Afrika Tuislande “so-called apartheid” – Homelands

Afrika het voor 1900 uit meer as 2000 verskillende etniese “tuislande” bestaan waarvolgens elke volk hul eie leiers saamgestel en hul eie sake bestuur het, waarvan heelwat voorbeelde aangehaal word.   In Suid-Afrika het die Shepstone beleid van 1854 na die Mfecane oorloë gevolg wat steeds aparte kommunale gebiede aangetoon het.  Na 1990 het heelwat minderhede in Afrika onafhanklike statute.

Image result for tuislande map


*

Before 1900 there were more than more than 2000 homelands in Africa – and most of the African  tribes mostly are still there, ruling by their own leaders.   With our 10 homelands (1961-1994) there were elections too, etc.

*

Afrika tuislande voor 1900

Hoekom word net Suid-Afrika, veral die 1948 regering en hul inwoners (ou Boere republieke)  veroordeel vir aparte gebiede?    Tuislande is en was regdeur Afrika so gewees lank voor 1910 unie regering?

Apartheidswetgewing was deur die Britse koloniale regeerders saam met die reservaat en kroongebiede-leiers gedoen, nie deur 1948 regering en burgers nie.  Daar was heelwat apartheidswetgewing wat in die uniewording maar ook voor 1910 geskryf en uitgevoer is.

Segregasie (apartheid) is nie verkeerd nie nog minder is dit teenstrydig met internasionale reg – volke se bestaansreg vorm deel van internasionale reg waar volke wat onderdruk word, hul reg tot hul eie gebied(e), eie regering daar mag stel om oor hulself te regeer.    Afrika en ander is gevul waar aparte volke apart bly en hulself regeer.

Hoekom is daar dan soveel aparte EU en Russiese lande wat onafhanklik geword het?   Hoekom bestaan Amerika uit meer as 50 state, maar dis ‘n Verenigde land.

Die onderskeie volksgeskiedenis op al die kontinente is toonaangewend dat etniese volke wat by mekaar hoort, mekaar beter steun verleen.   Sekere stamme /volke wie se kultuurverskille nie so groot is nie, is ook geneig om mekaar beter te verstaan.

Afrika is die kontinent van ook van blanke voorvaders (Boere en Afrikaners) net soos dit vir heelwat ander swart en bruin etniese volke is.    Swartes, Bruinmense en alle rasse word ook op ander kontinente gebore, nie net op die Afrika of enige ander kontinent nie.   Die wortels bepaal wie en wat jy is, al word jy aangeneem, het so ‘n persoon steeds wortels van ‘n volk wat nie weggeneem kan word nie.

Geskiedkundige wortels kan nie weggeneem word nie.  Net omdat sekere etniese volke ligter van velkleur of blank is, maak dit nie van hulle minderwaardig nie en het daardie volkere dieselfde reg soos voorgeskryf deur Internasionale reg.

Na 1994 word blankes in Suid-Afrika as die minderwaardige volk beskou wat as “monsters” beskou word en tientalle rassistiese en diskriminerende wetgewing daarteenoor is ingestel.

Hoe het Suid-Afrika daaruit gesien nog voor H F Verwoerd gebore is?   Dit beteken nie enige volk is meerderwaardig as hul aandring op ‘n eie onafhanklike land met eie ekonomie en regering nie.   Die Zoeloe koning en ander het ookal genoem hulle soek hul eie land en gebied.

*

Die Shepstone Beleid van die Britse heersers was in 1847 saamgestel en dit het ook aparte kommunale gebiede behels vir elke etniese volk, wat in 1854 geïmplementeer is.  Swart leiers het dit vir etlike dekades ondersteun.   Dit was die Britte wat alle grond in SA kom afneem het, en ook al die minerale regte.  Dieselfde het met ander gebiede gebeur onder britse heerskappy, naamlik kroongebiede vir Khoi san en Griekwas.

Indien grense getrek sou gewees het op grond van etnisiteit/kultuur, sou daar meer as 2 000 Tuislande in Afrika bestaan het.   Tuislande voor 1994 in Suid-Afrika het elkeen hul eie stemreg geniet, sowel ander voordele en was op pad om onafhanklike status te verkry het.  Dit is ooreenkomstig internasionale reg as volke wat bymekaar hoort hul eie leiers kies in hul eie gebiede self op alle vlakke regeer.

