vergeet wat hulle aan die klein kinders aangerig het om hul gesiggies te wys?  Die skok en verbystering oor die onmenslikheid teenoor daardie jong kinders.

Daar word steeds vrae gevra en antwoorde ontwyk.  Vir watter rede word ‘n kind op so ‘n jong ouderdom betrek en foto’s geplaas in so iets – om ‘n koerant te verkoop?   Bekende persone wat hulle joernaliste noem, verlekker hul in daardie kinders se situasie.    Daardie prentjie sal ingemessel wees in die geskiedenis van hierdie laakbare kriminele uitbuiting en in die gemeenskap se oë niks anders as ‘n kriminele daad nie, net deur die joernalis nie, maar ook die hele koerant wat dit toegelaat het.   Dit voel soos gister toe daardie foto’s verskyn het – die media in Suid-Afrika word regtig bedryf om baie skade te berokken en hul het ook.

Die teenoorgestelde is natuurlik ook feite – die ware misdadigers se gesigte word almal agter ‘n donker kol of streep weggesteek en verbloem en om verklaarbare redes, maar hoeveel dekking vind plaas daarna plaas?   Waar ernstige oortredings nooit eers opgevolg word tot en met uitspraak as ‘n misdadiger of “beboet” word of ‘n paar jaar in tronk gaan sit.

Indien dit ‘n blanke misdadiger of oortreding is, word alles aan die groot klok gehang, internasionaal uitgesaai hoe sleg die blanke is, dit word op die tv gedek sowel as al wat ‘n Suid-Afrikaanse en oorsese media huis, berig.

Daar is heelwat dubbel standaarde in ons regstelsel wat toegepas word – en die liberale media speel saam hierin.   Dieselfde kan nie van die ander misdadigers of hul gesinne gesê word nie !!

Ons is om en by 4 miljoen blankes, maar daar word deur 60 miljoen +++ gediskrimineer teenoor ons – vir wat is 60 miljoen +++ bang vir ‘n minderheid?    En die 60 miljoen sluit ook bruin, indiër en ander hierby in.   Hoe pateties en minderwaardig moet enige van hierdie meerderhede wees om met getalle die buiteland te oortuig dat B-BBEE regverdig is?   En ja, meeste buitelandse regerings voed en klee, steun swart bemagtiging 100%.

Ons as blanke minderheid teen wie daar so gediskrimineer word, moet ‘n slag kyk wat om hul aangaan en besin oor wat alles vir ons inhou in die sogenaamde “demokrasie – daar is maar geen manier dat ons verewig so kan aangaan onder hierdie kommunistiese bedeling nie.

Baie reken mos ons gaan nou eers in kommunisme binne – nuus is dat so iemand mislei hulself.  Nee moenie dieselfde foute maak nie, ons is reeds 25 jaar daarbinne, dit het lank voor 1994 begin.   Lees op oor Boljevisme.    Ken jou geskiedenis witman – daar word teen elkeen van ons gediskrimineer en let op na die feite hoe die aanvalle en moorde (dorp en plaas) met presiesie uitgevoer word.  Om soveel moontlik letsels na te laat en skade te berokken.   In hierdie geval is dit presies so – om hierdie gesinne totaal en al te vernietig.

***

2018

Riëtte Pretorius van Boervin, (Boerevolk Vryheidsinisiatief sien www.boervin.org) ‘n nie-winsgewende maatskappy wat se hoofdoel is om die menseregte van die Boervolk se politieke gevangenes te beskerm en poog om wettig hul vrylating te bewerkstellig, het op die artikel in die Beeld van 2 Mei 2018 geantwoord dat die Boeremag nie bestaan nie tensy daar een of ander individu is wat hom- of haarself as die Boeremag bekendstel.
http://boervin.org/2-mei-2018-boervin-kommentaar-op-beeld-boeremag/

***

2018

Dit is baie verdag dat hierdie valse aantygings wat nou ewe skielik in die parlement gemaak word die hele sogenaamde ‘Boeremag’ betrek. Dit is ook uiters verdag dat die drie dokters Pretorius (Dr Lets, Wilhelm en Johan) subtiel aan die SITA-voorval gekoppel word. Die drie lede van die Pretorius-gesin word valslik aan die voorval gekoppel deur ʼn foto wat in die Citizen-koerant van 2 Mei 2018 gepubliseer is. Boervin vind dit verdag dat die berig geplaas is terwyl daar tans ʼn hofuitspraak hangend is rakende ʼn aansoek van die gesinslede om hul rekenaars in hul selle te hê vir studie-doeleindes. Boonop het die Pretoriusse geen kennis van programmering nie en hoegenaamd geen begeerte om enige sisteme te infiltreer nie. Al hul energie word tans toegesprits op hofaansoeke rakende hul gevangenishouding. Die beriggewing gaan selfs sover soos die plaas van ʼn video op die Youtube-kanaal, News101. Die video verbind die Pretorius-gesinslede met die parlementêre beriggewing wat op 2 Mei gepubliseer is deur die plaas van ‘n foto van die Pretorius gesinslede as die agtergrond.
http://boervin.org/mediaverklaring-die-waarheid-oor-aantuigings-van-boeremag-infiltrasie-sita-sisteme/

***

Skenk aan Boervin. Alle skenkings gaan vir wêreldwye bewusmaking van die Boerevolk se Politieke gevangenes in Suid-Afrika en die onreg wat teen hulle seevier met die doel om hulle vrylating wettig te bewerkstellig.
Skenk hier: http://boervin.org/skenk/

***

Advertisements

2 gedagtes oor “Donkerte omhul die “Boeremaglede””

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s