Boervin – Prisoners – Gevangenis

Dit kon jou eggenoot of seun gewees het wat hier staan.   En dis nie emosionele afpersing nie.   Wanneer ons voor oop grafte staan, langs ‘n hospitaalbed of by sulke geleenthede, raak dit ons almal, want niemand weet wie is volgende nie.   Hoe kom ons uit die situasie uit, indien ooit en wil ons uitbeweeg?  Ons ervaar daagliks die rassisme, diskriminasie, ons volkswese word totaal en al afgebreek.   Weer eens, wil ons as volk hier uitkom of eerder maar vasklou aan ‘n dooie ideologie soos Bolsjevisme wat totaal en al alles vernietig?   Stem vir ‘n mandaat vir ons eie onafhanklike gebiede.  Stem vir ‘n volksparty – Front Nasionaal.  Selfbeskikking gaan nie in ons skoot val nie, dis ‘n hele proses.

Boeremag members (from the left) Wilhelm Pretorius, Dr Lets Pretorius and Johan Pretorius. (Gallo)


READ MORE ABOUT THE:
Boeremag verhoor – 23 Maart 2019

Donkerte omhul die “Boeremaglede”

***

South Africa – What is a Political Prisoner?

There are three types of prisoners:

  1. Political prisoners
  2. Prisoners with a political element
  3. Criminal prisoners

 

1. Political prisoners reveal a purely political motive in their actions such as the element of a Freedom Struggle, which also formed part of the actions of the Boer prisoners.

Political prisoners are divided into two groups:

– Prisoners of war those who were involved in war. Their political element is seen as criminal by the opposition who is incarcerating him.

– Corrective political prisoners whose political motives might be recognised, but their struggle is not justified.

2. Prisoners with a political element:The actions of this group were not freedom orientated, although a political element in the actions existed. As example such actions may be based on race. Although the action of the detainee might not have been politically motivated, the action carries an element of politics, or may be seen as a political infusion to the justice system.

3. Criminal prisoners: This group is incarcerated for purely criminal actions which are condemned by society and carries no political element.

Boervin are campaigning for the freedom of only the first group, namely Political Prisoners.

***

Donate towards their freedom
http://boervin.org/en/skenk/

***
2016

Op Maandag, 26 September 2016, het twee van die Boere politieke gevangenes, die twee broers Dr. Johan en Wilhelm Pretorius, wat in die Boeremagsaak betrokke was, aansoek gedoen om verlof tot appèl in die hooggeregshof van Pretoria voor hulle verhoorregter, regter Eben Jordaan.  Die broers is nagenoeg 14 jaar in gevangenis, waarvan 11 jaar verhoorafwagtend was, voor hulle gevonnis is in Oktober 2013. Die aansoek om appèl word persoonlik behartig aangesien die Regshulpraad geen verteenwoordiging vir die Pretorius-broers aangestel het nie.

Die handelinge het reeds in 2000 begin en het as ‘n Misdaad Intelligensie operasie voortgeduur totdat die hofsaak op 19 Mei 2003 begin het. Die twee broers was sedert 2002 in aanhouding totdat hulle op 28 Oktober 2013 gevonnis is.  Hulle is ná 11 jaar as verhoorafwagtende aangehoudenes nog 35 jaar gevonnis vir hoogverraad, waarvan 10 jaar opgeskort is, 5 jaar vir strafbare manslag en 8 jaar vir sameswering van poging om ’n misdaad te pleeg.
Hulle het stukke ingedien van 40 bladsye waarin hulle aantoon dat regter Jordaan gefouteer het in hulle skuldigbevinding sowel as vonnis.  Dit sluit aspekte in wat gebaseer is op ’n onregverdige verhoor weens bepalings van die Grondwet sowel as etlike internasionale verdrae en wetgewing wat nie nagekom is nie.

Verlof tot appèl is veronderstel om 21 dae ná vonnis reeds ingedien te wees.  Hulle vra dus kondonasie omdat hulle dit amper 3 jaar ná vonnis eers indien.  Van die redes wat hulle aanvoer is dat hulle, weens probleme met Korrektiewe Dienste ondervind, vir ongeveer ’n jaar sonder rekenaars was en die vertraging is verder die gevolg van hulle aanhoudingsomstandighede, gebrek aan kommunikasie en die regshulpraad se traagheid.  Die omvang van die saak, waar die oorkonde alleen oor die 61 000 bladsye is en nog oor die 60 000 bladsye van bewysstukke, het dit vir hulle onmoontlik gemaak in hulle omstandighede, om vroeër verlof tot appèl te kon vra.  Hulle doen dit in persoon, aangesien die regshulpraad steeds nie hulle regsverteenwoordiger aangestel het om dit te behartig nie.

Die punte wat hulle aanvoer waar hulle van mening is dat die hof fouteer het in sy bevinding, sluit onder andere in: die feit dat die verhoor langer as 11 jaar geduur het en dat die juridiese proses steeds nie afgehandel is nie.   Die lengte van die verhoor en die omvang van die saak per se, maak dit onmoontlik om hulle reg op appèl te kan uitoefen.

lees meer:

http://boervin.org/en/twee-pretorius-broers-vra-persoonlik-verlof-tot-appel-na-nagenoeg-14-jaar-in-gevangenis/

lees meer:
http://boervin.org/wp/wp-content/uploads/2016/10/2016-09-26-Mediaverklaring-Boeremagsaak-Pretorius-Broers-in-Hooggeregshof.pdf

***

Twee Pretorius-broers vra persoonlik verlof tot appèl na nagenoeg 14 jaar in gevangenis

 

Hulle voer aan dat die regter die ou korrektiewe wet in sy vonnis in ag moes neem, aangesien die ou korrektiewe wet stel dat hulle ná ’n derde in aanmerking kan kom vir parool, maar dat dit na die helfte toe verander het in die nuwe korrektiewe wet.  Dit het dus hulle reg op die ligste voorgeskrewe vonnis negeer.  Die regter moes hulle 5 jaar vir strafbare manslag en 8 jaar vir sameswering van poging om ’n misdryf te pleeg bevind het as reeds uitgedien.  Soos wat dit tans is, word die 11 jaar wat hulle aangehou was, ingereken, sodat hulle in effek 16 jaar uitdien vir strafbare manslag en 19 jaar vir sameswering van poging om ’n misdryf te pleeg en 46 jaar vir hoogverraad.  In effek beteken dit dat hulle 23 ½ jaar van ’n effektiewe 25 jaar vonnis volgens regter Jordaan, in aanhouding sal wees, voordat hulle die eerste keer kan aansoek doen vir parool.  Dit is onmenslik swaar en buite proporsie.
http://boervin.org/en/twee-pretorius-broers-vra-persoonlik-verlof-tot-appel-na-nagenoeg-14-jaar-in-gevangenis/

***

Advertisements

3 gedagtes oor “Boervin – Prisoners – Gevangenis”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s