Afrika Tuislande

>

Voor die Berlynse konferensie in 1885 het Afrika grense heel anders daaruitgesien en tydens hierdie konferensie is ander grense in Afrika getrek, waarmee etniese volke nie noodwendig saamgestem het nie wat heelwat konflik tot gevolg gehad het.  Nie dat daar nie voor 1885 nie besliste konflik was nie.

Grense is ook anders bepaal wat moontlik in sommige gebiede meer bygedra tot konflikte.    Maar nie noodwendig nie.   Oral waar daar wel konflikte voorkom is waar minderheidsvolke onderdruk word, nie net in Afrika nie, op ander kontinente ook.    Verder suid in Afrika, het die Mfecane konflikte (oorloë) na 1800 in die suidelike gedeeltes plaasgevind.

Image result for ethnic borders of africa

Let op waar Suid-Afrika is vandag in bovermelde kaart.  Die verskillende en hoeveelheid etniese groepe wat daar toe was in die area.  Beslis nie die hele land vol nie.   Hulle wat ook beweer dat ons blankes hulle grond gesteel het, lieg openlik daaroor.   Die paar etniese volkies wat na die suide getrek het uit die noorde van Afrika, het net sekere gedeeltes (bekend as reservate of tuislande beset) omtrent 1815.

Groot gedeeltes van Suid-Afrika was nie bewoon nie en NIEMANDSLAND.

Lees meer

Berlynse Konferensie 1885 en grense in Afrika

Aparte gebiede in suidelike Afrika gaan terug in die koloniale tydperk  – beskikbare kaarte voor 1900 toon heelwat inligting in hierdie verband dat volke apart gebly en is nie noodwendig deur die toedoen van “kolonialisme” of wat deur ons in Suid-Afrika veroorsaak is nie.

Neem kennis dat daar nog geen Suid-Afrika was voor 1910 toe die land ‘n Unie geword het nie.  Die Britte het verskeie gebiede beset en geannekseer as hulle sin – naamlik die twee onafhankike Boere republieke (ZAR: 12 April 1877) ; (Vrystaat: 1902)  sowel Zulu gebied (1887) in die noorde van Port Natal (Britse kolonie) sowel Khoisan en Griekwa gebiede.

Britse kaart toon aparte gebiede aan vir etniese volke voor 1900

In Nigerië is daar meer as 250 etniese volke en stamgevegte en oorlog ‘n alledaagse gesig.

Image result for ethnic borders of africa

Federale Republiek van Nigerië

Suid-Sudan, bo in Afrika en het op 9 Julie 2011 onafhanklikheid verkry – die jongste land in Afrika wat onafhanklike status verkry het.   Na heelwat verskille en stamgevegte het die gebied wat verskeie minderhede bevat,  tot onafhanklikheid gelei.  Verskeie etniese volke kom in Sudan en Suid-Sudan voor.  Daar is  nog ‘n gebied tydens die onafhanklikheidwording,  waaroor tans verskille bestaan wat onder bespreking is en waar onderhandelinge plaasvind.

Suid-Sudan het in 2011 onafhanklikheid verkry, grondgebiede is nog nie 100% uitgesorteer nie.

Suid-Afrika bevat ook heelwat etniese volkere wat steeds hul etnisiteit en Trustgebiede (tuislande) behou het

Na die 1994 verkiesing is die indruk gewek dat “aparte gebiede” verdwyn het.

Die ooreenkomste wat net voor die 1994 verkiesing onderteken is, het meegebring  dat swart en khoisan volke dieselfde grondgebiede behou (of grondgebiede is met behulp van grondeise vergroot) wat na 1994 Trustgebiede of CPA’s genoem word en wat met toepaslike wetgewing (Trust en kommunale wetgewing of CPA) beheer en bestuur word.   Heelwat belastings word nes voor 1994 in die gebiede ingepomp en kommunale projekte word ontwikkel.   Etniese swart en khoisan volke geniet steeds hul eie aparte kultuur en etnisiteit in hul onderskeie trustgebiede.   Daar is heelwat aparte kultuurhuise en strukture op verskillende etniese volke, maar nie vir ons as blanke, Afrikaner of Boere volk nie.

Die Afrikaner en Boer is ook ‘n etniese volk(e) en  het na 1652 in Suid-Afrika ontstaan en ook hul eie taal gevorm:  naamlik Afrikaans asook Engels.  Boere en Afrikaners, die etniese volke het ‘n westerse kultuur en hul taal is deur die jare ontwikkel en gegroei tot ‘n baie sterk akademiese en wetenskaplike taal.  Kultuur en etnisiteit is totaal en al verskillend dan die etniese swart of khoisan volke.   Al praat heelwat ander etniese volke ook selfs Afrikaans en Engels.

*

Tuislande word Trustgebiede na 1994 – Grondeise word of Trustgebiede of CPA’s genoem.

Voor 1994 het al hierdie Tuislande meestal sterk selfregerings gehad, wat hul eie leiers gekies het met behulp van stemreg sowel as hul eie nasionale volkslied en vlag gehad

Vier etniese groepe, TBVC lande is uitgesonder met sterker selfregering om volle onafhanklikheid te verkry.   Trustgebiede geniet nie volwaardige soewereine onafhanklikheid nie, maar dit was tydens 1994 onderhandel.  Tydens die 1994 kodesa onderhandelings was daar ooreenkomste onderteken om Selfbeskikking vir ons as volk te ondersoek.    Ons as Afrikaners / boere of enige blanke het ook nie regte tot enige swart of khoisan trustgebied(e) nie.

Selfbeskikking (onafhanklikheid)

Waar etniese volke onderdruk word kan Selfbeskikking (volle soewereiniteit) plaasvind en moet ‘n internasionale pad loop om dit te verkry.   Dis in lyn met internasionale reg dat ons ons volk onsself op alle gebiede mag regeer – ook volgens Artikel 235 se bekragtiging van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika is duidelik, dat geen regering in enige volk se pad moet staan vir ‘n eie onafhanklike land nie.  (1996)

16 gedagtes oor “Afrika Tuislande “so-called apartheid” – Homelands”

  1. […] Before 1900 there were more than more than 2000 homelands in Africa – and most of the African  tribes mostly are still there, ruling by their own leaders.   With our 10 homelands (1961-1994) there were elections too, etc.  Read more Tuislande “so-called apartheid” – Homelands […]

    Like

  2. […] Zulu people –  Ingonyama Trustland*Nothing has been changed regarding separate areas, or “apartheid” – Apartheid was not dismantled. Previously, during 1961-1994, blacks elected their own traditional Homeland leaders during official elections. Border industries were created and thousands worked in those industries. All of the Homelands have their own flag and national song, and some self-governments have own police and army situated in their areas. Most of them supported the idea of independence.Today, there are more than 8840 traditional leaders and there are thousands of separate areas, called CPA or Trustlands, only for those that claimed the land (communal rights). We as tax payers must pay their salaries and benefits.During the Kodesa negotiations there were agreements to sign “peace on the table” – Ingonyama Trust and Ingonyama trust legislation.  After 1994 other legislation, like those for the Khoi khoi and San as well as the separate CPA legislation, where certain people have the opportunity to claim land and rule there own “chiefdoms” or whatever the case maybe.Zulu kingdom – Ingonyama Trust*Onder Britse kolonialisme was die gebiede geannekseer, oorlog gemaak, afgeneem en verander na aparte gebiede Reservate of Kroongebiede. Wyle Verwoerd was nog nie eers gebore nie. Dus hoe kon hy “apartheid” (segregasie) ingestel het as hy nog nie eers daar was nie. Die Shepstone beleid van 1854, getuig van aparte gebiede wat deur Britte beheer was. Die gebiede is in die 1930’s vergroot en in 1961 het Verwoerd die gebiede geërf en Tuislande genoem. Refer to the Shepstone policy of 1854, the roots to segregation and also other legislations under British control. The British empire created Reserves and Crown lands, not us or Dr Verwoerd. But also, if you investigate and trace the areas today, it is still te same, just under new names and legislations. It is also in line with international legislation, that all people have a right to rule themselves, we also. The British took our independence and freedom away with the Anglo Boer Wars. Liberals and classical liberal whites, communists and British rule blamed the whites for this so-called apartheid systems.Trustgebiede – Tuislande – Reservate – Crown land*Hoe het die res van Afrika gelyk, voor en na 1900 grotendeels onder Britse beheer en kolonialisme. Onmoontlik dat Verwoerd regering of selfs ons blankes van 1961-1994, aparte gebiede kon geskep het as ons nie deel was daarvan nie. Khoi san en Swartes, leiers sowel as hul ondersteuners, die liberale en klassieke blankes, nes die Britse regering (empire) is lief om steeds die blaam te plaas op ons wat die oorsaak was van die sogenaamde apartheid. Dr Verewoerd and whites did not create the so-called segregation areas, the British Government did and was still in control of all the areas (colonies) with the blacks/khoisan leaders. Before 1900 there were thousands of separate Homelands in Africa.Tuislande “so-called apartheid” – Homelands […]

    Like

Lewer kommentaar